‘Bloulig-kaper’ doodgeskiet

Argieffoto ter illustrasie

ʼn Verdagte wat glo verantwoordelik is vir sogenaamde bloulig-kapings is Vrydag deur die polisie in Springs aan die Oos-Rand doodgeskiet. Nog ʼn verdagte is in hegtenis geneem en beslag is gelê op twee onwettige vuurwapens.

“Die polisie werk al geruime tyd aan inligting oor verdagtes wat verantwoordelik is vir ʼn reeks kapings in Gauteng en Mpumalanga. Die kapers maak gebruik van blou ligte op hul vertuie om slagoffers te flous,” het kapt. Mavela Mosonda, polisiewoordvoerder in Gauteng, gesê.

ʼn Taakspan is aangestel om vir hierdie verdagtes te soek en hulle in hegtenis te neem. Die span het deurlopend die R42, R50, R25 en N12 in die omgewing van Bapsfontein, Delmas en Bronkhorstspruit dopgehou. “Hulle het toe uiteindelik Vrydag die verdagtes opgemerk waar hulle in ʼn gekaapte voertuig in die rigting van Johannesburg gereis het. Die polisie het die voertuig voorgekeer en ʼn skietery het tussen die polisie en vermeende kapers uitgebreek,” het Masondo gesê.

Dit is in dié skietery wat een van die verdagtes noodlottig gewond is. Die ander verdagte is in hegtenis geneem. “Die polisie kon toe vasstel dat die verdagtes pas ʼn motoris in ʼn Toyota Hilux op die R42 gekaap het. Verdere ondersoek het aan die lig gebring dat twee ander voertuie wat deur die verdagtes gebruik word, ʼn Toyota Fortuner en ʼn Toyotoa Hilux-dubbelkajuitbakkie, ook gesteelde voertuie is.”

Dit is nie seker wanneer die verdagte in die hof sal verskyn of waarvan hy aangekla word nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Persheks Adri ·

Om te dink hoed wil ons ontwapen pffft plaas soek hy die wapens

Kartonmonster ·

Lekker dat n mens hoor jou polisiemag doen nou en dan hulle werk

Lourens ·

Dieselfde moet gedoen word met die “spikes” wat op die snelwee gesit word. Patrollie ry noem hulle dit SAP.

Jack ·

Wonder wat die klag gaan wees. Sekerlik poging tot moord as jy n wapen rig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.