Bloulig-tiener: Bestuurder ly aan PTSV

Joseph Motsamai Semitjie tydens 'n vorige hofverskyning. Foto: Werner Beukes / SAPA

Joseph Motsamai Semitjie tydens ‘n vorige hofverskyning. Foto: Werner Beukes / SAPA

Joseph Motsamai Semitjie, die bloulig-bestuurder wat Thomas Ferreira in November 2011 van sy motorfiets af gery het, ly aan post-traumatiese stresversteuring (PTSV), het die Krugersdorp-landdroshof Donderdag gehoor.

Carl de Jager, ʼn sielkundige, het aan die hof gesê Semitjie ly ook aan slaaploosheid. Hy het glo ook selfmoordgedagtes.

De Jager het gesê hy het op 3 Julie 2012, tydens hul eerste konsultasie, reeds opgemerk Semitjie is depressief. Hy het hom na  ʼn psigiater verwys om medikasie te bekom. Hy en sy kliënt het sedertdien meer as 20 konsultasies gehad.

“Hy toon berou en voel baie sleg oor dit wat gebeur het, want ʼn mens se lewe is verwoes,” het De Jager gesê.

Die hof het gehoor Semitjie het ná die ongeluk geen ondersteuning van sy werkgewer af ontvang nie. “Hy moes daagliks vir werk opdaag, maar het nie gewerk nie. Hy het onseker en uitgesluit gevoel, en dit het hom afgebreek.”

Volgens De Jager het Semitjie geen finansiële of regsondersteuning van die Suid-Afrikaanse Polisiediens, provinsiale regering of die polisievakbond ­Popcru ontvang nie, selfs al het die ongeluk tydens werksure plaasgevind. Hy meen dit is onbillike arbeidspraktyk.

“Dit was ʼn besering aan diens, maar hy het geen ondersteuning ontvang nie. Hy moet selfs vandag verlof neem om die hofverrigtinge te kan bywoon. Na my mening is hy ʼn slagoffer van die stelsel waarin hy werk. Hy het net opdragte uitgevoer,” het De Jager bygevoeg.

Semitjie is op 3 Desember skuldig bevind op aanklagte van roekelose en nalatige bestuur. Hy het die ampsmotor van Humphrey Mmemezi, destydse Gautengse LUR vir plaaslike regering en behuising, bestuur en glo ʼn rooi verkeerslig verontagsaam toe hy Ferreira (toe 18 jaar oud) se motorfiets getref het. Semitjie beweer hy moes Mmemezi na ʼn vergadering haas en hy het opdrag gekry om die blou ligte te gebruik. Sy sirene was nie aan nie. Ferreira het breinskade tydens die ongeluk opgedoen en was vir weke lank in ʼn koma.

Die saak duur voort.

Lees ook:
Bloulig-tiener: “Familie en vriende het ons verstoot”
Bloulig-tiener: Vonnis uitgestel
Bloulig-tiener: Bestuurder vandag gevonnis
Video: Bloulig-tiener: Thomas sal nooit weer dieselfde wees
Bloulig-saak: Bestuurder hoor lot
BBP-bestuurders moet doen wat BBP sê, hoor hof
Bloulig-tiener: LUR het blou ligte versoek
Bloulig-tiener moet glo aangekla word; Mmemezi was laat vir vergadering
Bloulig-tiener: Bestuurder het kursus glo twee keer gedop
Bloulig-tiener: Bestuurder glo meer besorg oor kar as oor Thomas
Bloulig-tiener se LUR koop nou glo skildery van R10 000 deur McDonald’s
Bloulig-tiener se bestuurder uiteindelik aangekla
Bloulig-tiener se LUR in nóg ʼn ongeluk
Bloulig-ongeluk moet nie “verpolitiseer” word nie
Bloulig-tiener sterk aan
Video: Bloulig-tiener eet self, praat weer
Bloulig-tiener: departement moet nog hospitaalrekeninge betaal
Bloulig-tiener skryf naam, gee eerste tree
Bloulig-tiener ‘herstel’ van dodelike infeksie
Bloulig-tiener weer in hospitaal, steeds geen hulp
Gesin wag steeds op hulp na bloulig-kar seun tref
Bloulig-kar: Tiener se skade lyk permanent, premier wil steeds betaal
Matriekseun wat deur bloulig-kar getref is ondergaan operasie
Matriekseun wat deur bloulig-kar getref is uit intensief

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Anton Visser ·

Siestog en die tiener wat maker hom? Seker niks nie ne meneer die drywer! Vat jou pak soos n man en gaan sit in die tronk!

"Huh!" ·

Te lekker. In die land kan jy enige oordreding begaan. Sê net agterna jy ly nou aan een of ander versteuring, dan kom jy weg met mood ook.

Elfie ·

Nee eintlik moet die verdampte Mmemezi tronk toe! Dit maak mens net alles SIEK. Die EINTLIKE skuldiges kom altyd weg!

SNEL ·

Hoeveel gemors wat al in die tronk moes wees speel die “siek” kaart. Dis belaglik!!! Hy hoort agter tralies en Thomas en sy ouers behoort vergoed te word. Laaste wat ek nog gehoor het moes die Ferreira’s self opgedok het vir al die mediese uitgawes en behandelinge vir Thomas. Waar is die reg en geregtigheid in hierdie hele saak. Hierdie arme mense se hele lewe is n gemors en nou DIE belaglike nuus, PTSV is n verskoning. Skrik wakker en vonnis hom.

Marietjie ·

Verwag hy om bejammer te word? Hy is aangesê om sy blou ligte aan te skakel, maar nie ‘n rooi verkeerslig te verontagsaam nie – dit was sy eie besluit. Vir elke aksie is daar ‘n gevolg. Wees tog nou ‘n man en neem verantwoordelikheid vir jou dade en moenie die blaam probeer verskuif na jou werkgewer nie. Dis vir my net te wonderlik dat Semitjie nou amper die slagoffer is en nie die oortreder nie. Hoop jou gewete ry jou tot in die graf (of dit nou aan jou eie hand is, al dan nie).

Elizabeth ·

Ek is nou nie snaaks maar as ek na sy foto kyk lyk dit nie vir my of hy te veel stres of so nie. As dit so is dat sy werkgewer hom ge”drop” het wel, dan moet hy maar na die hof toe gaan met dit, hulle weet mos goed hoe om te kla as hul “regte” aangetas is. Maar die Mmemezi is NET so skuldig en moet beslis ook aantree voel ek. Kan Maroela ons dalk inligting gee oor hoe sake met Thomas staan, ek voel so jammer vir die arme onskuldige kind wat se lewe nou so opgemors is deur die roekeloosheid van ander!

Nina ·

Jou vark. Dink jy nie daai kind en sy familie het MEER REG as jy om aan stres te ly nie? JY wat nie eens op die ongelukstoneel gaan kyk het of daai kind seergekry het nie! Lekker hoe die verdomde kriminele in hierdie land altyd wegkom met hul patetiese verskonings.

Eleen Blaeser ·

Nee kyk dis nou n pot crap as ek al van een gehoor het. Hy lyk vir my glad nie soos die arme patetiese mens wat die sielkundige voorhou nie. Al is jy jammer moet jy ongelukkig nog jou straf dra!!! Hyt presies geweet wat hy doen toe hy n rooi lig verontagsaam het en n onskuldige lewe geneem het.

Renate Barnard ·

Die feit dat hy aan diens was het niks met die saak te doen nie – hy het sekerlik staatsbeskerming verloor. Dit is net weereens verblydend dat Popcru hulle ook NIE beywer vir die belnge van hul SWART lede nie. Hulle is te besig om as ‘vriende van die hof’ SAAM met die SAPD as werkgewer teen hul eie lede te litigeer. En dan het ek altyd die wanindruk gehad dat ‘n vakbond veronderstel is om na sy lede se belange om te sien. Viva Popcru, viva!

Renate Barnard ·

Die feit dat hy aan diens was verander niks aan die nalatigheid van sy optrede nie. Hy het seer sekerlik staatsbeskerming verbeur. Wat net vir my die verstommendste is, is Popcru se gebrek aan ondersteuning aan ‘n SWART lid – ek het gedink hulle diskrimineer net teen hul betalende wit lede!!! Maar dan weer – Popcru was seker te besig om as ‘vriende van die hof’ saam met polisiebestuur teen hul eie lede te litigeer. En dan was ek altyd onder die indruk dat ‘n vakbond veronderstel is om na sy lede se belange om te sien!! Viva Popcr, viva!

Anet ·

Dit is net soos wat die ou Volkie is. Vinning om te moor en wette te oortree. maar tog so swak en lafhartig om die pak soos ‘n man te vat, en skuil dan agter depressie, of geestesversteurdheid.
Sluit hom toe, as hy versteurd is, hoort hy nie in die samelewing, so gee sy sin vir hom, en stuur hom Valkenburg toe!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.