Bloulig-tiener: Bestuurder vandag gevonnis

Priscilla en Paul Ferreira, Thomas se ouers, tydens 'n vorige hofverskyning Foto: Werner Beukes / SAPA

Priscilla en Paul Ferreira, Thomas se ouers, tydens ‘n vorige hofverskyning Foto: Werner Beukes / SAPA

Joseph Motsamai Semitjie, wat daarvan beskuldig word dat hy die tiener Thomas Ferreira met ʼn blouligmotor omgery het, sal na verwagting Donderdag sy lot in die Krugersdorpse landdroshof hoor.

Semitjie word ook van roekelose of nalatige bestuur aangekla en dat hy versuim het om Ferreira by te staan nadat hy hom in November 2011 van sy motorfiets af gestamp het.

Hy voer aan hy moes jaag om Humphrey Mmemezi, die voormalige Gautengse LUR, by ʼn vergadering te kry en is aangesê om van die amptelike blou ligte gebruik te maak.

Na bewering het Semitjie links van die geel streep gery en ʼn rooi verkeerslig verontagsaam.

Ferreira is ernstig beseer in die ongeluk. -SAPA

Lees ook:
Video: Bloulig-tiener: Thomas sal nooit weer dieselfde wees
Bloulig-saak: Bestuurder hoor lot
BBP-bestuurders moet doen wat BBP sê, hoor hof
Bloulig-tiener: LUR het blou ligte versoek
Bloulig-tiener moet glo aangekla word; Mmemezi was laat vir vergadering
Bloulig-tiener: Bestuurder het kursus glo twee keer gedop
Bloulig-tiener: Bestuurder glo meer besorg oor kar as oor Thomas
Bloulig-tiener se LUR koop nou glo skildery van R10 000 deur McDonald’s
Bloulig-tiener se bestuurder uiteindelik aangekla
Bloulig-tiener se LUR in nóg ʼn ongeluk
Bloulig-ongeluk moet nie “verpolitiseer” word nie
Bloulig-tiener sterk aan
Video: Bloulig-tiener eet self, praat weer
Bloulig-tiener: departement moet nog hospitaalrekeninge betaal
Bloulig-tiener skryf naam, gee eerste tree
Bloulig-tiener ‘herstel’ van dodelike infeksie
Bloulig-tiener weer in hospitaal, steeds geen hulp
Gesin wag steeds op hulp na bloulig-kar seun tref
Bloulig-kar: Tiener se skade lyk permanent, premier wil steeds betaal
Matriekseun wat deur bloulig-kar getref is ondergaan operasie
Matriekseun wat deur bloulig-kar getref is uit intensief

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Grassie ·

Semitjie was net die bstuurder van die voertuig. Hy het die verkeersreëls oortree in opdrag van sy “Baas”, `n LUR Mmemezi. Dit lyk vir my laasgenoende gaan skotvry daarvan afkom. Trieste Afrika.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.