Bloulig-tiener moet glo aangekla word; Mmemezi was laat vir vergadering

Thomas Ferreira

Thomas Ferreira

Volg die verloop van die saak onderaan die berig. Die hof het aangehoor dat Thomas Ferreira, die tiener wat op sy motorfiets in ‘n ongeluk betrokke was met ‘n blouligvoertuig, vervolg moet word vir roekelose of nalatige bestuur, en nie die bestuurder van die betrokke voertuig nie, berig Beeld.

Moses Rankoa, prokureur vir die verdediging, het Dinsdag dié uitlating gemaak toe hy aansoek gedoen het dat klagtes teen sers. Joseph Semitjie teruggetrek moet word. Dié klagtes sluit roekelose of nalatige bestuur, opsetlike saakbeskadiging, versuim om bystand aan beseerdes op ’n ongelukstoneel te verleen en dat hy beserings veroorsaak het, in.

Semitjie was die bestuurder van Humphrey Mmemezi, die destydse LUR vir plaaslike regering en behuising, se ampsvoertuig toe die ongeluk in 2011 by ‘n kruising op die R28-roete in Krugersdorp, Gauteng, plaasgevind het. Ferreira was op sy motorfiets toe Semitjie glo met sy BMW X5 links van die geel lyn in Paardekraalrylaan gery en ‘n rooi lig verontagsaam het. Thomas, wat in Windsorweg gery het, het in die middel van die kruising teen die voertuig gebots.

“Die jong man [Thomas] se motorfiets het die BMW getref. Dit wys dat hy nie die nodige vaardighede of dokumentasie gehad het om op die pad te wees nie,” het Rankoa aan die Krugersdorpse landdroshof gesê. “Dit is eintlik Thomas wat aangekla moet word.”

Rankoa sê toe Semitjie sy blou lig en sirene aangeskakel het, het die BMW ’n voertuig geword wat voorregte het en ander motoriste moes daarvoor padgegee het.

Landdros AK Khan het Rankoa se aansoek om ontslag afgekeur.

Semitjie het vandag [Woensdag] tydens sy getuienis in die hof erken Mmemezi was laat vir ‘n vergadering toe die ongeluk plaasgevind het. Staatsaanklaer Micky Thesna het Semitjie onder kruisverhoor ondervra.

Mmemezi moes glo om 09:00 al by die vergadering wees, maar hulle is eers om 09:30 by sy huis weg. Volgens Semitjie het die ongeluk omstreeks 10:00 plaasgevind.

Die hof het vroeër gehoor Semitjie het nie ‘n gevorderdebestuurstoets geslaag nie. “As jy nie dié kursus geslaag het nie, wie het aan jou toestemming verleen om ‘n ampsvoertuig te bestuur?” het Thesna gevra. Semitjie het gesê sy baas, wat glo ook sy ryvaardighede getoets het, het die toestemming verleen. “Ek het geen toets geskryf tydens my opleiding as BBP-bestuurder nie; ek is slegs getoets deur in die straat te bestuur,” het Semitjie gesê.

Thesna het dit aan Semitjie gestel dat verskeie polisiebeamptes wat in die BBP-eenheid gedien het, aan die hof gesê het die blou ligte en sirenes mag slegs in noodgevalle van lewe en dood gebruik word. “Ek stem nie met hul getuienis saam nie, want blou ligte en sirenes kan ook gebruik word om ander motoriste in kennis te stel dat ‘n hoëprofielpersoon nader kom,” het Semitjie gesê.

Die saak duur voort.
-SAPA

Lees ook:
Bloulig-tiener: Bestuurder het kursus glo twee keer gedop
Bloulig-tiener: Bestuurder glo meer besorg oor kar as oor Thomas
Bloulig-tiener se LUR koop nou glo skildery van R10 000 deur McDonald’s
Bloulig-tiener se bestuurder uiteindelik aangekla
Bloulig-tiener se LUR in nóg ʼn ongeluk
Bloulig-ongeluk moet nie “verpolitiseer” word nie
Bloulig-tiener sterk aan
Video: Bloulig-tiener eet self, praat weer
Bloulig-tiener: departement moet nog hospitaalrekeninge betaal
Bloulig-tiener skryf naam, gee eerste tree
Bloulig-tiener ‘herstel’ van dodelike infeksie
Bloulig-tiener weer in hospitaal, steeds geen hulp
Gesin wag steeds op hulp na bloulig-kar seun tref
Bloulig-kar: Tiener se skade lyk permanent, premier wil steeds betaal
Matriekseun wat deur bloulig-kar getref is ondergaan operasie
Matriekseun wat deur bloulig-kar getref is uit intensief

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

HELENA SEABORNE ·

ag my pok hu arogant kan een stofkrokodil wees. gaan vir my ok i blou lig opsit en dan soos my gat ry. lig jou gat vroer en ry vroer om betyds te wees soos die res van ons.eish

Poppie ·

Agge nee nou is die “blou lig” onskuldig!! Verdomp gooi sy lisensie weg hy hoort ni op die pad nie. Hy is skuldig en klaar

german ·

Hierdie saak sou heeltemal anders aangepak gewees het as Thomas Ferreira ‘n voorheen – minderbevoorregte was. Weereens klinkklaar bewys dat rassediskriminasie aan die orde van die dag is. Net soos plaasmoorde onder die mat ingevee word en daar nie eens behoorlike statistieke daarvan gehou word nie. Vergeet die renoster! Red die Blankes ! ?

Sarie van Niekerk ·

Maar was daar nie vroeere getuienis gelewer dat die LUR ten tyde van die ongeluk nie in die voertuig was nie?

Blanke Boerevolk ·

Let we’ll. Geen “Blou lig” is n noodvoertuig nie. Blou ligte word misbruik om oor stop tekens en rooi robotte te ry. Die enigste noodvoertuig en lig is n “ROOI LIG” van n Ambulans of “Doctor on Call” of Brandweer Voertuig. Blou ligte word aangeskakel om oor rooi robotte te jaag net om soos n klomp onopgevoede kinders byeen te kom by n vulstasie vir gratis koffie. Nee ek maak nie pad vir n blou lig nie. As hulle by hulle bestemming wil kom kan hulle agter my ry. Hulle is KORRUP genoeg.

Jasper ·

Die L.U.R. moet maar so aangaan met sy blou lig tot hy eendag in n Oshkosh vas dooner.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.