Blouligbende: Verdagte vas ná N12-kaping

Argieffoto ter illustrasie.

ʼn Verdagte wat vermoedelik ʼn lid is van ʼn blouligbende wat motoriste op die Gautengse snelweë terroriseer, is in hegtenis geneem.

Die bende ry gewoonlik in motors wat met blou ligte toegerus is en is in polisie-uniforms geklee.

Volgens Simon Zwane, woordvoerder van die Padverkeersbestuurskorporasie, volg die verdagte se inhegtenisneming nadat ʼn Toyota Hilux op die N12 naby Delmas gekaap is.

“Die bestuurder is gyselaar geneem en sy bankkaarte is gebruik om groot bedrae geld te onttrek. Beeldmateriaal is bekom van die verdagtes wat alkohol by ʼn bekende taverne koop waarna ʼn multidissiplinêre span die inligting opgevolg het.”

Een van die verdagtes is in Vosloorus opgemerk en na sy blyplek agtervolg. Hy is in hegtenis geneem en vir ondervraging ingeneem. “Hy het beken dat hy betrokke was by ʼn kaping op die N12 tussen Gauteng en Mpumalanga.”

Die verdagte sal binnekort in die hof verskyn. “Die ondersoek duur voort en nog inhegtenisnemings word verwag,” het Zwane gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Di ·

SKUIM van die aarde, daar is duisende van SY soort in hierdie land!

domheks ·

Seker by cele en kie die univorms gekry. Alles is mos moontlik by ons SAPD!

Waarnemer ·

En ek dog die polisie het hulle almal al gevang…of is hulle weer vrygelaat …en weer en weer….

Frank ·

Hierdie tipe kapers behoort ‘n swaarder straf te kry as die normale kapers

Braamschkee ·

Probeer jy sê dat daar beter kapers as ander is?
Aanvaar ons nou maar dat daar sekeres is wat kan moor en hulleself kan verryk deur krimenele aktiwiteite?
Gemors is gemors.

Blikkies ·

Rowe op die N3 tussen Villiers en Heidelberg neem toe. Daai bende is baie groot.

Catherina ·

Wat sê die wet…moet ek stop of kan ek aanry na polisiestasie? Hier is soveel skelms wat blou ligte gebruik?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.