Blouligbrigades ‘roekeloos, gevaarlik’

Blouligbrigades (Foto: Pixabay)

Die Automobiel-Assosiasie (AA) gaan die ministers van polisie en vervoer nader om ’n ogie te hou oor roekelose hoëspoed blouligbrigades wat ’n gevaar vir ander padverbruikers inhou.

Volgens die vereniging is daar bewyse dat die bestuurders van die blouligbrigades aggressief teenoor ander padgebruikers is, dat hulle ver bo die toepaslike spoedgrense jaag, dat hulle gevaarlik in en uit die verkeer swaai en dat hulle ander padgebruikers minag.

“Die skuld is egter nie net die bestuurders s’n nie, hul passasiers moet net soveel blaam dra,” sê die AA in ’n verklaring.

Artikel 58(3) van die Nasionale Padverkeerswet laat bestuurders van noodvoertuie toe om die aanwysings van ’n padverkeersteken wat op die voorgeskrewe wyse vertoon word, te verontagsaam. Dit sluit verkeersbeamptes en polisiebeamptes in. Regulasie 176 van die wet bepaal ook dat bestuurders op die pad veronderstel is om ryvoorrang te gee aan ’n voertuig wat ’n blou lig vertoon.

Die AA wys daarop dat enige bestuurder wat roekeloos bestuur of onverskillig is oor die veiligheid van ander gebruikers op die pad, aanspreeklik gehou kan word vir nalatigheid. “Dit is omdat hulle ’n bedreiging vir eiendom of ’n ander persoon inhou.

“Ons begryp dat hierdie regulasie bedoel is om noodgevalle te hanteer en om owerhede die padruimte te gee wat hulle nodig het, maar om hulle op hierdie wetgewing te beroep om BBP’s teen hoë spoed te vervoer, met ’n totale verontagsaming van verkeerswette, is nie net onaanvaarbaar nie, maar ook gevaarlik. Padgebruikers moenie van die pad af geboelie of gedwing word om ryvoorrang te gee wanneer dit nie veilig is om dit te doen nie. Die wet beskerm eerstens die veiligheid van die padgebruiker.”

Die vereniging sê sulke gedrag ontken enige pogings deur die regering om die land se hoë jaarlikse padsterftes hok te slaan. “Dit dui daarop dat indien blouligbrigades toegelaat word om voort te gaan om ongekontroleerd en buite beheer op te tree, die regering nie moreel in die posisie is om oor die nasionale padveiligheidskrisis in Suid-Afrika te praat nie.

“As politici praat oor padveiligheid, en die behoefte om die bloedbad op die land se paaie doeltreffend te hanteer, moet hulle ook die reëls gehoorsaam en hul bestuurders opdrag gee om dieselfde te doen. Wanneer blouligbrigades spoedgrense oorskry en roekeloos op die paaie ry, kom die boodskap sterk deur dat reëls nie op hulle van toepassing is nie en die veiligheid van ander padgebruikers nie vir hulle saak maak nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

JohanR ·

Ek kan nie meer onthou maar het NP ministers ook met blou lugte rondgejaag, of was dit net die NP president en onder president?

Eclectus ·

Ek was die afgelope Sondag ‘n “slagoffer” van so ‘n blouligbende in Pretoria. Ek wou regs draai maar het hulle sien kom en het gestop en gewag. Tog het die voorste cowboy aggressief op my afgejaag met sy motorfiets en my geblok terwyl sy 1 miljoen desibel sirene oorverdowend aanhou skreeu. Ek was agterna sommer skuins omgekrap en het ‘n dagdroom gehad waar hy gly op die nat pad en sy skedel teen my bakkie se voorkant vergruis, en nog een waar ek hom en sy motorfiets voor die konvooi instamp. Teen die spoed waarteen hulle gery het sou enige fisika professor ‘n fees gehad het om die bloedbad te ontleed.

Jean ·

Mens waag nie om in die regter baan te ry as die manne van agter af kom nie. Wat maak hulle so spesiaal?

Manie ·

Daar is geen wet wat jou verplig om plek te maak nie, hulle kan plek soek as hulle wil jaag.

Smirre ·

soos in die artikel genoem: “Regulasie 176 van die wet bepaal ook dat bestuurders op die pad veronderstel is om ryvoorrang te gee aan ’n voertuig wat ’n blou lig vertoon”. Ek is paar keer ook al in so situasie gewees, probleem is hulle het die badge en die gun, ek gee pad, en kom veilig tuis( al is dit vloekende)

Manie ·

Ek geniet dit terdeë om die bloulig konfooie op die pad te “ontwrig”. Daar is geen wet wat my verplig om plek te maak sodat hulle moet verbykom nie. Die uitdrukking op die gesigte is “priceless” wanneer hulle agterkom dat jou voertuig tussen die konfooi inbeweeg het.

Cabytheron ·

Dit is so, die blouligbrigades ry altyd baie vinnig en wat my aanbetref onverskillig. Amper asof hulle in groot gevaar verkeer? Tyd dat iemand dit aanspreek.

Bertie ·

Politici dink mos hulle is halfgode en dring op spesiale behandeling aan. Hulle sit in die motors wat so jaag en keur dit dus goed. Dis tyd dat hulle van hulle troontjies afgehelp word en besef hulle is gewone mense.

Pieter ·

Wat het geword van die reeling van ‘n paar jaar gelede dat blouligkonvooie nie meer toegelaat gaan word nie?

O ja, ek het vergeet, ons woon in ‘n wettelose piesangrepubliek waar elkeen maak net soos hy wil en niks word daaraan gedoen nie…..

Mariana ·

Nee nie almal nie, net die ANC se maaksels. Net hulle mag maak soos hulle wil. Kastig belangrik maar tog vreeslik useless

Swerwer ·

Lekker lag ek nou. Die blouligbrigades is dan hul familie/afstammelinge/tjommies hul is mos deel van hierdie Kommunistiese regering hoe gehasie moet daar teen hul opgetree word.

Pieter9 ·

Ek gee nie pad vir ‘n motor met bloulig agter my nie, veral nie waar daar spasie is waar hy verby kan gaan; kansvatters wat dink hulle kan ons intimideer.

My siening ·

Hulle het my ook laas week op N2 van voor gekry voor Plettenbergbaai, ry net eenvoudig in middel van pad 5 swart SUV’s ek moes oor geel lyn ry om hul te mis. Die argugante varke het geen respek vir die publiek nie en ry definitief +- 160kph!

Rolo ·

Ek was net gister amper in n ongeluk betrokke hier in Secunda omdat die sogenoemde “blouligbrigade” met n hoë spoed oor rooi verkeersligte jaag.

Sandra ·

As jy bloulig het, het jy free reign! Hoef aan niks en niemand verslag te doen nie

Johanna ·

Hierdie rond-jaag is net windgat mags vertoon.
Meestal is hulle laat vir n afspraak omdat hulle niks weet van Time Management af nie Dan word daar gejaag e ander se lewens in gevaar gestel. Onnodig. En swak Bestuurders wat laat is.

Retha ·

Eendag het ‘n ambulans met loeiende sirene van agter my aangejaag gekom op pad na die Garden Route Mall. Ek het ewe ordentlik pad gegee, kan mos iemand se lewe wees wat in gevaar is. Groot my ontdekking toe ek by Mall aankom. Hier staan die ambulans in gewone parkering en die drie slenter doodluiters in die gange rond.

johan ·

Ek hou van hulle. Ek val agter hulle in en hulle maak die pad skoon voor my….

Alfred E Neuman ·

Hulle jaag sò want hulle is bang vir hulle eie ondersteuners.

Mariana ·

Wat maak hierdie ministers so belangrik dat hulle hierdie blouligbrigades moet hê. Skaf dit af, net vermorsing van geld.

Jacobus ·

Ja, ongelukkig moet ons erken, hulle het die blouligbrigade by die NP afgekyk.

Waarnemer ·

Die padverkeerswet bepaal dat n die bestuurder van n “noodvoertuig ” die padreels mag verontagsaam met die inagneming van die veiligheid van ander padgebruikers…..Hierdie bloulig brigades is NIE noodvoertuie nie…..daar is geen NOOD om n minister van punt A na punt B te vervoer nie.

Petro ·

Ons het gisteraand van Pretoria af gekom en toe ons deur die tolhek is op die N4 het so ‘n bloulig brigade agter ons gekry, hulle het hulle ligte geflits en ons het vir hulle plek gemaak. Hulle was seker so 6-7 voertuie, die voertuig wat ge-eskort is was ‘n wit VW TDI nie eers ‘n swart BMW nie . Ons het toe agter hulle ingeval om te kyk teen watter spoed hulle ry en by 180kpu het ons stadiger gery want wat is so erg dat iemand na 8 in die aand so haastig kon wees, dit kon sekerlik nie vir werk of ‘n dringende vergadering gewees het nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.