Blouligongeluk: Gesin vergader nie met staatsveiligheidbeamptes

Herman van Schalkwyk (Foto: Skermskoot uit eNuus-video)

Herman van Schalkwyk (Foto: Skermskoot uit eNuus-video)

Herman van Schalkwyk (68) wat dood is in ʼn ongeluk met ʼn ampsmotor van die minister van staatsveiligheid, se gesin weier om met beamptes van sy departement te vergader nadat hulle regsadvies ingewin het.

Brian Dube, woordvoerder van staatsveiligheid, het Dinsdag in ʼn verklaring gesê die ministerie betuig sy meegevoel met die vriende en familie van Van Schalkwyk.

Maroela Media het vroeër berig die ongeluk het op 24 Desember op die R33 na Amsterdam in Mpumalanga plaasgevind. Van Schalkwyk was op pad om vir Kersfees by sy familie te gaan kuier toe die trompop botsing met een van minister David Mahlobo se ampsmotors gebeur het.

“Die ministerie was in kontak met die gesin en het ingestem om hulle te besoek om medelye te betoon, maar die gesin het op regsadvies gekies om nie hiermee voort te gaan nie, en hom bedank vir sy gebaar,” het Dube gesê. “Die ministerie respekteer hul besluit.”

ʼn Beampte van die departement is ook in die ongeluk beseer en die ministerie wens hom spoedige beterskap toe.

Dube het gesê die ministerie is besorg oor die “verpolitisering” en “spekulatiewe mediaberigte” van die ongeluk en het ʼn beroep op die betrokke owerhede gedoen om die spasie te bied om hul ondersoek te doen.

Die Demokratiese Alliansie het die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) versoek om die ongeluk te ondersoek.

Lees alle vorige berigte oor David Mahlobo op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

24 Kommentare

jongste oudste gewildste
Retha

Ek sal ook nie met hulle “vergader” nie… Ek hoop geregtigheid geskied. My innige simpatie met die familie.

Thys

Ons het so 6 weke terug ook met so bloulig brigade tedoen gekry. Dit was op ‘n Sondag aand op die N4. Jy word eenvoudig van pad gedruk en 10 BMV X5 motors vlieg by jou verby, met 20 motorfietse en metro polisie karre. Wie dink hierdie mense is hulle. Sue them mense. Net jammer dis weer belastingbetalers wat sal betaal. Maar sue them. In my opinie is dit is dit moord.

Chris W

Die familie tree reg op om NIE met die ministerie se lakeie te vergader nie.En ja hulle kan seker wees daar gaan groot pogings aangewend word om die feite rondom die ongeluk toe te smeer.Dis net te verwagte van die anc.Ek hoop die regsverteenwoordiger van die familie kry n’ ongeluks deskundige sommer gou om die skuldige aan die ongeluk bo alle twyfel vas te stel.Dit sal net help met hul eis teen die POF of direk teen die staat.Mag hulle groot sukses he!En sou die bestuurder van die staatsvoertuig betrokke in die botsing die skuldige blyk te wees ,hoop ek… Lees meer »

Darty

Die goed dink mos hulle is bo die wet verhewe!!

Peet Schabort

Wonderlik die jakkalsdraaie wat die politieke kaart kan loop. Ek hoop en vertrou dat daar genoeg foto’s geneem is op die ongelukstoneel.
Maroela moet ons asb. op hoogte hou van gebeure met hierdie blouligbende se doen en late.