Blouligongeluk: Gesin vergader nie met staatsveiligheidbeamptes

Herman van Schalkwyk (Foto: Skermskoot uit eNuus-video)

Herman van Schalkwyk (Foto: Skermskoot uit eNuus-video)

Herman van Schalkwyk (68) wat dood is in ʼn ongeluk met ʼn ampsmotor van die minister van staatsveiligheid, se gesin weier om met beamptes van sy departement te vergader nadat hulle regsadvies ingewin het.

Brian Dube, woordvoerder van staatsveiligheid, het Dinsdag in ʼn verklaring gesê die ministerie betuig sy meegevoel met die vriende en familie van Van Schalkwyk.

Maroela Media het vroeër berig die ongeluk het op 24 Desember op die R33 na Amsterdam in Mpumalanga plaasgevind. Van Schalkwyk was op pad om vir Kersfees by sy familie te gaan kuier toe die trompop botsing met een van minister David Mahlobo se ampsmotors gebeur het.

“Die ministerie was in kontak met die gesin en het ingestem om hulle te besoek om medelye te betoon, maar die gesin het op regsadvies gekies om nie hiermee voort te gaan nie, en hom bedank vir sy gebaar,” het Dube gesê. “Die ministerie respekteer hul besluit.”

ʼn Beampte van die departement is ook in die ongeluk beseer en die ministerie wens hom spoedige beterskap toe.

Dube het gesê die ministerie is besorg oor die “verpolitisering” en “spekulatiewe mediaberigte” van die ongeluk en het ʼn beroep op die betrokke owerhede gedoen om die spasie te bied om hul ondersoek te doen.

Die Demokratiese Alliansie het die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) versoek om die ongeluk te ondersoek.

Lees alle vorige berigte oor David Mahlobo op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Retha ·

Ek sal ook nie met hulle “vergader” nie… Ek hoop geregtigheid geskied. My innige simpatie met die familie.

Thys ·

Ons het so 6 weke terug ook met so bloulig brigade tedoen gekry. Dit was op ‘n Sondag aand op die N4. Jy word eenvoudig van pad gedruk en 10 BMV X5 motors vlieg by jou verby, met 20 motorfietse en metro polisie karre. Wie dink hierdie mense is hulle. Sue them mense. Net jammer dis weer belastingbetalers wat sal betaal. Maar sue them. In my opinie is dit is dit moord.

Chris W ·

Die familie tree reg op om NIE met die ministerie se lakeie te vergader nie.En ja hulle kan seker wees daar gaan groot pogings aangewend word om die feite rondom die ongeluk toe te smeer.Dis net te verwagte van die anc.Ek hoop die regsverteenwoordiger van die familie kry n’ ongeluks deskundige sommer gou om die skuldige aan die ongeluk bo alle twyfel vas te stel.Dit sal net help met hul eis teen die POF of direk teen die staat.Mag hulle groot sukses he!En sou die bestuurder van die staatsvoertuig betrokke in die botsing die skuldige blyk te wees ,hoop ek hy word van moord aangekla . Ek wens die van Schalkwyk familie alle sterkte toe in ‘n groot stryd wat voorle.

elize naude ·

was met die vorige regering dekades gelede ook so….

anne ·

Moontlik, maar ten minste was die bestuurders nie roekeloos en idioties nie.

chrisp ·

Elize.
Jy maak ‘n baie swak aantuiging eintlik ‘n leun.
Gee ons asb net een voorbeeld van so ‘n bloulig ongeluk met die vorige regering.Gebruik sommer die hele 40 jaar van hulle tyd.
As jy nie kan nie is jy soos al die ander besig om net stories aan te dra oor die verlede.

Gee bewyse van jou “stelling”asb.

Peet Schabort ·

Wonderlik die jakkalsdraaie wat die politieke kaart kan loop. Ek hoop en vertrou dat daar genoeg foto’s geneem is op die ongelukstoneel.
Maroela moet ons asb. op hoogte hou van gebeure met hierdie blouligbende se doen en late.

Johann Marx ·

Wanneer so ‘n eis ingestel word, word dit gedoen teen die bestuurder van die motor in sy privaat hoedanigheid, of word dit teen die Minister in wie se kavalkade hy gery het gedoen? Ek persoonlik sou ook ‘n klag van moord, strafbare manslag, roekelose en nalatige bestuur aanhangig gemaak het teen die persoon wat die voertuig bestuur het.

Pieter.v ·

Ek glo die belasting betaler gaan weer betaal ,maar dit moet van die drywer en betrokke minister se pensioen en salarisse terug betaal word,en buitendien dis sotlik om so te jaag en teen die wet ,ander motoriste word beboet en toe gesluit vir die selfde oortreding.

P J ·

Dieselfde wat kastig altyd profeteer vir padveiligheid is die wat in hierdie voertuie sit terwyl hulle oor die paaie vlieg, dit ook net in die veiligste en vinigste voertuie dentil. Maak nie saak wat ons see nie. Oom Herman see lewe is onnodig deur n padvark geneem. Ek bid God se Seen , vertroosting en sterkte aan sy naasbestaandes toe. Mag Hyde julle lei en vertroosting bied wat net Hy kan. Ons moet nou almal saam staan en hierdie bloulig sirkus op ons paaie be roofer. Ons is mos nou in hierdie verskriklikke goes demokrasie, vir wie en wat jaag hulle weg of kruip hulle weg. Hulle is net altyd laat en will dan jaag. Laat die wette wat hulle maak vir almal geld. Niemand is verhewe bo die wet nie. Ek weet n lewe kan nie met geld vervang word of daaraan gemeet word nie, maar ek hoop die familie eis die minister en sy drywer in hulle privaat hoedanigheid vir miljoene sodat die res van die blouligbendes kan leer. Hoeveel mense moet nog sterf of beseer word voordat hulle gaan stop met hulle magsmisbreik. We’re end sterkte aan die familie deur hierdie moeilike Tydfil.

Bach ·

Waarom moet hulle met blou ligte rond jaag? Net hulself dink hulle is belangrik. Hulle maak van hulself gekke. Foeitog en dit met belastingbetalers se swaar verdiende geld. Wie wil hulle tog aanval? In die vorige bedeling het die Eerste Minister en ‘n polisie motor oral gery sonder begeleiding en ligte en ek dink hy was meer in gevaar as die klomp van vandag. Dis als net vertoon en om te se ons het ge arrive. Sies tog!

Bach ·

Jammer ek wil nog byvoeg daar is Zuma, 35 ministers en 37 adj ministers, dan moet julle weet met hoeveel blou lig brigades ons mee verpes word.

Zirk ·

Voortsnellende blouligbrigades vind ons deur die hele Afrika. Dis net nog ‘n manier van die Afrikaan om sy stand en status EN SY MAG, ten toon te stel. Dis sy kultuur wat jy nie sommer uit hom sal uitkry nie. Soos my huishulp altyd sê, en ek haal haar aan; “that’s how we operate.”!
Kyk ook maar na al die uitspattige kleurfotos van ampsdraers teen die mure van ELKE publieke lokaal of kantoor in SA vanaf Kaap tot Messina. Wat ons belastingbetalers miljarde Rande kos. In die gehate apartheidsjare, is ‘n persoon aan sy produktiwiteit en werk geken, en nie aan sy bakkies teen ‘n muur nie.!
Die van Schalkwyk familie se optrede is baie wys en reg. Ek wens hulle sukses toe. Mag hul smart en rou deur God in berusting en salwing deur tyd genees. My opregte meegevoel.

arie plaasboer ·

Iewers ry `n persoon, soos die PAD-ordinasie dit vereis, op daardie gedeelte van die pad wat wetlik aangewys is om te gebruik as jy in `n bepaalde rigting wil ry. Alles netjies mooi en wettig.
Iemand anders met `n bloulig in sy besit raak in `n KOP-AAN-KOP botsing betrokke, teen die persoon wat wettiglik op sy gedeelte van die pad ry.
Wie het wettig gery en wie nie?
HOE OP AARDE KAN SO `N SITUASIE IN “VERPOLITISERING” ONTAARD ?????
Kom by Mnr Brian Dube.

In Nam ·

In Nam. ry een “blouligmotor” vooruit . ALLES moet van die pad aftrek ,OF daar word op jou geskiet , Dan kom die soveel ampsmotors verby gejaag en verkeer keer weer terug na normaal .
Mense is al so raakgeskiet .

Dan ·

Dis nie al nie, Zuma kos die land miljoen der miljoene vir die wat die rand nie weer kan terug keer na die voriger stand nie, maar wat voel hulle……NIKS

Le Roux Strydom ·

Om jou lewe so te verloor agv die “onaantasbare” is baie tragies om die minste te se, my advies vir die gesin is om ‘n onafhanklike profesionele persoon te kry wat die ongeluk (blatant roekeloos en nalatig was) te her konstruktueer vir die saak wat gaan volg , kry ‘n behoorlike regsverteenwoordiger wat nie net fooie wil skryf nie en wat nie bang is om die mense aan te vat nie, die mense se houding is dat as die blou lig flikker en die sirene aan is , is hul in hul eie wereld en kan dan doen net wat hul wil, en kom hul weg met MOORD ,my vraag is egter, op alle noodlottige word die beweerde nalatige persoon onmiddelik in hegtenis geneem vir strafbare manslag , in die geval word dit glad nie genoem nie , is dit vreemd of eenvoudig net die norm vir die mense ?

Berhalet Beukes ·

Mooi so, hulle kan vergadering in die hof hou. Die bloulig brigade verontagsaam mos al wat ‘n pad reël is. Ek bid vir die familie want dit moet verskriklik wees om ‘n ouer aan ‘n ander ou se nalatigheid te verloor! Laat geregtigheid geskied!

Ben ·

Die klomp onbekwame “drywers” (nie bestuurders nie) plaas met elke “bloulig ongeluk” SA net vêrder op die piesangrepubliekskaal! En hulle gebruik my en jou motors as wapens teen die publiek. Wie probeer hulle beindruk? Beslis nie vir die denkende publiek nie! Is daar NIKS wat die mense kan reg doen nie?

Marous ·

Daar is GEEN regverdiging vir die bestaan van die swape nie…

anne ·

My kommentaar is verwyder, kan dalk probeer om te se ek stem saam hulle is swape

Bruno Stef ·

So ver ek kon onthou was Mandela heftig gekant teen so n magsvertoon deur staatsamptenare en Ministers na aanleiding van soortgelyke voorvalle in buurlande.

sarie van heerden ·

Ongelukke is soms moeilik om die skuldige te bewys. Ek wou ‘n nuwe GPS koop en het die verkoopsman vir my een gewys wat met Ga—- begin wat ‘n ingeboude kameratjie in hom het wat alles verfilm tydens ‘n ongeluk. Dit voorkom jy het gese, ek het gese. Is dit nie die moeite werd om soiets te he nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.