Blouligskandaal: Phahlane vra dat saak van rol geskrap word

Khomotso Phahlane (Foto: eNCA/ Lenyaro Sello)

Die voormalige waarnemende nasionale polisiekommissaris lt.genl. Khomotso Phahlane wil die saak teen hom van die rol laat skrap.

Phahlane het Maandag saam met sy medebeskuldigdes in die Palm Ridge-landdroshof verskyn in verband met hul beweerde betrokkenheid by die toekenning van ʼn bedrieglike multimiljoenrand-tender vir waarskuwingstoerusting vir die polisie.

Die saak is nou tot 24 November uitgestel om die staat kans te gee om te reageer op ʼn aansoek deur Phahlane om die saak van die rol te skrap. Phahlane voer aan dat die saak onbillik vertraag word, sê Sindisiwe Twala, ʼn woordvoerder van die ondersoekdirektoraat van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG).

Die staat het Maandagoggend die aanklagte teen genl.maj. Ravichandran Pillay, die hoof van die Suid-Afrikaanse Polisiediens se aanvoerkettingbestuur, teruggetrek.

Slegs 12 beskuldigdes insluitend die maatskappy Instrumentation for Traffic Law Enforcement (Edms) Bpk wat deur sy alleendirekteur, Vimpie Manthatha, verteenwoordig word, staan nou tereg op aanklagte waaronder korrupsie, bedrog, diefstal en geldwassery.

Maroela Media het vroeër berig die mense word daarvan beskuldig dat hulle saamgewerk het om seker te maak ʼn kontrak word toegeken aan ʼn maatskappy wat aan Manthatha behoort. Volgens die kontrak sou 1 550 polisievoertuie teen opgedrewe pryse met waarskuwingsligte toegerus word.

Tydens die aanskaffingsproses het die beskuldigdes glo die mededingende aanbiedingsproses geminag en die SAPD sou R191 miljoen ten gunste van Manthatha se maatskappy moes oorbetaal in ruil vir voordele.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Nie Verbaas ·

Dis te lekker, skrap die saak en los my uit sodat ek kan aangaan waar ek opgehou het. Op watter intilligensie vlak dink hierdie persoon of is die versoek weereens oorheers deur die normale arrogansie?

JohanR ·

Intelligensie vlak? Jy slaan die spyker reg op die kop Nie Verbaas!

Genis ·

Jip mos n Zuma kader/familie wonder of daar enige iets van gaan kom?

Persheks Adri ·

Nee jy kan jou beurt af wag soos die res! Gaan sit man daar word mos lekker geld gemaak deur julle korrupsie tsssk ou Cele se trots die klomp

Persheks Adri ·

Hoekom is die saak teen Pillay terug getrek? Skuus ek vra, maar sien nie hoekom nie…

Misky ·

Wat sal van SA word as almal net sê laat gaan die saak en ons gaan net aan…… watse wereld leef die dromers???

Nozi ·

R123 225 per voertuig vir waarskuwingsligte? Nee kyk, ek is oortuig daarvan dat hul nie ‘n beter prys kon kry nie. Lag wekkend!!

Peetjie ·

As iemand se kierangkies braai dan word daar aansoek gedoen dat die saak uitgegpoi moet word.. ????????

Hennie J ·

Ek sien wat ek sien wat ek sien! Stil stil die saak teen n general teruggetrek. Watch this space tot net twee konstabels oorbly en hulle met luide gejuig geoffer word.

Tokkel ·

Menneer Phaphlane, jy weet mos jy het verkeerd gedoen, kry maar jou pak wat jou toekom!

Tsek! ·

Phalane aan die regter….eish my brother, you know mos, we will look after you – scrap daai deng assomblief!

quartus ·

A nee !. Ons skrap nie sommer net sake van die rol nie, veral nie waar so baie geld by betrokke is nie. Ons wil sien dat die betrokkenes oranje oorpakke kry en die geld verhaal word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.