Transnet het Maandag die bedrywighede van sy luukse Bloutrein vir ʼn onbepaalde tyd opgeskort weens kommer oor die veiligheid van die diens.
Dit volg nadat ʼn brand verlede week op die trein by die maatskappy se fasiliteit in Koedoespoort in Gauteng uitgebreek het. Die trein is hierheen geneem vir herstelwerk nadat dit ontspoor het.
Die oorsaak van die brand en wie daarby betrokke was, is nog nie bekend gemaak nie. Die ondersoek na die ontsporing sal ook eersdaags afgehandel word.
Ayanda Shezi, woordvoerder van Transnet, het Maandag aan Maroela Media bevestig dat die Bloutrein se bedrywighede na aanleiding van die onlangse voorvalle tydelik opgeskort is.
Dit is egter net as ʼn voorsorgmaatreël gedoen terwyl die trein ʼn deeglike tegniese ondersoek ondergaan.
“Die hoop is dat die ondersoek so gou moontlik afgehandel sal word, waarna die trein weer in diens sal wees,” sê Shezi.
“Die veiligheid van ons gaste en bemanning aan boord van die Bloutrein bly ʼn topprioriteit en ons wil dit nie dit in gedrang bring nie.”
Transnet het lede van die publiek wat reise op die trein bespreek het, om verskoning gevra vir die ongerief.
“Ons sien wel daarna uit om binnekort weer ons wêreldklas diens aan die publiek te bied.”
ʼn Kaartjie op dié luukse trein kan jou nou tussen R23 000 en R36 000 uit die sak jaag.
Ten spyte van Transnet se pogings is die vervoervakbond Untu steeds bekommerd oor die string voorvalle wat die afgelope tyd by die staatsbeheerde entiteit plaasgevind het.
“Transnet het die afgelope twee jaar ongekende misdaad en sabotasie van sy infrastruktuur in al sy operasionele afdelings ervaar,” het John Pereira, waarnemende hoofsekretaris van Untu, gesê.
“Dit het dié staatsonderneming, wat voorheen finansieel volhoubaar was, in ’n kontantvloeikrisis gedompel.”
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
8 Kommentare
Almal weet by die tyd dat jy nie jou lewe meer op ‘n trein kan waag nie. Die luukse trein, goedere trein,passasierstrein, om die waarheid te sê, met geen openbare publieke vervoer nie.
Ja, so neuk hulle alles op.
Net wat die sekere mense en die @nc bestel het.
Dis maar reg. Motor vervoer is baie goedkoper.
Het die ANC ook nou finaal die Blou Trein ook die nek slag in gedien? Kan nie dink dit sal ooit met die Orient Express gebeur, of met die Channel Tonnel. The most popular Orient Express route starts in London and takes you through Paris to Verona or Venice, but you can also leave from Venice with destinations of Prague, Vienna and Budapest and back to Paris or London. Once a year, the train travels from London to Berlin and back, Kan nie eers die Orient Express gaan vang nie want die rand is te useless! Vandag R20.43c vir een… Lees meer »