Bloutrein ontspoor in Germiston

Die bekende Bloutrein het Sondag kort na middernag naby Germiston ontspoor. (Foto: Twitter)

ʼn Ondersoek sal van stapel gestuur word nadat een van Suid-Afrika se beroemde Bloutreine Sondag kort ná middernag by die Uniestasie in Germiston ontspoor het.

Sibu Majozi, uitvoerende bestuurder van Transnet Freight Rail (TFR), sê die trein met 19 leë waens het omstreeks 00:35 ontspoor.

“Dit was ʼn onbemande trein met geen passasiers aan boord nie. Geen beserings op die toneel is aangemeld nie,” sê Majozi.

Volgens Majozi sal ʼn ondersoek nou gedoen word na die oorsaak van die ontsporing en remediërende stappe sal gedoen word, indien nodig.

“Howel Bloutrein-dienste geraak word, sal daar geen kansellasies wees nie. Daar is ook geen uitwerking op Transnet-vragspoorvervoer se bedrywighede nie.”

Op sosialemediaplatforms het talle gebruikers op die voorval kommentaar gelewer en onder meer die skuld op onvoldoende instandhouding van die spoorlyn gepak.

Die Bloutrein vier vanjaar sy 75ste bestaansjaar en is wêreldwyd bekend. Dié superluukse trein reis tussen Pretoria en Kaapstad en bied ook toere na die Krugerwildtuin.

Buite seisoen sal ʼn kaartjie jou minstens R28 000 per persoon uit die sak jaag, terwyl pryse vir piektye op amper R36 000 per persoon staan. Die kaartjies sluit alle etes, drankies en uitstappies (behalwe Franse sjampanje, kaviaar en oproepe) in.

Transnet voer nou al jare lank ʼn opdraande stryd teen ʼn beduiende toename in kabeldiefstal en vandalisme van sy spoornetwerk. Boewe teiken veral treinkabels, wat noodsaaklik is vir die doeltreffende werking van die treine.

Majozi het onderneem om verdere inligting bekend te maak sodra dit beskikbaar is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Jack ·

O, maar die soustrein is ook besig om te ontspoor. Kyk maar na die jongste verkiesing uitslae.

Maggies ·

Hoe ontspoor ‘n “onbemande” trein? Nou voel my brein baie dom.

Jeffrey ·

Hulle bedoel seker die treinpersoneel? Kelners, chefs, skoonmakers ens. Dalk kon hul genoem het dat slegs die drywer aan boord was met geen ander trein personeel en passasiers nie.

Jack ·

Die trein se handrem was nie vasgemaak nie, toe begin hy vanself teen die afdraande afloop. Pure nalatigheid.

Dries ·

Eenvoudig. Treinspoor diefstal is aan die orde van die dag. Skrootwerwe maak baie geld

Daniel ·

Vreemd dat daar nie vervolging is van mense wat bv koperkabels en treinspore koop nie? Maar dit is SA, moet seker nie verbaas wees

JohanR ·

Hulle kan selfs nie eers die Blou Train enige plek parkeer nie…..hy sal in 60 minute gestroop wees!

Racheltjie Debeer ·

In die “ou” SA was daar Spoorweg polisie wat die spoorlyne gepatrolleer het en die stasies veilig gehou het. Nou is is daar niks. Die hele spoornetwerk gaan binnekort verdwyn weens misdaad en korrupsie.

Belinda ·

….. en dis hoekom daar so baie werkloses is. As hul nog sulke mense aan diens gehad het sou daar ten minste nog n paar mense gewees het wat n werk gehad het. Maar die ANC beloof werk ens maar aan die ander kant word ander dienstes weggeneem.

Harley Davidson ·

Dit was voete wasser Adriaan Vlok se besluit om die spoorwegpolisie by die saps in te huldig grootste fout nog.

TRP ·

En dan kla ons daar is nie werk nie, hier is mos ‘n geleentheid vir werkskepping.

Daniel ·

Treinry is helaas ook ‘n risiko agv spoordiefstal. Gelukkig was daar nie mense op die trein maar ek twyfel of hy weer sal ry.

B-Man ·

Dit wil vir my lyk asof die trein op die draai ontspoor het. Drywer het 10-teen-1 te vinnig gery… juis omdat daar niemand anders op die trein was nie.

Misky ·

30 Jaar gelede was daar nie sulke opskrifte nie, want wet en orde was gehandhaaf en gesag was afgedwing. Hierdie ‘ouens’ sal nie ophou tot hier net stof oor is nie!!!!

MakersMark ·

Gaan maar terug donkie kar toe treine werk nie in Afrika nie. Wat nie breek agv tekort aan instandhouding nie word gesteel.

Tiptol ·

O bring my terug na die ou Transvaal, daar waar alles nog gewerk het!

SjN ·

Waarheen was die lee trein oppad want alle ritte met die bloutrein is gestaak? Die drywers sit al 3 maande by die huis met volle salarisse.

Johan D ·

Die leë trein was nêrens op pad heen nie. Die trein was, sonder lokomotiewe, geparkeer volgens voorskrifte en het 4 uur na die personeel weg is aan die loop gegaan!
Dit klink of daar aan die stelsels gepeuter was!

Barney ·

Veilig om te sê die glorie dae van die Blou Trein is in sy pekie in. Rovos Rail kan maar hul deure toemaak. As daar nie spore is nie is daar nie meer ń besigheid nie.

Kaptein ·

So Val die grotes een vir een. Net bly niemand is beseer in die onbemande trein nie

Atta ·

Daai draai lyk nogal skerp… dalk was te hoë spoed ʼn faktor?

Annalie ·

Onbemande trein beteken geen passasiers nie en daarom geen personeel in die trein waens nie. Die lokomotief het sy eie personeel voor in. Hulle noem niks van hulle nie.

Johan D ·

Die personeel was alreeds 4 uur voor die voorval van diens! Die lokomotiewe was nie gekoppel nie en op ʼn ander plek gestoor!

Frank John ·

Maintenance op spore word seker nie meer reg gedoen nie, who cares? Not ANC for sure.

Parmantige samaritaan ·

Dis jammer die anc was nie op die trein nie.

JohanR ·

En dit moet nou die kersie op die koek wees van 27 jaar van ANC bewind…..die Blou Trein verongeluk, of ontspoor. Het ‘n ANC kader vergeet om ‘n knoepie te druk, of net aan die slaap geraak net voor hy die knoepie moes druk, of kon sy brein nie onthou of dit die groen, geel, of rooi knoepie is nie!

Tanja ·

Dit is ń baie intressante ontwikkeling, net mooi ń dag na aangekondig is dat daar finansiële ongeruimdhede aan die gang is by die BLOU Trein

Tipper ·

Trein was was op n helling gestoor of maw geparkeer,handremme was vas gedraai en toe moes iemand of mede handlangers die handremme los gedraai het,elke wa het n handrem teen die kant onder die wa,hulle moes toe seker die stringe getrek het,maw die remme ontlas het en toe staan en wag het dat die waens aan die loop begin raak het en toe vinnig weg gehardloop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.