Blue Lagoon-ongeluk: Ses het tydens wilde polisiejaagtog gesterf

Ses mense het op 15 November 2014 in die ongeluk by die Blue Lagoon-brug in Durban gesterf Foto: Netcare911, Twitter

Ses mense het op 15 November 2014 in die ongeluk by die Blue Lagoon-brug in Durban gesterf Foto: Netcare911, Twitter

Die ses persone wat Saterdag naby die Blue Lagoon-brug in Durban, KwaZulu-Natal in ‘n ongeluk gesterf het, is dood toe twee motors tydens ʼn hoëspoedjaagtog met metropolisiebeamptes gebots het.

“Volgens ʼn voorlopige ondersoek was die bestuurder van ʼn Mercedes Benz en vier van sy passasiers betrokke in ʼn onderonsie in Durban se middestad waartydens hulle vuurwapens te voorskyn gebring het,” het Kwanele Ncalane, woordvoerder van die provinsiale departement van vervoer, gesê. “Die metropolisie is ontbied en hulle het die motor opgemerk en agternagesit.”

Die Mercedes het op die M4-snelweg gery, in die rigting van aankomende verkeer en teen ʼn Nissan Tiida gebots. “Die bestuurder van die Nissan Tiida is ook op slag dood,” het Ncalane gesê.

Maroela Media het vroeër oor dieselfde ongeluk berig, maar die volledige besonderhede was nog nie in daardie stadium beskikbaar gemaak nie. Klik hier om die vorige berig te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Trish LaVerne ·

Simpel polisie het ‘n onskuldige persoon se dood veroorsaak. Die goed het nog nooit geleer om op ‘n veilige afstand te volg en ander motors in te roep om verdagte voertuie voor te lê nie. Nee ….loeiende SIRENES en wilde jaagtogte is mos meer opwindend!! Jammer die Mercedes het nie hard gerem en die onnosel poliesmanne saam hul hel toe gevat nie!

Leeutjie ·

Trish, het jy op jou kop geval! Ek stem saam met jou Harry jou insette en die ander hieronder maak duidelik sin! Hel toe gaan? Wat spreek jy uit oor die mense! Jou insette is bizarre!

Paplepel ·

Trish, jy wat so vinnig die polisie hel toe verdoem; hoekom bel jy hulle dan indien jy probleme het?

Harry ·

Ja nee Trish, wat het jy gerook? Hulle het ‘n vuurwapen en kan dit eninge oomblik gebruik. Dink aan die ander kant, jy en jou familie braai Saterdag aand en hulle daag by jou huis op in ‘n Mercedes Benz en die vuurwapen, roof julle en skiet een van jou geliefdes, alles omdat die Polisie nie die moeite gedoen het om hulle vas te trek toe die geleendheid hom voorgedoen het nie. Ek is baie jammer om van die onskuldige person se dood te hoor en dink aan sy naasbestaandes, en geen MAAR kan hom/haar terug bring nie, maar die groep is nou gekeer om enige verdere skade aan te rig,en ek hoop dit kan die familie troos. Die skade kon baie groter en erger op die lange duur gewees het.

Ivan ·

“Die Mercedes het op die M4-snelweg gery, in die rigting van aankomende verkeer ” Soos ek verstaan het die Merc teen die eenrigting verkeer gery. Of die polisie se serenes aan was of nie, is nie ter sprake nie, en die Tida bestuurder se dood kan hierdie keer nie voor die polisie se deur gele word nie.

Ai tog ·

Trish hoe het mense nou “goed” geword? En toe weet jy ook dat die mense en die onnosle polisiemanne hel toe gaan. Kinders en ma’s wat sonder ‘n pa sit en verder moet hulle sommer hel toe gaan jy praat lelik.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.