Bly weg van bejaarde, siek familie – Ramaphosa

Pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa het Suid-Afrikaners Maandag aangeraai om nie by familielede te kuier wat oud of sieklik is nie, omdat hulle besonders vatbaar is vir Covid-19.

Hy het verwys na nuwe navorsing deur die nasionale instituut vir oordraagbare siektes (Nios) wat daarop dui dat ʼn derde van pasiënte wat in ʼn hospitaal opgeneem word weens Covid-19, aan ten minste een ander onderliggende siektetoestand ly. “Dit is ʼn groot bron van kommer in ʼn samelewing soos ons s’n waar baie mense aan MIV en tuberkulose ly,” skryf Ramaphosa in sy jongste nuusbrief.

“Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het boonop data bekendgestel wat daarop dui dat dié met onderliggende siektetoestande soos diabetes, asemhalingsiektes en hoë bloeddruk meer geneig is om ernstig siek te word en weens Covid-19 te sterf,” sê Ramaphosa.

Volgens Ramaphosa het 4,5 miljoen Suid-Afrikaners diabetes, ʼn syfer wat sedert 2017 verdubbel het. “Net in die Wes-Kaap het meer as die helfte van die mense wat dood is aan Covid-19, ook diabetes gehad.”

Ramaphosa sê in ʼn aantal provinsies, insluitend Gauteng en die Wes-Kaap, word mense met onderliggende siektetoestande vir Covid-19 getoets, maak nie saak of hulle simptome het of nie.

Hy het Suid-Afrikaners ook gemaan om liefs weg te bly van bejaarde familie en vriende.

“Weens die maatreëls wat ingestel is om die verspreiding van Covid-19 te bekamp, kan miljoene bejaardes in Suid-Afrika afgesonder en alleen voel en kan familielede besorg wees oor hulle welstand. Die realiteit is egter dat ons ons ouers en grootouers se lewens kan red deur in dié tyd ons afstand van hulle te hou en eerder te bel of per video met hulle te kommunikeer.”

Ramaphosa sê hoewel enigiemand Covid-19 kan opdoen, het ouer mense ʼn groter kans om baie siek te word en dood te gaan. “Ongelukkig was daar reeds verskeie Covid-19-uitbrekings by ouetehuise en sorgsentrums, wat ʼn hele aantal sterftes tot gevolg gehad het.”

Hy sê hoewel die sterftesyfer in Suid-Afrika nog relatief laag is in vergelyking met ander lande, die stygende aantal Covid-19-gevalle steeds rede tot kommer is. “Deur al die voorkomingsmaatreëls te volg kan ons onsself en ons geliefdes beskerm.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Roelof ·

Maak asseblief die spelling in die titel reg, dis ‘n erge verleentheid!

Megan Swart ·

Dagsê Roelof
Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die tikfout. Die artikel is gewysig.
Dankie! Groetnis
Megan
nms Maroela Media

Oom Jaap ·

Ai ou Roelof. Kom ons wees maar ‘n bietjie meer genadig met die mense wat hard werk om gratis nuus te verskaf.
Om so kwaai te raak oor ‘n ou tikfoutjie is nogal ‘n erge verleentheid.

Hekwag ·

Nou weet ons mos wie die mense is wat hulle nie aan reels steur nie. Doet zo voorts!

Spyker ·

Nou weet ek hoekom mens so min van die ministers sien. Ten minste neem hulle Ramap se raad ter harte.

Pappa Beer ·

Maak dit nou enigse sin? Jy mag in restaurante, dobbelhuise en bioskope gaan kuier, net asseblief nie by bejaarde familie nie? Tipes hierdie “clueless” regering.

Hydi ·

Dit maak sin. Moenie dat jou emosies jou goeie oordeel beduiwel nie. Jou bejaarde familie gaan heel waarskynlik nie die virus oorleef nie.
Want hul immuniteit is swak. So zoom eerder of bel.

Martie Smartie ·

Ag toe nou Ramaposa, dis ou nuus, as jy niks het om te se nie, rather keep quiet

Oom Hennie Pennie ·

Nou mag ek nie my bejaarde siek moeder van 96 besoek nie? Nonsens!

JohanR ·

Jy weet Cyril, ek het lankal ophou luister na wat jy te se het…..lankal! Jy moet eerder aan raai dat ons ver weg van JOU af moet bly, ingeval ons jou groot lieg siekte kry, Is dit nie belaglik dat jy nie al vir drie maande by jou mense kan uitkom vir ‘n kuiertjie, n lekker boerwors, steak en pap afgewas met ‘n paar koue biere. Maar jy kan die familie nou by ‘n resturant ontmoet waar julle soe toegedraai is dat julle net soewel almal hazmat pakke aanhet. Jy kan jou familie ontmoet by ‘n kerk solank daar minder as 50 is. Jy kan jou familie ontmoet, en julle kan saam op straat gaan oefen solank julle distansie hou. As julle ‘n groot motor het kan die familie almal in een motor klim en bietjie ry en kuier in die kar. Kan saamkom by die winkels, en saam inkopies doen ens ens ens. Maar kan nog nie vir mekaar by ons huise kuier nie. Het al gedink om familie toe te ry, maar die probleem is met die nuuskierige agies wat by hulle vensters uitkyk en die polisie bel!

Trotse Boervrou ·

Martie, ek stem saam. Ons weet dit en natuurlik beskerm ons die bejaardes sovêr moontlik. Hulle lewens is vir ons prioriteit. Pleks word ons ingelig wat die Regering met al die moorde in die land gaan doen. Selfs ‘n swanger vrou se moord kry nie veel reaksie nie. Daar gaan baie meer mense dood aan die hand van moordenaars in vergelyking met die virus. Die stilswye van die Regering is oorverdowend.

JohanR ·

Stem saam Trotse Boervrou. Na vyf weke van moord en marteling op boere, en ‘n Sondag waar ‘n Ma keel af gesny is, en sewe maande swanger was, al wat ons van Cyril hoor op ‘n Maandag more, is om weg te bly van bejaardes, en ons siek families. Dit moes baie tyd gevat het op sy Sondag, om dit uit te dink? Dit is eerder Cyril Ramaphosa en die ANC wat siek is!

Adam Adriaan ·

Spreuke 12 vers 11 Wie sy land bewerk het volop brood; maar hy wat nietighede najaag; het ‘n gebrek aan verstand.

Die Wolf ·

Moet ook maar iets kwytraak net om te wys ek is nog hier.

BFJ ·

Bure in die straat waar ons woon se skoondogter is baie ernstig in die hospital op ‘n ventilator. Sy het haar 7 maande oue baba verloor weens COVID-19.

Selfs jong mense van 40 jaar en jonger sterf weens COVID-19 en die sterftes begin nou vinnig styg. Neem aanspreekliheid en verantwoordelikeid en beskerm jou geliefdes. Niemand wil hul eie of die lewe van ‘n geliefde voortydig prysgee nie. Dit is waaroor hierdie berig gaan.

Beskerm jouself en geliefdes, neem verantwoordelikehied en aanspreekliheid. Dit is waaroor hierdie berig gaan. Dit is die regte ding om te doen en is beter as om die heeltyd te kritiseer, negatief te wees, te kla, sleg te maak en te blameer.

PH ·

Haai regtig?
Reken nou net, nê.
Wie sou kon raai dat dit is risiko is?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.