BMF soek swart HUB vir Absa

Maria Ramos, uitvoerende hoof van Absa (Foto: ANA)

Die Black Management Forum (BMF) het Dinsdag geëis dat Absa-bank die uittredende uitvoerende hoof, Maria Ramos, met ʼn swart persoon sal vervang.

Maroela Media het vroeër berig Ramos sal aan die einde van Februarie aftree wanneer sy haar 60ste verjaarsdag vier. Absa het gesê sy raad het René van Wyk, ʼn nie-uitvoerende direkteur sedert 2017, aangestel as tussentydse uitvoerende hoof vanaf 1 Maart.

Andile Nomlala, president van BMF, het gesê Absa se uitvoerende en bestuurspan moet die nodige diversiteit en demografie van die omgewing weerspieël deur ʼn swart uitvoerende hoof aan te stel.

“ʼn Duidelike eis van die BMF is dat die vervanging ʼn swart Suid-Afrikaner moet wees,” het Nomlala tydens ʼn ministeriële paneelgesprek by die jaarlikse Sake-ekonomie Indaba deur Business Unity South Africa, gesê. “Dit is nie om ʼn wit uitvoerende hoof uit te sluit nie, maar soos wat ons nader aan ʼn getransformeerde samelewing, ʼn geslagsensitiewe samelewing en ʼn inklusiewe samelewing beweeg, eis ons dat dit ʼn weerspieëling moet wees van Suid-Afrika se demografie.

“As sulke stappe nie gedoen word wanneer die geleentheid hom voordoen nie, dan sal ons nog die volgende 50 jaar kla oor die rassekwessie – iets waaroor ons nie hoef te kla nie.”

Ramos is al sedert 2009 die groep se uitvoerende hoof en het Absa deur belangrike mylpale gelei, soos die verkryging van Barclays se Afrika-filiaalbanke, die begin van die skeiding van Barclays en die daarstelling van ʼn nuwe strategie as ʼn selfstandige finansiële instelling.

“Absa sal binnekort ʼn permanente aanstelling in die pos van groeps- uitvoerende hoof aankondig nadat die proses afgehandel is om ʼn nuwe uitvoerende hoof aan te stel en die nodige regulatoriese goedkeuring verkry is,” het die bank gesê.

BMF oorweeg ook regstappe teen die staatsbeheerde wapenvervaardiger Denel ná ʼn wit uitvoerende hoof, Daniel du Toit, aangestel is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

84 Kommentare

Johan ·

Ek dink die Bank moet ‘n “best man policy” handhaaf. Die mees geskikste persoon ongeag ras, geslag of geloof moet aangestel word.

Katja ·

Ek stem maar hulle verstaan nie dat die regte persoon die pos moet kry nie. Vir hulle is die kleur baie belangriker as kwalifikasie. Ongelukkig.

Cherokee ·

Ek sal dit nogal lastig vind om my rekening by ABSA te sluit want dit is ‘n rekening wat ek in Trustbank geopen het.

Wessel ·

Mariaan, om rekeninge van te betaal, kan jy dit net sowel onder die bed sit, die res Geldmark.

Derick van Zyl ·

So, omdat die Black Management Forum sulke eise aan die bank stel, eise wat tien teen een polities gemotiveerd is en ook dmv die Reserwe Bank bevorder gaan word, nou moet blankes hulle rekeninge by ABSA sluit. Wat gebeur dan as die bank sink? Waar moet die blanke werknemers dan werk kry? Julle sien mos nou duidelik wat is die beleid, julle weet dit ook mos nou al lankal, nou wil jy die werkloosheid van nog eerlike, opregte blanke persone probeer bewerkstellig. Ek wonder soms wie is nou werklik die 30%’ers. Jy sien my vrou werk by ABSA en sy beklee ‘n senior pos, agv ons ouderdom sal sy nie weer werk kry as sy af gelê moet word nie, veral in die huidige ekonomiese klimaat nie, maar dit is ok, dink maar net aan julself en hou aan wonder hoekom die meer bevoorregtes eerder die land verlaat as om sulke veragtelikes by te staan.

Katja ·

Ek stem maar hulle verstaan nie dat die regte persoon die pos moet kry nie. Vir hulle is die kleur baie belangriker as kwalifikasie. Ongelukkig.

Cherokee ·

Dan voel jy ook soos ek Deon, dat dit ‘n antieke stuk is wat nie sommer weggesmyt kan word nie :-)

James ·

Ja hkm nie dan kan ons korrupsie beter beheer of aanmoedig….

Ja Nee ·

Alles in SA gaan oor kleur, niks te doen met meriete of wie die beste opgeleide persoon is nie.

Salamander ·

Ek het dieselfde gedink vroeër vandag. Persoonlike piggybank vir n kader.

Dries du Toit ·

DAARS HY. En dan moet ons die rassis in ons in bedwang hou. Hulle voed die rassisme binne ons

Andrew ·

Is dit die BMF of die Black Business Council wat nou die dag in die nuus was nie? Iets van dis balju wat hulle goed moet opskryf maar hulle het toe reeds hulle luukse kantore ontruim om by die ander in te trek nie. Daar is so ‘n magdom Black iets iets iets organisasies dat ek nie kan tred hou nie.

Stripes ·

Ek wou al ABSA los na ek nou al baie jare by hulle uitgehou het maar netnou is my ou spaargeldjie dalk weg. Sal nou maar begin kyk na ander banke en sorg dat ek die skuif betyds doen. Ek het nie ‘n probleem met die kleur nie maar wel ‘n probleem met gekoopte grade en korrupsie. Op die stadium het ek min tot geen vertroue in enige persoon wat iets met die anc te doen het. Wonder hoe lank na die BMF aanstelling gaan dit wees voor daar ‘n kommissie aangestel moet word om ongeruimdhede te ondersoek of die bank uit die moeilikheid uit gehelp moet word.

Ouma ·

Ai dit raak nou n moeilike situasie
Kan ons dan nou maar ons rekenings by Absa toemaak en n ander vriendliker bank gaan soek
Kan ons dan nou n trust rek laat verander na n ander instansie?

De Villiers ·

Die probleem is dat daar nie ‘n bank is waar swart bemagtiging nie plaasvind nie, almal is so. Stap by enige bank in, en kyk wie bedryf die tellers.

Derick van Zyl ·

SEB is ‘n vereiste, as ‘n finansiële instansie nie daaraan voldoen nie, dan verloor hy sy FSP akkreditasie. So, verduidelik nou vir my mooi stadig waarheen jy jou geld gaan neem? Alvorens ons nie ‘n blanke finansiële instansie stig nie is ons verlore en ons kan nie want dit is LETTERLIK teen die wet. Soos die Engelsman sê, good luck with that.

Nelia van Zyl ·

Geldjies onttrek, jarelange verbintenis verbreek, soek nuwe bank.

Derick van Zyl ·

Lekker soek, vir jouself nou baie moeite gemaak agv jou onigeligtheid. Alle banke moet aan dieselfde bepalinge voldoen. ABSA is maar net die eerste teiken omdat die top pos nou vakant is.

Manie ·

Dit is oor politiekery en beheptheid met kleur dat die land in die gemors is in wat hy is. Dit is net die rassiste wat nie so lekker kan sien alles is besig om oor die afgrond te gaan

Eish ·

Wou dieselfde vragie vra!
Dink hul sal sê verander bank se naam na BLAPSA…

Eddy ·

Ek dink as mens kyk na SAA en ,Eskom en vele meer is dit a.g.v.swart direkteure dat daar sulke wye wanbestuur is. So beheptheid met ras(veral swart bevordering) gaan nog hierdie mooi land se ondergang beteken

Frikkie Geld en huis ·

Mooi land, Eddy ??? Die land is darem laaaaaaaaankal nie meer mooi nie. Tot Kimberley se flaminke vlug al.

Piet kokewiet ·

Aai tog wat wil hul nog he.. wil vir elke ding hulle toys uit kot gooi en betoog sal oor niks happy wees

IK ·

Ditsem, die velkleur is deurslaggewend. Wat tussen die ore is is van mindere belang. Wat die banke betref kan ek wat by Absa is net sê dat die res ook maar vinkel en koljander is. Dis soos om van een dorp te trek na ‘n ander waar dieselfde soort (of erger) probleme ook maar een of ander tyd gaan opduik.
Dalk staan onse lugdiens nou ‘n beter kans wanneer die een kader vir die ander kan sorg. Dink net vlerke reik uit na vlerke . . .
Dis maar ‘n algemene probleem indien jy nie besef dat jy té min weet.

Eugene ·

Dan groet ek ABSA net soos ek die jaar die DA groet by die stembus

Johan ·

BMF wat se voorbeeld het julle van n swart vroulike CEO wat n instansie kan en kon bestuur Ramos…..O ek het n paar……..SAL se Dudu……Minsiter van maatskaplike ontwikkeling se Dlamini……daai een van waterwese…….daai een van kommunikasie………die een van minister van education……daai een van die sauk…..die huidige openbarebeskermer……moet ek aan gaan…….nou verskoon die privaatsektor dat sulke mense nie aangestel word nie……ja en Denel wat het sy vorige CEO gedoen……..en wat van die hoof van SARS…..ek kan die heeldag aangaan……..@#%%$*$

Deon ·

Ramos het maar aangejaag by ABSA. Onlangs was daar ‘n artikel in Business Insider wat toon hoe ABSA se markaandeel onder Ramos verklein het. Good riddance.

jaco ·

die vrou se aanstelling was n politieke aanstelling, want haar man is Trevor Manuel. voordat almal nou te veel kla oor aantellings sonder inagneming van kwalifikasies, onthou tog sulke goed maar in die ou SA ook gebeur het:
voor 1948 het die VP regering voorkeur gegee aan poste vir Vrymesselaars. kwalifikasies en bekwaamheid het nie altyd soveel getel nie
En tussen 1948 en 1994 het die NP regering baie top jobs vir Broederbonders gegee. weer eens het kwalifikasies en bekwaamheid nie altyd soveel getel nie.
So, ter samevatting: “hulle” wat die goed vandag doen, het dit maar net by”ons” geleer…

Deon ·

Jaco, die groot verskil is dat swak aanstellings kon destyds steun op uiters bevoegde senior en middel bestuur met ervaring. Deesdae is die onderbou uiters dun wat beteken alles val plat.

Pieter ·

Jaco,
Ek was ook die slagoffer van ‘n broeder wat bevorder is bo sy kapasiteit. Die verskil was egter dat die ou soort van eerlik was en het die regte kwalifikasie gehad maar hy het net nie geweet hoe om dit te gebruik nie. Die werk was egter altyd tot op die verlangde standaard gedoen deur die ondergeskiktes.
Deesdae word ‘n absolute leek met die regte velkleur en ‘n gekoopte graad bo jou aangestel of jy word net eenvoudig uitgeskop en niemand kan die werk doen nie. Dit is dan wanneer die SAA’s en Eskom’s ens vernietig word.

Derick van Zyl ·

Bwahaha, so jy gaan jou ABSA rekeninge toemaak agv ‘n eis van BMF, dan sit jy nog die kersie op die koek deur te besluit om vir COPE te stem wat gelei word Terror Lekota, die einste Lekota wat die die komando stelsel ontbind het wat direk daartoe gelei het dat ons soveel Boere, vroue en onskuldige kinders op die gruwelikste wyses moontlik vermoor word. Dieselfde Lekota wat eintlik die ANC verlaat het omdat hy en Zuma nie om dieselfde vuur gesit het nie. Dieselfde Lekota wat self gesê het in sy hart is hy steeds ANC. Dieselfde COPE na wie Hannes Engelbrecht en Dalene Nelson oor geloop het nadat hulle uit FN geskop is oor onreërlmatighede. Dieselfde Hannes Engelbrecht wat deurentyd in sy kapasiteit as leier van FN gepropageer het hoe multikultirisme nooit sal werk nie. Nee wat ou Willehond, jy let nie op in die politieke klas in SA nie.

Gert van Wierdapark ·

Die Bmf het seker iemand in gedagte wat by VBS so raakgevat het!

Thomas ·

Ja, stel die CEO van VBS bank aan. Daai bank wat Zuma geld geleen het, en onder kuratorskap geëindig het. Hy verdien ‘n 2de kans.

Uiltjie ·

Ek het nie n probleem met die aanstelling van enige kleur nie, solank die bank net nie VABSA word nie…

Posduif ·

Orania. Wat is verkeerd met selfbeskiking. Leeus gaan le tog nie by perde nie.

ANDRÉ ·

Hier is ‘n nuwe idee: hoekom vervang haar nie met iemand wat eintlik bekwaam is nie, ongeag ras?!

PJC ·

Ronell ek is bevrees dit gaan by al die banke en besighede so. ń Mens hoop en bid maar net dat jou ou spaargeldjie veilig sal bly. Ek het geen vertroue in Ramos gehad nie en sal haar opvolger nog minder vertrou as dit gaan oor die velkleur.

Roberto Betta ·

Direct your demands to Santa. 2019 season is now open.

Hanna Hoekom ·

Sal ons toegelaat word om ‘n WMF soos hierdie BMF, en White Chaimber of Bussines?

Ek vra net

JoeV ·

Hoekom nie… kom ons werk aan ‘n “BEB” beleid, blanke ekonomiese bemagtiging.

kobus ·

Vir wat moet alle top poste met swart persone gevul word? Leer niemand? Eskom? SAUK? Suid-Afrika? Absa volgende VBS?
Kies tog iemand wat die regte kwalifikasies het asseblief!!!!!!!!!

Kassie ·

Eendag toe ek die bestuurder van ‘n bank vra waar is my geld heen, toe se hy sorry ek was nie daardie dag in die bank nie, Hahahah

Wessel ·

Klomp jaar gelede wou die koerante, as blankes in hul briewe na ‘n swart of wit persoon verwys het, dit nie plaas nie, of hulle het die bewoording verander, want dit was of nie polities korrek gesien nie, of hulle was bank dat dit swart mense sou affronteer.

Jerry ·

Dit maak nie saak wat ons of die black forums se nie. Dit is n politieke aanstelling en dus gaan n ANC kader aangestel word.

remondo ·

Die beste persoon vir die werk – iemand wat gekwalifiseer is om dit te kan doen ongeag ras kleur of iets

GM ·

Dit moet die demografie van Suid-Aftika verteenwoordig. Maak witmense en kleurlinge dan nie ook deel uit van dié demografie nie? Plaas hul net hul eie goed bou, en daaroor gaan regeer soos hul wil. Ek sou ook ‘n minderwaardigheidskompleks gehad het as ek als by iemand anders moes vat in plaas van daarvoor werk. Om nie eers te praat oor hoe jy moet voel nie as jy ‘n suksesvolle maatskappy verniet gekry het, net om dit dan in die grond in te dryf. Maar o weë, dis mos altyd iemand anders se skuld as dít gebeur.

elizna ·

en daar moet op ons gekd slaap..jou mattrassie is ons 1ste veulige dpaar plek saam met die koekie blik!

Domvraag ·

BMF ? Net die naam is al klaar rassisties. As ons die WMF, white management forum skep sal die Anc, Eff betoog en dit as rassiste uitmaak, maar ek het vergeet swartmense kan mos nie rassisties wees nie, aldus hul swart leiers.
Vraag aan die BMF, julle het mos n bank gehad met swart bestuur. Ek dink dit was die VBS. Nou wat het geword van die VBS. Dink die BMF regtig dat ek by n bank sal bly waar die risiko groot is dat ek al my geld gaan verloor.
Hoekom begin julle as die BMF nie n eie bank nie, of beskik julle nie oor die menslike intelligensiekapitaal daarvoor nie. Dis tyd dat daar gestop word om transformasie as rede aan te voer om swart aanstellings te probeer regverdig. Deur dit te doen, doen julle skade aan jul eie beeld en versterk die persepsie dat julle nie eintlik bevoegd is om te kan meeding vir so n pos nie.
Enigste land in die wêreld waar die meerderheid wette moet hê om hul te beskerm teen kompetisie van die minderheid. Wat sê dit vir jou?

Frikkie ·

….ñ gaping vir ñ voet in die deur vir nationalisering?….

Gert ·

Soos Mmusi ook gesê het, as daar ‘n swart en ‘n wit kandidaat is, MOET die swarte die werk kry. Dus word hierdie siening gedeel deur partye wat 90% van die kiesers verteenwoordig. Dis die probleem met demokrasie.

Jerry ·

Gert, dit is regstellende aksie wat niks met demokrasie of die grondwet uit te waai het nie. Dit is die ANC wie die politieke mag het se NDR beleid, daarom is dit diskriminerend teen veral witmense. Dit is nie DA beleid nie, want dan sal geen witmense vir die DA stem nie!

Gert ·

SEB en regstellende aksie is albei DA beleid, ons weet almal hoekom sommige wittes vir die DA stem.

Sê ook ma net ·

Het ‘n spaarrekening by Absa wat maar net daar is. Lankal geskuif na ‘n ander bank toe wat beter na my kyk. Op die einde van die dag is alle banke skelm en het streke, kies maar die een met die minste streke.

Foxi ·

Ooh blokkies tog…….beter my paar miljoen oordra na Capital Bank……jou skropnessie is veiliger daar.

Erica ·

Daarsy, net hier maak ek my rekening by ABSA toe, ek moes al.

Cassie Carstens ·

Stem saam! Waarom nie. Wat is fout met ons bruinmense – niks nie.

Chris van Heerden ·

Ek wonder wat voer hulle in die mou dat hulle wil eie stel?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.