BMW-‘dronkbestuurder’ vas ná hy 2-jarige tref

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 68-jarige man wat ʼn blou BMW bestuur het en in ʼn botsing betrokke was waartydens ʼn tweejarige seuntjie dood is, is Saterdagmiddag in Kimberley in hegtenis geneem op verskeie aanklagte.

Volgens lt. Donald Mdhluli, provinsiale polisiewoordvoerder van die Noord-Kaap, is die man omstreeks 17:30 in Greenpoint in hegtenis geneem nadat die ongeluk in Dutch Reformstraat plaasgevind het.

“Die kind het langs die pad gespeel of geloop toe die verdagte se motor hom getref het,” het Mdhluli Sondag aan Maroela Media gesê. “Die seun is op die toneel dood en ons probeer nog vasstel wat die omstandighede was waarom die kind langs die pad was.”

Die Kimberley-polisie het die bestuurder dadelik in hegtenis geneem op aanklagte van strafbare manslag, roekelose en nalatige bestuur en dronkbestuur.

Die man sal na verwagting Maandag in die dorp se landdroshof verskyn. Die naam van die kind is nog nie bekend gemaak nie.

Die polisie het motoriste gemaan om veral tydens skoolvakansies waaksaam te wees omdat baie kinders langs paaie in woonbuurte gaan speel. Mdhluli het ook gewaarsku dat die polisie, veral met die oog op die komende feesgety, ernstig teen dronkbestuurders gaan optree.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

VraNet ·

Nou hoekom sou ons enigsins belangstel of die motor wit, blou, swart of rooi is? Moenie net verslag lewer met ‘n klomp twak, net om die spasie vol te maak nie

Francois ·

Nou hoekom sal ons enigsins omgee of die motor wit, blou, swart of rooi is? Moenie net verslag lewer oor ‘n klomp twak, net om die spasie vol te maak nie!

Peet Schabort ·

VraNet en Francois, (twee kommentare presies dieselfde?) Die berig moes dus lees: “Daar was ‘n ongeluk in Kimberley waar ‘n kind doodgery is. Die bestuurder is in hegtenis geneem en sal in hof verskyn. Ondersoek word ingestel.”
Nee mense, ALLE besonderhede word opgeneem van ‘n ongeluk BEHALWE velkleur is verbode in die media tensy daartoe gedwing sou iemand dalk byvoorbeeld gesoek word.
Die kleur van die BMW is ter sprake want sou dit pienk gewees het dan het die polisie ‘n fout gemaak met die fabrikaat want NET Cadillacs mag pienk wees . . . .

Anneke ·

Ek praat hoegenaamd GEEN dronkbestuur goed nie maar ‘n 2- jarige in die straat of op ‘n sypaadjie……… Die ouers behoort ook vir moord aangekla te word

riekie ·

Ek stem 100% saam Anneke. N 2jarige is veronderstel om onder toesig te wees!!!!! Sluit die ouers ook toe

dries ·

Maak nie saak wie se skuld dit is, as jy dronk bestuur is dit jou skuld.

Christie Joubert ·

Ek sien geen relevansie in die maak van die voertuig nie. Daar is hordes BMW’s op die pad. Al wat die berig hier doen is om te probeer om almal wat BMW’s ry se naam krater te probeer maak!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.