BMW opdrag gegee om dié tarief terug te betaal

Argieffoto: https://pixabay.com

Die Nasionale Kredietreguleerder (NKR) het ʼn voldoeningskennisgewing uitgereik aan BMW Financial Services om sogenaamde afleweringstariewe aan kliënte terug te betaal.

Die tarief van tussen R3 000 en R6 000 word gereeld by finansieringsooreenkomste gevoeg, maar mag volgens die Nasionale Kredietwet nie deel wees van die kredietooreenkoms nie.

“Die voldoeningskennisgewing gee BMW Financial Services opdrag om kliënte terug te betaal en ʼn ouditverslag aan die NKR te stuur,” het Nomsa Motshegare, hoofbeampte van die NKR, gesê.

“Die Nasionale Kredietwet maak voorsiening daarvoor dat verbruikers ʼn kwotasie ontvang wat die kredietkoste duidelik uiteensit voordat hulle enige kredietooreenkomste onderteken. Verbruikers moet die kwotasie van kredietverskaffers aanvra sodat hulle die koste van die krediet wat aangebied word deeglik kan nagaan.”

Motshegare het gesê die NKR sal voortgaan om ondersoeke oor die hele bedryf te doen om onwettige heffings stop te sit.

BMW het intussen aangedui hy sal beswaar maak teen die kennisgewing.

Lees ook:
Verbruikersake: Oppas vir heffings wat nie in kredietooreenkoms mag wees

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

snoefie ·

wat van die hantering\administrasie\transaksiekoste wat bygesit word? die banke kry mos die rente hoekom word daar addisionele koste gehef?

Lientjie ·

Die handelaar vra ook kostes of dink jy die feetjies kry die voertuig vir die klient reg. Daar gaan baie werk in om ‘n voertuig reg te kry vir aflewering!

motorsmous ·

as die bank en die handelaar nie die moeite wil doen vir die wins wat hulle daaruit maak nie, moet hulke die mark verlaat. hulle betaal minder as markwaarde vir n voertuig wat ingeruil word en verkoop vir neer as die herverkooo waarde. as die wins nie genoeg is nie, moet hulle maar ander werk soek

Hewitt ·

Geld hierdie nou net vir BMW-kopers, of almal wat gebruik maak van BMW se finansiëring, a.k.a Alphera Financial Services?

Cor ·

As ek nnuwe voertuig koop en doen die registrasie en goed self kom ek nog nie by daai R6000 – R8000 nie , nie net BMW nie maar ander nuwe voertuig handelaars ook. Sodra hulle n nuwe voertuig ontvang word daar n vooraflewerings diens gedoen en die voertuig is gereed vir verkoop. As n klient egter ekstras wil by he dan moet die arbeid en toebehore addisioneel betaal word.

Jannie ·

Hi Cor….daai kostes is nie net vir registrasie en lisensie nie,daar is baie ander kostes en dinge wat kliente nie van weet wat daaruit betaal word…dan wil klient ook nog jou druk dat jou oe traan vir afslag….afslag is ons verkoopsmanne se brood en botter…ons kry dan ook net n persentasie van die profeit/afslag weg gee wat ook al mense dit wil noem

Jannie ·

Daai kostes wat ook al die bedrag sluit n klomp kostes in,niks is verniet vir kliente nie….dis nie net vir rigestrasie en lisensie nie,daar is kostes om daai voertuig tot by die handelaar te kry,branstof,die voorrit inspeksie en as daar iets is wat vervang moet word kom dit uit daai kostes,wat dan gewoonlik te min is…ons noem dit onvoorsiende kostes….ek se weer niks is verniet nie,klient betaal vir alles.

Robert Naude ·

Wat ek net graag wil weet is hoe kan ń handelaar jou tot ń R100000.00 afslag kan gee op ń nuwe bakkie. (Ford).
Iewers maak hy tog nog ń wins. Hoeveel is hul winsgrens?

Lientjie ·

Dit hang af winste kan wissel van R8000.00 to R52 000.00 of ‘n nuwe voertuig. Hoe grootter die en duurder hoe meer wins het jy. Van die handelaar kry dan by die fabriek ekstra ” geld bystand” wat die handelaar kan gebruik om afslag te gee of om jou te help om jou uit jou ander voertuig te kry as jy nog baie sklud en daar ‘n “short fall” is tussen die prys wat die handelaar jou gee en die aflos by die bank, daarom kan jy by daardie bedrag uitkom, maar die alle modelle het dit alyd op nie. Klient wil altyd afslag he, maar daardie draadjie is ook nou geknip.

Die handelaar is ook nie verplig om vir jou brandstof in te gooi nie. Die matte wat jy saam met jou nuwe voertuig kry kom nie standaard saam met jou voertuig nie die verkoopspersoon moet dit by die parteafdeling koop. Hy kry dit nie verniet nie. Lisensie en registrasie kos die handelaar geld wat +- R1250.00 per voertuig kos. Die permit waarmee die klient by die deur uit ry betaal hy nie voor nie. Die handelaar koop die permitte by die lisensie kantoor en dit kos vir 10 permitte ( boekie ) R2700.00 so 1 permit kos R270.00

Morné ·

Nuwe voertuig verkoopspersone maak partykeer so min as R2000 profyt op ‘n transaksie veral met groot vlote omrede die handelaar daarna regtig eers begin geld maak met naverkoopdienste en parte maar waar los dit die arme verkoopspersoon wat partykeer eers kommissie verdien na sy 5de eenheid wat dan slegs tussen 8 en 10% van die wins is. Die “onroad charge” is ‘n geldmaak “tool” wat geregverdig kan word mits die handelaar dit beter spesifiseer.

Lientjie ·

Morne die mense daar buite het heeltemal ‘n wan indruk van wat regtig by ‘n handelaar aangaan. As jy vir elke liewe klient wat daar inkom afslag gee kry die van die verkoopsperone teen die einde van die maand nie eers kommissie nie. Ek wonder of hulle besef dat
n verkoopspersoon se basise salaris wissel tussen R6500.00 en R8000.00 pm. Indien jy nie kommissie kry nie word daar belasting, pensioen en mediesefonds afgetrek en dan moet hy / sy hulle familie onderhou!!!!!!!!!! Kommissie wissel tussen 10 en 12% van jou totale profit wat jy geskryf het, so werk dit vir julle self uit as die person so R70 000.00 profit geskryf het wat sy salaris gaan wees dan praat julle weer wie skelm is.

Rudolph van Wyk ·

Ek het nie ‘n probleem om vir ‘n diens te betaal nie mits ek weet waarvoor ek betaal. Vir enige iets wat ek koop wil ek weet wat die bedrag is wat ek moet betaal om by die deur uit te stap of uit te ry met die produk. Ek en baie ander het ‘n kleintjie dood daaraan as ‘n ding vir ‘n prys geadverteer word en dan vind jy later uit dit en dat waaroor jy geen keuse het nie moet bygereken word. Stel dit eerder duidelik ‘up front’ dan is mens voorberei daarop. Anders sien ek dit is plein skelm wees!

Adam ·

Lientjie, baie dankie vir jou uiteensetting wat baie van die ondudielikheid hieromtrent opklaar. Hoe dit ook al sy, niemand misgun iemand die reg op ‘n billike wins nie, maar wel op die kunsmatige laai van pryse. Motorhandelaars vra “op die pad koste” omrede hulle die [produk vir die klient reg moet kry- wat sal gebeur as die slagter “op die hak” koste begin byvoeg en die kleinhandelaar “op die rak” kostes ? Ek dink die argument dat alle kostes in die vraprys ingesluit moet word is ‘n suiwer een.

jan_alleman ·

nie slim om n nuwe motor te koop nie, eerstens is die belaglike belasting die groot rede waarom die waarde val tien minute nadat jy die ding gekoop het .
tweedens wie dink jy beindruk jy ? wow jy het n nuwe motor !! so what ?
onderhoud op n nuwe motor is gewoonlik baie hoer agv min “pirate parts”
die risiko op diefstal is hoer
n motor is die grootste mors van geld in jou lewe en dit net omdat jy onosel genoeg is om te dink dat dit op een of ander manier jou status bepaal , in werklikheid bepaal dit net jou intelligensie

bgj van der westhuizen ·

dit is tyd dat die betaal hulle in prys op sit en se dit is wat jy betaal dan kan jy weet of jy dit kan bekostig alle mense wat goed verkoop is slim met die bek en hulle gee glad nie om vir jou as klient nie so lank et hy en sy baas geld maak uit jou alles wat vekoop word se wins grens is hoof moet nie dink as eits af gemerk is hulle verloor nie maak nog wins

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.