Bo 60’s kan nou ‘instap’ om entstof te ontvang

Bo 60’s in Gauteng kan nou ‘instap’ om die entstof teen Covid-19 te ontvang. (Argieffoto: Unsplash)

Die Gautengse departement van gesondheid het Donderdag aangedui dat persone bo die ouderdom van 60 nou by hulle naaste inentingsentrum kan “instap” om teen Covid-19 ingeënt te word.

Die departement sê kommer oor die stadige pas waarteen persone bo 60 ingeënt word, het dié besluit genoop.

Boonop dui statistieke aan dat Gauteng die provinsie met die meeste positiewe Covid-19-gevalle is.

“Mense wat op die regering se aanlyn stelsel geregistreer het sowel as dié wat nie geregistreer is nie, sal by inentingsentrums gehelp word. Persone sal egter hulle identiteitsdokumente moet toon.

“Dié besluit sal verseker dat die mees kwesbare landsburgers gehelp en nie weggewys word nie.”

Die departement sê 25 nuwe inentingsentrums is nou in Gauteng in bedryf waarvan 10 in Johannesburg, vyf in Tshwane, vier in Ekurhuleni en drie elk in onderskeidelik die Wes-Rand en Sedibeng.

Luidens die verklaring sal die Chris Hani Baragwanath-hospitaal in Johannesburg voortaan ook oor naweke entstowwe toedien.

“Inentings teen Covid-19 bly een van die beste maniere om onsself en ons geliefdes te beskerm. Deur die entstof te ontvang en aan nie-mediese Covid-19-maatreëls gehoor te gee, kan ons die verspreiding van die virus bekamp en die ekonomie oop hou.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Charles ·

Alle mense bo 60 is nie skape nie, hul kan nou aanbeweeg na die jonger kudde..

Hennie ·

Inenting is beslis NIE die beste manier nie! Hoekom is daar etlike mense in ICU vandag wat die entstof ontvang het? Ivermectin en aspirien is dalk die beter keuse. Dit maak van COVID 19 ‘n “walk in the park. En, dit laat die liggaam sy eie teenliggaampies opbou.

My vrou het tipe 1 diabetes, hart probleme, long probleme en neuropathy in haar voete. Sy het COVID gehad, ek het Ivermectin gaan kry, en sy het binne 4-5 ure van uiters siek tot amper geen simptome gegaan. 6 mg dadelik, dan 6mg soggens en saans!

Vlooitjie ·

Hier is iemand met ondervinding wat bewys Ivermectin werk, hoekom duimpies af?

Kobus ·

Ek het dit gebruik sonder enige verbetering.Inteendeel,ek is sieker nadat ek ek die “wondermiddel” gebruik het

Pietertjie ·

Ek is ouer as 60, maar my vrou is nog ver van 60 af. Moet ons nou afsonderlik gaan om ingeënt te word? Ek stap in en sy wag vir ‘n afspraak wat dalk op ‘n ander plek kan wees. Of moet ons ses jaar wag totdat sy ook 60 is?

VannieBaai ·

Is dit slegs in Guateng waar die seniors nou kan “instap” of net in Gauteng? Hordes seniors in die Oos-Kaap het tot op hede nog geen sms ontvang dat hul kan gaan inent nie en hul het meestal in April en vroeër geregistreer vir die inenting. Ek sou graag ‘n antwoord wou hê asb.

Dana ·

Die berig meld nie dat dit slegs publieke inenting sentrums is nie. Ek het gister ‘n paar privaat inenting sentrums geskakel en almal het bevestig hul neem nie ïnstap” mense nie.

Danie ·

Vreemd oor hoe almal moeg is vir die C19 en die inperkings en die maskers, maar nogsteeds nie wil gaan om die entstowwe te kry nie. Ons gaan dan seker maar vir die volgende 20 jaar so aan ploeter.

Tanniepetoors ·

Die sentrums in Pretoria is in gebiede met uiters hoë misdaadsyfers. Verwag die regering regtig dat ek, as ‘n wit vrou wat maar moeilik oor die weg kom en ‘n goeie mediese fonds het, ure by so ‘n sentrum moet gaan wag vir ‘n inenting? Tussen hakies, die SMS wat ek gekry het, het aangedui ek kan in Johannesburg my inenting kry. Hoekom kan ek nie by ‘n privaat instansie my inenting kry nie?

Janine ·

Wat van die ander provinsies? Mense wat maande gelede al geregistreer is, word nie geënt wel ander wat onlangs geregistreer is in dieselfde dorp, hoe werk dit

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.