Bob Hewitt: ‘Briewe skep nie goeie indruk’

Bob Hewitt saam met sy regspan tydens Dinsdag se verrigtinge. Foto: Werner Beukes / SAPA

Bob Hewitt saam met sy regspan tydens Dinsdag se verrigtinge. Foto: Werner Beukes / SAPA

Die tennislegende Bob Hewitt het Donderdag in die Johannesburgse hooggeregshof, wat in Palm Ridge sit, getuig dat sy briewe aan ʼn 12-jarige tennisstudent 30 jaar gelede nie ʼn goeie indruk skep nie.

In ʼn brief aan Theresa “Twiggy” Tolken, een van die vroue wat Hewitt van seksuele aanranding en verkragting beskuldig, het hy geskryf: “Ek is altyd in vlees, hart, verstand en siel beskikbaar.” Hewitt het tydens kruisondervraging gesê: “Op die oog af lyk dit nie goed vir my nie, maar jy moes die briewe gesien het wat sy vir my geskryf het.”

Die 75-jarige het aan die hof gesê dat hy nie meer die briewe het wat Tolken aan hom geskryf het nie, aangesien hy dit destyds aan die polisie oorhandig het toe die saak in die vroeë 1980’s die eerste keer aangemeld is.

“Wat was die kern van daardie briewe?” het aanklaer Carina Coetzee gevra. “Ek het geen idee nie. Ek kan nie onthou nie,” het Hewitt geantwoord. “Ek is bereid om te erken dat ek nie daardie briewe moes geskryf het nie,” het hy gesê.

In een van sy briewe aan Tolken het Hewitt glo geskryf: “Ek kan jou natuurlik nie vashou of soen nie, dit moet van jou kant af kom.” Hewitt het getuig dat hy verwys het na ʼn onskuldige drukkie en ʼn vaderlike soen. “Dit was ʼn soen op die voorkop en nie op die mond nie.”

Hewitt het gesê hy het die briewe aan Tolken geskryf aangesien sy ʼn skaam meisie was en hy haar selfvertroue ʼn hupstoot wou gee.

Tolken het getuig haar ouers het haar nie meer vir tennislesse by Hewitt gevat nadat sy aan hulle gesê het hy het haar gedwing om orale seks op hom uit te oefen. Sy was 12 jaar oud ten tye van die beweerde voorval. Sy het Hewitt ook daarvan beskuldig dat hy haar gedwing het om haar onderklere uit te trek en bo-op hom in die bad te lê. Sy beweer hy het sy penis in haar probeer sit.

Hewitt het getuig hy was nie seker oor hoekom Tolken se ouers haar nie meer vir tennislesse gebring het nie. In nog ʼn brief aan Tolken, het Hewitt glo geskryf: “Ek kan net aanneem jy dink ek is ʼn seksmaniak.”

Hewitt sal na verwagting Vrydagoggend sy getuienis voortsit.

Klik hier om alle vorige berigte oor Bob Hewitt op Maroela Media te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Lindie van Niekerk ·

Net die skryf van ‘n brief aan ‘n 12 jarige van ‘n volwasse man is klaar onaanvaarbaar!

VROU ·

orige ou man hoekom sal n vrou haarself so verneder om voor die hele wereld te staan en se sy was gemolesteer en vekrag wat n venedering. sy kry mos niks daaruit soek net selfrespek en aanvaarding

Grassie ·

Ek is soms dankbaar dat die Skepper vir my net seuns gegee het. As ek ‘n dogter gehad het en ‘n ouer man het haar so verlei het ek hom wragtig gekapater.

Kwassie ·

Stem volkome saam met jou Grassie, ek het ook net seuns, en as dit met my meisiekind moes gebeur sou hulle vir my wragtig toe gesluit het en die sleutel weg gegooi het.

Patat ·

nee wat, hy het sy rol as afrigter te vêr gevat. Ek kry die dames uit die diepte van my hart, baie jammer! Hierdie tipe letsels, sit vir die res van hulle lewens! Ek het iets soortgelyks ondervind en dit is iets wat n reuse invloed op my lewe!

patrys ·

Hoekom laat die oumans se geheue hulle so in die steek? sies vir hulle !!

Tammy ·

As jy weet wat jy gedoen het kan dit vergeetagtiheid bring, omdat jy weet jy is skuldig!! Dis asof daar n draad regdeur die getuienis van die dames loop. Vat hom tronk toe daar sal hy baie tyd he om te dink oor sy sondes.

Anene ·

Ek glo daar is baie meer mense met baie geheime wat nooit uitkom nie. Ek glo daar is baie meisies wie se lewens verwoes is deur simpel mans. Ek vertrou geen man. Dit gebeur oral, tussen ons, jou kinders se maats, jou kinders, jou bure. Waarom?

ig ·

Mense,my gevoel is dat hierdie 3 slagoffers die punt van die seekoeie se ore is.Ek glo daar is tientalle meer maar het nie die moed om deur die vernedering van die regsproses te gaan nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.