Bob Hewitt dalk binnekort op parool

Bob Hewitt saam met sy regspan tydens ‘n vorige hofverskyning. (Foto: Werner Beukes / SAPA)

Die voormalige tenniswêreldkampioen en veroordeelde seksoortreder Bob Hewitt (78) kan dalk binne enkele weke op parool vrygelaat word.

Hewitt is in Mei 2015 skuldig bevind aan verkragting en onsedelike aanranding. Maroela Media het vroeër berig regter Bert Bam het Hewitt tot ses jaar tronkstraf gevonnis. “Daar is duidelik geen vooruitsigte van rehabilitasie nie,” het Bam in daardie stadium gesê.

Die regter het destyds gesê as Hewitt in sy 50’s skuldig bevind is, sou hy tot minstens 20 jaar tronkstraf gevonnis word en dat Hewitt net homself vir sy ellende te blameer het.

Hewitt is in Maart 2015 skuldig bevind aan die verkragting van Theresa “Twiggy” Tolken en Olivia Jasriel (voorheen bekend as Suellen Sheehan) in die 1980’s en die seksuele aanranding van nóg ’n vrou, wie se naam nie bekend gemaak mag word nie, in die 1990’s. Die misdade is gepleeg terwyl hy vir hulle tennislesse gegee het. Hewitt het onskuldig op die aanklagte gepleit.

Hy dien sedert September 2016 sy tronkstraf uit by die St. Albans- korrektiewe sentrum in Port Elizabeth ná die Konstitusionele Hof vroeër sy aansoek om verlof tot appèl afgekeur het.

Tania Koen, Jasriel se regsverteenwoordiger, het gesê haar kliënt is stomgeslaan deur die besluit.

Koen het gesê sy het vasgestel dat die paroolraad op 23 Augustus vergader het om te besluit oor Hewitt se parool en dat hy op 23 September vrygelaat gaan word.

“Ons gaan die minister vra dat die besluit hersien word. Ek gaan voort op die grondslag, met die inligting wat aan my voorsien is, dat die paroolraad vergader het en Bob Hewitt op parool vrygelaat gaan word.”

Koen sê Hewitt se slagoffers is nié in die saak geken nie. Volgens haar voel dit vir Jasriel of sy deur Hewitt verkrag is, maar daarna ook toe sy oor die voorval moes getuig en nou weer oor die paroolbesluit.

Olivia Jasriel tydens die hofsaak. (Foto: Werner Beukes/SAPA)

“Daar is mense wat sê ‘shame, los hom, hy is oud’. Hy het nie gedink aan sy slagoffers se ouderdom toe hy hulle verkrag het nie,” het sy gesê.

Die hof het tydens vonnisoplegging boonop reeds sy ouderdom in ag geneem.

Singabakho Numalo, woordvoerder van die Departement van Korrektiewe Dienste, hou vol hulle het nog geen inligting van die paroolraad oor enige besluit wat moontlik geneem is nie. “Indien en wanneer ʼn besluit geneem word, sal ons daaroor ingelig word.”

Numalo het gesê daar is spesifieke vereistes waaraan voldoen moet word wanneer ʼn gevangene op parool vrygelaat word en dat die DKD wél ʼn hersiening daarna kan versoek. “Ons wil egter nie die proses vooruitloop nie,” het hy gesê.

Hewitt is ʼn voormalige professionele tennisspeler van Australië. Hy het ʼn Suid-Afrikaanse burger geword toe hy in 1967 met ʼn Suid-Afrikaner getroud is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Karma ·

NEEEEE!!!!
Absoluut NEE !!!
GEEN PAROOL. !!!!

Hy mag net “voete eerste” daar uitkom..
Reguit langbome toe..

Anoniem ·

Hy is moontlik veiliger binne as buite na aanleiding van al die optogte teen dade teen vrouens en kinders ! Die Paroolraad moet maar weer rondom die tafel gaan sit ! Moeilikheid !

Heidi Lundie ·

Die man hoort in die tronk. Hy gaan NIE ophou met sy dade nie.

Cherokee ·

Lees jy wèrklik nie of doen jy net voor? Wàt weet jy van ouderdom? Jou ‘gaan nie ophou nie’ tel teen jou.

Wielspore ·

Die skade wat hy aan mense gedoen het is lewenslank, nou dien hy ‘n kort straf uit en loop as ‘n vry man uit die tronk.
Stop sy parool!

Se maar net ·

dis hulle keuse om lewenslank bitter te wees, hulle kan mos kies om aan te gaan ook , dan raak die lewe weer lekker en almal om hulle juig ook. Alle mense moet seer en hartseer verwerk, party kies om aan te gaan en ander om vas te steek en bitter te bly.

Spook op thaba ·

Nou wonder ek of die 3 vonnisse samelopend uitgedien is. Dan is dit mos eintlik net een vonnis , weet nie.

MANIE ·

Gaan hoor by die hani,s hoe hou jy iemand in die tronk wat op parool moet wees

Gert van Wierdapark ·

Seker maar con-takte in die “binnekant” wat help met die parool!! “Kishou” Hewitt moet beslis langer sit om sy skandes te oordink!!

Stomgeslaan ·

Laat hom gaan!! Ek persoonlik n probleem met mense wat klagtes lê as goed jare terug gebeur het!! Hoekom het jy nie vroeër jou sê gesê nie?? Sorry maar ek dink jy lieg!! Tweedens is die hele wêreld oploop met sogenaamde seksoortredings en almal ho en ha maar mans word volgens statestiek meer benadeel as vrouens!! Weereens n poging om mans te benadeel!! Vat my aan as jy die moed het, wie jy ookal is!! Laat Hewitt vry!!!!!!!!

Sam ·

Ek persoonlik hoop nie jou kinders is eendag so bang om iemand te se dat dit dalk met hul ook gebeur het nie, ek meen jy as ouer sal hul dan nie ondersteun nie want hul lieg mos. Pateties.

Se maar net ·

Ek stem saam, die jare later kla het mode geraak, klug as jy my vra

Stan ·

Dit is agv houdings & redenasies soos stomgeslaan sin dat vroue en kinders nie veilig in Suid Afrika is nie! Persoonlikheids versteurings en selfdood is aan die orde van die dag agv vroue & kinders wat nooit ‘gehoor’ is nie. Hy moet verseker sit.

Anoniem ·

Nee nee nee!!!
3jr v sy lewe vs. lewenslank vir sy slagoffers.
Die oorspronklike straf was reeds te min!

Se maar net ·

slagoffers se lewenslank is n keuse, almal kom slegte dinge oor, dood ,siekte , dood van n kind ens en almal moet dan besluit, of ek gaan aan met my lewe of ek bly bitter . As jy besluit om bitter te bly is jou straf self opgele, dan boet jy onnodig, Onthou net almal rondom jou het ook hel oor jou bitterheid.

Cherokee ·

Voorlaaste paragraaf; waar is sy vrou en wie is sy? Wat sê sy? Het net naamlose kommentators ruimte vir niksseggende opinies, of sý ook?

..... ·

Gert van W’park……. onkunde….
Geen con-takte…… ook nie die paroolraad se besluit nie. Daar is wetgewing deur die hof…gaan doen huiswerk.
As misdaad voor1 Okt 2004 gepleeg is, word parool anders bepaal as na 2004. Dis nie die paroolraad se besluit, dis die wet. Misdaad voor 2004 kwalifiseer om na ⅓ van vonnis op parool geplaas te word. Misdaad gepleeg daarna kwalifiseer na ½ van vonnis uitgedien. Dis ook nie con-takte wat ‘n vonnis samelopend laat uitdien nie, dis slegs ‘n hofbevel wat uitgevoer moet word deur DKD.

Ruaan ·

Maroela, julle wou seker sê hy het 3 jaar van sy vonnisse uitgedien, maar dit lees hy het 3 van sy vonnisse uitgedien. Let wel, hy is gedurende 2015 gevonnis maar eers gedurende September 2016 begin om sy vonnis uit te dien. Hy het dus nou slegs n derde van sy vonnis uitgedien. Stel asb reg.

Christel Cornelissen ·

Dagsê Riaan
Baie dankie vir jou boodskap. Ons pas die berig aan.
Groetnis
Christel

Me too ·

Gaan eerder aan met julle lewens, almal wat 50-100 jaar gelede verkrag is, julle lewe almal nog, sé dankie daarvoor? En vergewe die wat dit aan julle gedoen het, los die oordeel vir God, dis nie vir ons as mense nie, wees dankbaar julle lewe, en gaan sit en dink bietjie oor jou eie sondes? Wed jou, daar is baie!!! Ek praat verkrachting glad nie goed nie, dit is verskriklik, maar om met so n haat deur die kewe te gaan sonder om te kan vergewe vat baie energie, put mens uit, maak mens dood, bid vir die persoon wat dit aan jou gedoen het, en bid vir jouself, mag God aan alnal vrede in julle harte skenk, dit maak mens rustig, ek weet, want ek was ook ver………. krag.

Waarheid ·

Tronke is oor VOL nie keuse nie oor die besluite wat hulle maak nie. Baie gaan nou op parool. Hartseer en sleg in die land SA.

lolla ·

nee wat laat hom sit!!! …. he did the crime….do the time ….. miskien is daar baie wat nie uitgekom het nie …. ek glo nie daai was die enigste nie….nou sal sy target kleiner kinders wees…. gee hom maar nog vry losies en slaapplek

Piesang ·

In die ou SA was verkragting doodstrafbaar. Dit is wat sulke vuilgoed verdien!!!

jakes ·

Of Hewit parool gaan kry of nie, is wel in die hande van die patoolraad. Wat wel weer hier ter sprake is, is waarom het die sogenaamde slagoffers na dekades eers na vore gekom met die aanklagte? Dit is gewis n siekte onder vroue wat op gereelde basis jare na n seks misdaad klagtes wil le teen mans. As ek n regter was het ek ook die slagoffers van dwarsboming van die gereg aangekla omdat hulle n misdaad nie aangemeld het nie.

Se maar net ·

absoluut korrek, as so iets gebeur meld dit aan en kry dit verby, nou wag hulle jare en dan ewe skielik spring n paar uit die niet op met klagtes, baie verdag

Elvira ·

Wanneer gaan Korrektiewe dienste en die regters ophou om vir hierdie kriminele jammer te voel. Laat hom 6 jaar sit en dan gemonitor word as hy daar uitkom. Hy moes na regte lewenslank gevonnis geword het.

Kan nie glo ·

Ongelukkig in die baie vroeer jare mag kinders net gesien en nie gehoor word nie. Een van die slagoffers het telkemale met haar ouers probeer praat, maar hulle wou haar nie glo nie. Hoe kon so beroemde man dan so iets doen? Hulle het deur en deur Hewitt se part gevat. Hewitt het met elke slagoffer dieselfde modus operandi gevolg. Hy moet boet vir sy dade!!! Hy verdien nie om in die samelewing te wees nie. Hulle moet die sleutel weggooi. Hy bly ‘n gevaar vir jong meisies, PUNT!

Manie van Worcester ·

Jammer, as ek as kind aangedoen was en my ouers wou nie hoor sou ek polisie toe gegaan het of verkort geweier het om weer na die persoon te gaan, hierdie dinge lyk maar vir jou net soos jy graag wil he dit moet lyk. n saak het altyd 3 kante, jou kant, my kant en die regte kant. selfs howe kom nie altyd by die regte kant uit nie.

JohanR ·

Rig dogters af, en dan vroetel hy met hulle….sies man! Seker gedink hy sal daarmee wegkom.

Sêmaarnet ·

Uit ‘n man se oogpunt is dit seker maklik om te vra hoekom die dames nooit gaan kla het nie. Ek hoop nie jy het dogters nie Jakes want dit kan met almal gebeur jy het nie in die klaers se skoene geloop om te weet hoekom hulle nie gaan kla het nie. Bid dat dit nooit met jou gesin en familie gebeur nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.