Bob Hewitt in die hof oor verkragtingsklagte

Bob Hewitt (Argieffoto) Foto: tennisworldusa.org

Bob Hewitt (Argieffoto) Foto: tennisworldusa.org

Bob Hewitt, die voormalige tennisdubbelkampioen, het Vrydag vir die eerste keer in die landdroshof in Boksburg verskyn sedert hy van verkragting beskuldig is, het The Star berig.

Die saak is vir Februarie 2015 geskeduleer.

Hewitt (74) staar twee aanklagte van verkragting in die gesig. Een van die vermeende verkragtings het glo in 1982 in Boksburg plaasgevind en ʼn tweede glo by Sun City in 1981. Al twee sy vermeende slagoffers was in daardie stadium 16 jaar oud. Hy staar ook ʼn aanklag van onsedelike aanranding in die gesig.

Volgens die koerant moes Hewitt ‘n kierie gebruik toe hy hof toe gestap het. Sy prokureur, Alwyn Griebenow, het die media versoek om hom alleen te laat.

Hewitt pleit onskuldig op al die aanklagte.

Hy het vorige hofverrigtinge gemis weens siekte.

Hy het in die 1960s en 1970s nege Grand Slam-dubbelspelwedstryde en ses gemengdedubbel-wedstryde gewen. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.