Bob Hewitt op borg vrygelaat

Bob Hewitt saam met sy regspan tydens 'n vorige hofverskyning. Foto: Werner Beukes / SAPA

Bob Hewitt saam met sy regspan tydens ‘n vorige hofverskyning. Foto: Werner Beukes / SAPA

Die tennislegende Bob Hewitt is Maandag op borg vrygelaat nadat hy in die hooggeregshof in Johannesburg, wat in Palm Ridge sit, aan verkragting en onsedelike aanranding skuldig bevind is.

Hewitt is op borgtog van R10 000 vrygelaat en moet weer op 17 April in die hof verskyn wanneer vonnisverrigtinge na verwagting sal begin. Regter Bert Bam het gesê die saak sal na die hooggeregshof in Pretoria oorgeplaas word.

Hewitt moet volgens sy borgvoorwaardes sy paspoort inhandig en mag net van die Oos-Kaap waar hy woon na Pretoria reis vir sy hofverskynings en na Johannesburg waar sy dogter woon.

Terry Price, Hewitt se regsverteenwoordiger, het gesê hy sal ʼn aansoek bring om sy kliënt deur ʼn sielkundige te laat evalueer. Regter Bam het gesê Price sal hom moet oortuig dat die evaluering regtig nodig is vir Price se argumente ter strafversagting.

Bam het Hewitt vroeër Maandag skuldig bevind op twee aanklagte van verkragting en een van onsedelike aanranding. “In al drie gevalle was die slagoffers goedgelowige jong meisies wat in hul tienerjare was toe die beskuldigde hulle begin afrig het. Al drie klaers is oorweldig deur die teenwoordigheid en reputasie van die beskuldigde en die hoë agting vir hom.”

Bam het verder gesê Hewitt het die meisies manipuleer en seker gemaak hulle raak verlief op hom waarna hy seks met hulle gehad het sonder dat hy hulle “uitdruklike toestemming” nodig gehad het.

Volgens Bam is dit jammer dat misdade van die aard eers jare nadat dit plaasgevind het, aan die lig kom.
Klik hier vir alle vorige berigte oor die saak op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Loes ·

Ek dink dis belaglik om soveel jare na so n voorval n klag in te dien. Ek was self baie jare terug die slagoffer van n soortgelyke geval maar ek voel baie sterk dat jy dadelik die klag moet aanhangig maak . Wat is die doel daarvan om nou die hele familie en nageslag van hulle respek en liefde vir so n person te ontneem. Wat gebeur het, het gebeur , maak vrede daarmee. Nie die strafste vonnis gaan dit verander nie.

Chivago ·

Regtig Loes? So ‘n persoon is nie respek en liefde werd nie. Ek voel wel jammer vir sy familie maar hy moet kry wat hom toekom. Jy het miskien’n soortgelyke ervaring verwerk maar dit gebeur nie met almal nie, inteendee,l dit verwoes die meeste se lewens.

Chivago ·

Regtig Loes? So ‘n persoon is nie respek en liefde werd nie. Ek voel wel jammer vir sy familie maar hy moet kry wat hom toekom. Jy het miskien’n soortgelyke ervaring verwerk maar dit gebeur nie met almal nie, inteendee,l dit verwoes die meeste se lewens.

Peet Schabort ·

Net mense wat hierdie pad geloop het kan werklik kommentaar lewer. Daarom Loes , het ek die grootste respek vir jou kommentaar.

Peet Schabort ·

Net mense wat hierdie pad geloop het kan werklik kommentaar lewer. Daarom Loes , het ek die grootste respek vir jou kommentaar.

ig ·

Die varknek het gekry wat hom toekom,skuldigbevinding.Solly Ozrovech was gelukkig dat die dood hom kom haal het.

Marietjie ·

Nee Loes – ek stem nie saam met jou nie. Hierdie man verdien nie respek en liefde nie….hoekom moes hy lewens verwoes en hy kan aangaan met sy lewe en deur almal gerespekteer word, terwyl die slagoffers maar moet stilbly, verwerk en vergewe. Nee wat, laat hy maar die straf kry wat hom toekom, sal die helingsproses vir sy slagoffers ook makliker maak, want nou kan hulle ook afsluiting kry – al is dit jare later.

Maronel ·

Ek is nie ‘n slagoffer, maar my siening is dieselfde as Loes s’n. Hoekom na 30 jaar wag om dit aan te meld? Ek praat nie van respek en liefde nie. Maar toe hy nog jonk en verantwoordelikheid kon aanvaar het, moes hy gestraf gewees het. Nou is dit stokou koeie uit die sloot gaan grawe. As dit daardie tyd al aan die lig gekom het, het hy nou al reeds sy straf tydperk uitgedien. Wou die “slagoffers” nie ook nou maar net in die nuus wees eweskielik nie. Gaan sy straf hul wel enigsins beter laat voel? Teen hierdie tyd moes hul al lankal sielkundige hulp ontvang het en dit alles agter hulle gesit het. Reg??

Sharon Lick ·

slagiffers van sulke skurke, dra vir so m lang tyd aan so m bitter swaar las, dit is m skanfe dat wanneer die waarheid uikom hulle as die “villan” aandag soeker en skuldige uitgebeeld word en die man die arne verontregte persoon wie se lewe nou omgekrap word ! Shame !!! Wat van die jong meisie wue se lewe vir altyd verwoes was haar denke em keuses is veraltyd beeinvloed ! Bob jy was die volwssene, – eet jou kool !

Sharon Lick ·

slagiffers van sulke skurke, dra vir so m lang tyd aan so m bitter swaar las, dit is m skanfe dat wanneer die waarheid uikom hulle as die “villan” aandag soeker en skuldige uitgebeeld word en die man die arne verontregte persoon wie se lewe nou omgekrap word ! Shame !!! Wat van die jong meisie wue se lewe vir altyd verwoes was haar denke em keuses is veraltyd beeinvloed ! Bob jy was die volwssene, – eet jou kool !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.