Bob Hewitt se appèl misluk

Bob Hewitt tydens 'n vorige hofverskyning. Foto: Werner Beukes / SAPA

Bob Hewitt tydens ‘n vorige hofverskyning. Foto: Werner Beukes / SAPA

Die veroordeelde verkragter en voormalige tennisster Bob Hewitt se appèl teen sy vonnis is deur die appèlhof van die hand gewys.

Hewitt (76) is verlede jaar tot ses jaar tronkstraf gevonnis nadat hy skuldig bevind is op twee aanklagte van verkragting en een van seksuele aanranding. Drie vroue, vir wie hy in die 1980’s en 1990’s tennisafrigting gegee het, het teen hom getuig.

Hewitt is vroeër op borgtog van R10 000 vrygelaat hangende die uitkoms van die appèlsaak. Hewitt het slegs verlof gekry om teen sy vonnis te appelleer en nie teen sy skuldigbevinding nie. Hy sal dus nou sy tronkstraf moet begin uitdien.

Hewitt is ʼn voormalige professionele tennisspeler van Australië. Hy het ʼn Suid-Afrikaanse burger geword toe hy in 1967 met ʼn Suid-Afrikaner getroud is.

Hewitt het 7 titels in enkelspelle en 65 in dubbelspelle verower, asook al die Grand Slam-dubbeltitels en mans- en gemengde dubbelspelle. Suid-Afrika se enigste Davis-bekertitel in 1974 is aan hom te danke.

Sy naam is in 1992 in die internasionale tennis-eregalery opgeteken, maar dit is onbepaald opgeskort ná die saak van seksuele teistering teen hom in November 2012 aanhangig gemaak is.

Lees alle vorige berigte oor Bob Hewitt op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Poplap ·

Wondering nuus!. Die gronde van sy appel soos sy prokureurs dit voorgele het was in elk geval walglike gewees. “Bob moenie tronk toe gaan want hy het op gehou toe die kind se dit was seer en shame hy is oud”. Wat ‘n sieklike ou vrek en dink ook sy prokureur moet hou met stomp vis op bolip kry vir sy verspotte verweer. Mooi so appelhof dis briljante besluit

johann cb ·

Tog jammer dat hy op sý ouderdom nou moet tronkstraf uitdien, maar reg en geregtigheid moét sy gang gaan. Sulke oortredings is walglik, veral as jy dink die lang arm van die gereg gaan jou nie inhaal nie. Ek kry net jammer vir sy vrou en hoop dat sy deur hierdie tyd sal kom met behulp van familie en vriende.

Poplap ·

Hoekom kry jy sy vrou jammer? Sy het hom bygestaan en die arme vrouens wat getuig het soos gemors behandel selfs nadat dit duidelikheid geword het dat hy gepeuter het aan kinders. Sy verdien nie sympatie nie. Daar is net 1party slagoffers hier en dit is die vrouens wat deur die gespuis verkrag is en kan selfs sympatie he vir die gespuis se kinders maar nie vir sy laghartige vrou nie

Pixie ·

Sy vonnis was in die eerste plek heeltemal te lig! Sy naam is eers op 72 jarige ouderdom van die tennis-eregalery verwyder en hy het dus die geleentheid gehad om vir dekades in roem en weelde te lewe! Daai arme vroue (en hoeveel ander wat nie na vore gekom het nie) het aan die ander kant al vir dekades en moet ook vir die res van hul lewens saamleef met wat hy aan hulle gedoen het, en een is selfs deur haar eie ouers verwerp! 6 Jaar is eintlik belaglik om die minste te sê en ek wonder hoeveel daarvan hy gaan uitdien voordat hy om gesondheidsredes of iets dergeliks vrygelaat word!

pop ·

Poplap ek stem saam. Daai vrou van hom is net so walglik. Smyt haar saam met hom in die tronk. Sy was uiters beledigend en onbeskof teenoor die slagoffers.

Regte ding ·

Dit is beslis die regte ding, om te verweer hy is oud of hy het gestop is verregaande. Uncle Bob daai meisietjies was ook weerloos, nog dogtertjies wat met poppe moes speel toe jy hul verniel het. Daai dogtertjies moes ‘n toekoms bou, gesin kry en kinders groot maak met sulke lelike spoke, hul kan nie praat want niemand glo dat ‘n eerbare man in ‘n vertrouensposisie sal so iets doen nie. Verder wat kon hul aanvoer en soos Pixie sê ondanks die lelike dinge kon jy ‘n lekker leeftyd lewe. Ek voel vir jou kinders wat ook daaronder gaan lei, al kon hul niks daaraan doen nie. Vir al supersterre en siek manne passop een of ander tyd gaan jy jou beurt kry en dan kyk ons hoe voel en reageer jy as jy magteloos is, los kinders uit, hoe moeilik kan dit wees en dit nog terwyl jy ‘n vrou het wat aan jou vereistes kan voldoen, sies man.

Karma ·

Ek stem nie saam met enige van die kommentare, behalwe Poplap s’n, waarin sy mev. Hewitt jammer kry. Hey jy! Jy wat klip optel sonder om eers te hoor wat ek te sê het – sit neer daai klip! Ek het nie interne kennis van die saak nie – ek dink net dat daar ‘n bietjie ‘stertjies by storietjies’ gevoeg was. Die een dame weier dat haar naam bekend gemaak mag word; die ander word deur haar eie familie as ‘n patologiese leuenaar beskou. Die groot vraag (net soos in Ds. Ozrovech se geval) HOEKOM SO LANK WAG voor julle ‘n saak gemaak het? Wat baat dit enige iemand – behalwe vir die satisfaksie dat die ou “blikskottel” uiteindelik gestraf is – dat ‘n ou man van 73 nou tronk toe gaan vir 10 jaar? Kyk, as hy dit gedoen het, het hy dit gedoen. Hy moet gestraf word, natuurlik – daarmee stem ek 100% saam. Maar sou dit nie eerder meer tot die samelewing bygedra het, as hy bv. gemeenskapsdiens in ‘n sentrum vir kinders wat seksueel gemolesteer is, moes doen nie? En ek bedoel dan: gemeenskapsdiens waar hy vloere moet was, kos moet maak ens. – nie met die slagoffers self werk nie, maar hy moet sien watter skade sulke aksies aanrig. Of dat hy ‘n moewiese boete betaal – wat as fondse vir sulke inrigting(s)/instandie(s) aangewend word. Vra maar net ….

Poplap ·

Hewit se vrou jammer gekry? Nee jy lees verkeerd en stenig haar kry haar glad nie jammer

Viv ·

Karma, het jy al ooit gewerk met kinders wat seksueel mishandel is? Weet jy wat dit aan hulle doen? Ken jy die vrouens persoonlik wat die klagtes gele het, of oordeel jy sommer maar net vir die lekker? Die kinders het lankal daaroor gepraat, maar nes jy nou, het niemand hulle geglo nie. So die man van 73 moet nie tronk toe gaan nie, maar n kind van 12 mag aangerand word? En hy moet gaan diens verrig in n plek waar weerlose kinders bly? Is jy ernstig? Ek sal beslis nie n kind van my los in n plek waar iemand sulke besluite maak nie.

Bloues ·

Karma, my gevoel is as die man summier erken het en verskoning gevra het sou ek simpatie gehad het, en ek dink die hof ook. Maar eers stry en lieg en probeer wegkom is nie reg nie. So gaan sit in die tjoekie.
Hoekom die dames so lank gewag het , ek gee nie om nie dit gaan nie oor wat hulle gedoen het nie maar wat die ouman gedoen het.

Poplap ·

OK kom ons probeer weer aangesien my comments sommer net verdwyn het. Sal jy die dief die rower die moordenaar ook so maklik vergewe. Al wat hulle dan moet doen is net se: jammer dan vermy hulle die tronk self?

Karma ·

@Poplap, ‘skuus man, toe maak ek sommer johann cb se kommentaar joune! @Viv, ja ek het ondervinding: ek is op 12 jaar 6 maande en 8 dae deur my eie bloedbroer verkrag – en my ma glo my tot vandag toe nog nie. Ook het ek een keer gewerk met kinders van geweldsmisdade: daar was ‘n 4-jarige dogtertjie wat SO erg verkrag was dat haar blaas, vrouedele en dele van haar kolon verwyder moes word. Ek vra wat die DOEL agter ‘n 6-jaar tronkstraf vir Hewitt en sy slagoffers is. Mev. Hewitt verstaan ek is siek, en Hewitt sorg vir haar. Hoekom haar ondersteuning wegneem? Ek sê nog dit sal deugsamer wees as hy in ‘n plek van veiligheid vir kinders wat seksueel mishandel is, gaan potte was, kos maak, vloere was, toilette skrop en beddens opmaak: so kan hy sien watter hel sulke kinders moet deurmaak. @Viv, jy laat dit klink asof verblyf in ‘n plek waar mishandelde kinders veilig versorg word, amper soos ‘n kleuterskool werk, waar jy saans jou kind kan gaan optel en weer more terugbring. Ek kan jou verseker, dit werk nie so nie. Die howe en maatskaplike werkers besluit oor sulke goed. @Bloues, is dit nie so dat ‘n persoon ONSKULDIG is voordat SKULD bo alle redelike twyfel bewys kon word nie?

Oupa ·

Briljante tennisspeler wat RSA gedien n op voorblaaie gehou het word vervolg en verguis
Briljante minister van finansies vir sy oenskynlike misdade?

Oupa ·

Briljante tennisspeler wat RSA op die voorblaaie gehou het wors ondersoek, vervolg, veroordeel en verguis
Briljante minister van finansies vir sy ondersoekte misdade…..

Eugene SkuldSpesialis ·

Elke hond kry sy dag al is dit nie in die lewe nie dan hierna…..
Straf is heeltemal te lig vir die skade wat hy aan die mense se lewens gedoen het mag God hulle nou vrede gee.

Peet J ·

Ek haal my hoed af vir Bob se vrou wat hom nie in die steek gelaat het tydens die hofsaak nie. Ek dink haar optrede dien as ‘n voorbeeld vir baie ander vrouens. Ek stem saam met Karma dat gemeenskapdiens ‘n beter opsie sou gewees het.In elkgeval ek vermoed hierdie was ‘n soort van sameswering indien alles in ag geneem word. Miskien kan die konstitusionele hof die saak van beide kante af sien.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.