Bob Hewitt se verhoor begin

Bob Hewitt (Argieffoto) Foto: tennisworldusa.org

Bob Hewitt (Argieffoto) Foto: tennisworldusa.org

Bob Hewitt, die voormalige tennisdubbelkampioen, se verkragtingsverhoor sal na verwagting Maandag in die hooggeregshof in Johannesburg begin.

Hewitt (74) staan tereg op twee aanklagte van verkragting. Een van die vermeende verkragtings het glo in 1982 in Boksburg plaasgevind en ʼn tweede glo by Sun City in 1981. Al twee sy vermeende slagoffers was in daardie stadium 16 jaar oud. Hy staan ook tereg op ʼn aanklag van onsedelike aanranding.

Hewitt het tydens sy vorige verskyning in Junie verlede jaar met ʼn kierie geloop. Alwyn Griebenow, Hewitt se regsverteenwoordiger, het destyds gesê sy kliënt het vorige hofverskynings gemis weens swak gesondheid.

Volgens mediese sertifikate wat by die hof ingehandig is, kry Hewitt angsaanvalle en is hy depressief. Hy is glo ook besig om te herstel nadat hy vroeër ʼn beroerte en ʼn hartaanval gehad het.

Hewitt het in die 1960’s en 1970’s nege Grand Slam-dubbelspelwedstryde en ses gemengdedubbel-wedstryde gewen.

Klik hier vir vorige berigte oor die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Vic ·

“al twee sy verdagtes”? Waarvan word die 16 jariges verdink?

Sune van Heerden ·

Dagsê Vic

Genade, wat ‘n vreeslike fout wat deurgesluip het. Dit moet natuurlik “slagoffers” wees.
Dankie, ons het die fout reggestel.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Pierre Celliers ·

Sy roem en sy siektes is allermins verskonings vir sy laakbare optrede destyds.
Hy moet baaaaie lank sit!!!

Rupert Ashford ·

Waar het julle hierdie berig vandaan ge-“copy” of vertaal? Hy het nie “dubbelspelwedstryde” gewen nie (selfs ek doen dit ook soms Woensdagaande), hy het “Grand Slam TITELS” gewen, daar’s ‘n reuse verskil. Sulke dinge laat mens die betroubaarheid van die “feite” in die res van die artikel ook bevraagteken – doen julle huiswerk!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.