Bob Hewitt tot tronkstraf gevonnis

Bob Hewitt tydens 'n vorige hofverskyning. Foto: Werner Beukes / SAPA

Bob Hewitt tydens ‘n vorige hofverskyning. Foto: Werner Beukes / SAPA

Die voormalige tenniswêreldkampioen Bob Hewitt (75) is Maandag in die hooggeregshof in Pretoria tot tronkstraf gevonnis nadat hy aan verkragting en onsedelike aanranding skuldig bevind is.

Regter Bert Bam het Hewitt tot ʼn effektiewe ses jaar tronkstraf gevonnis. “Daar is duidelik geen vooruitsigte van rehabilitasie nie.”

Hewitt is op die eerste aanklagte van verkragting tot agt jaar tronkstraf gevonnis wat vir twee jaar opgeskort is op voorwaarde dat hy R50 000 aan die departement van justisie moet betaal vir die gebruik in veldtogte teen geweld teen vroue en kinders. Hewitt het op die tweede aanklagte van verkragting dieselfde vonnis ontvang terwyl hy op die aanklag van seksuele aanranding tot twee jaar tronkstraf gevonnis is wat vir twee jaar opgeskort is.

Bam het gesê indien Hewitt in sy 50’s skuldig bevind is, hy minstens tot 20 jaar tronkstraf gevonnis sou word. Hy het gesê Hewitt het net homself te blameer vir sy ellende.

Hewitt is in Maart vanjaar skuldig bevind aan die verkragting van Theresa “Twiggy” Tolken en Suellen Sheehan in die 1980’s en die seksuele aanranding van nog ’n vrou, wie se naam nie bekend gemaak mag word nie, in die 1990’s. Die misdade is gepleeg terwyl hy vir hulle tennislesse gegee het. Hewitt het onskuldig gepleit op die aanklagte.

Bam het gesê Hewitt se huidige gesondheidstoestand is rede tot genade. Hewitt het ’n beroerte gehad en operasies aan sy knieë, skouers en bene ondergaan.

Hewitt se vrou, Delaille, het Bam vroeër gesmeek om nie haar man tronk toe te stuur nie. “My heer, ek het nog nooit nodig gehad om te smeek nie, maar ek vra jou uit die diepte van my hart om asseblief my man te laat terugkeer na die plaas aangesien ek nie sonder hom kan leef nie.” Delaille sterk tans aan ná sy behandeling vir eierstokkanker ontvang het.

News24

Klik hier vir alle vorige berigte oor die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

jakes ·

Siende sy gesondheid en ouderdom, en sy arme vrou is dit tragies. MAAR moes hy nie jare terug dink wat hy aanvang? Geregtigheid geskied altyd.

Eish! ·

Nog ‘n vrou wat reken ‘n man is haar redding. Dame staan op en jy sal oorwin. Vrouens is sterker as mans. Veral mans wat jou wysmaak dat jy nie sonder hul kan oorleef nie.

Dave ·

Jy klink sinies Eish, maar hier is ‘n man wat met jou saamstem.

Karen ·

Skuim van die aarde! Kry vir jou!
Kan jy glo geregtigheid in hierdie donker tye!

Chris ·

Kyk, ek sê nie Bob Hewitt is onskuldig nie. Ek het egter ‘n hekel daaraan dat mense ewe skielik na dertg of selfs veertig jaar wakker skrik en dan iemand dagvaar ir so iets, Dit het al in ‘n heel paar ander soortgelyke gevalle gebeur. Kyk nou weer met Cliff Richard van Engeland, wat ook gedagvaar word vir ‘n geisoleerde voorval wat blykbaar dekades gelede gebeur het. Hoe kan verwag word dat hulle nou skielik alles na dertig jaar of selfs langer in detail moet onthou? Mys insiens moet so ‘n tipe saak nie eens oorweeg word om verhoor te word as die voorval tien jaar of langer gelede sou voorgekom het nie.

ig ·

Chris wat rook my?Of is jy net jonk en oningelig? Daar is dinge wat in n mens se lewe wat gebeur het, goed of sleg,wat jy Nooit vergeet nie al is jy 100 jaar oud.

Chris ·

Liewe Ig, ek rook wel, maar ek is al in my middel 50’s. Ek sê weer: ek praat nie dit wat Bob Hewitt gedoen het goed nie en ek het empatie met die “slafoffers.” Maar ek vra weer: Hoekom skrik die “slagoffers” nou na ten minste 40 jaar wakker? Dis ‘n baie lang tyd. Hulle kon lankal die nodige stappe gedoen het. Dit sou hulle tot voordeel strek. Hy kon dan langer in die tronk gesit het!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.