Bob Hewitt vandag gevonnis

Bob Hewitt tydens 'n vorige hofverskyning. Foto: Werner Beukes / SAPA

Bob Hewitt tydens ‘n vorige hofverskyning. Foto: Werner Beukes / SAPA

Die voormalige tenniswêreldkampioen Bob Hewitt (75) sal Vrydag in die Noord-Gauteng-hooggeregshof gevonnis word nadat hy aan verkragting en onsedelike aanranding skuldig bevind is.

Hewitt is skuldig bevind dat hy twee meisies wat by hom tennislesse geneem het in die tagtigerjare verkrag en ʼn ander seksueel aangerand het. Hy het skuld op die aanklagte ontken.

Ná ʼn verhoor wat ʼn hele paar weke geduur het, het regter Bert Bam hom skuldig bevind op al drie aanklagte. Hewitt is in Maart op borgtog van R10 000 vrygelaat.

Bam het in sy uitspraak gesê dat Hewitt die meisies gemanipuleer het om hulle onder sy invloed te kry. Nadat hy hulle voorberei en hulle op hom verlief geraak het, het Hewitt met hulle omgang gehad sonder hul uitdruklike toestemming. “Die beskuldigde het die kinders se vertroue in hom misbruik,” het Bam gesê.

Volgens Bam is dit jammer dat misdade van dié aard eers jare nadat dit plaasgevind het, aan die lig kom.

Klik hier vir alle vorige berigte oor die saak op Maroela Media.

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Gina ·

Sluit hom toe en gooi die sleutel weg- bring terug die doodstraf. Hy is nou oud maar het geen gewete oor die jare gehad nie. Hoekom sal hy nou berou he vir dit. Dai 2 meisies moes hulself gaan verner om in die hof te staan. Want dit is n vernedering en hul moes van tiener staduim af met die euwel loop. En so sal hul ook hul oudag beleef en altyd aan die nagmerrie dink. Ag nee sies jou skurk.

Nicky ·

Ag asseblief Marius Fourie! Jy glo werklik dit neem twee om te dans?? Dis hoekom dit verkragtig is, want die onskuldige ‘danseressies’wou nie dans nie! Ek is as kind verkrag deur my eie pa, my mening het nie getel nie, die dade is afgeforseer en was beslis teen my wil. Onthou of ‘n kind 3 of 13 is, kinders moet beskerm word en hulle is op aarde om lief gehê te word! Hoe sal jy voel as een van die slagoffers jou kind is of jou vrou of sussie?

Sune van Heerden ·

Dagsê Nicky

Ons het die betrokke kommentaar waarop jy reageer het, verwyder.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Marius Fourie ·

Hi Suné. Ek is nie gelukkig dat jy my e-pos verwyder het nie. Ek glo nie dat ek iets verkeerd gesê het nie. Ek het nie verkragting goed gepraat nie. Ek het net nie die beskuldigde veroordeel nie. Is Maroela Media soos ‘n eenrigtingstraat waar net een kant van ‘n saak gestel moet/mag word?

Nina ·

Marius, is jy siek in jou kop? Soos reeds genoem; hulle was KINDERS! Liewe Vader! Met sulke uitsprake kan mens verstaan hoekom vrouens jare wag voor hulle met die gruweldade uitkom! Dis absoluut siek om kinders te blameer vir volwassenes se walgdade.

Nicky, baie jammer om te lees van jou hel! Ek hoop jy het ‘n enorme steungroep!

Sune van Heerden ·

Dagsê Nina,

Ons het die betrokke kommentaar waarop jy reageer het, verwyder.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Eliza-beth ·

Kaspaas jou kommINtaar is ongevraag. Ek hoop en glo Maroela sal dit verwyder.

Sune van Heerden ·

Dagsê Elfie,

Ons het die betrokke kommentaar verwyder.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Sune van Heerden ·

Dagsê Eliza-beth

Ons het die betrokke kommentaar verwyder.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.