Hewitt is skuldig bevind dat hy twee meisies wat by hom tennislesse geneem het in die tagtigerjare verkrag en ʼn ander seksueel aangerand het. Hy het skuld op die aanklagte ontken.
Ná ʼn verhoor wat ʼn hele paar weke geduur het, het regter Bert Bam hom skuldig bevind op al drie aanklagte. Hewitt is in Maart op borgtog van R10 000 vrygelaat.
Bam het in sy uitspraak gesê dat Hewitt die meisies gemanipuleer het om hulle onder sy invloed te kry. Nadat hy hulle voorberei en hulle op hom verlief geraak het, het Hewitt met hulle omgang gehad sonder hul uitdruklike toestemming. “Die beskuldigde het die kinders se vertroue in hom misbruik,” het Bam gesê.
Volgens Bam is dit jammer dat misdade van dié aard eers jare nadat dit plaasgevind het, aan die lig kom.
Klik hier vir alle vorige berigte oor die saak op Maroela Media.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
13 Kommentare
Sluit hom toe en gooi die sleutel weg- bring terug die doodstraf. Hy is nou oud maar het geen gewete oor die jare gehad nie. Hoekom sal hy nou berou he vir dit. Dai 2 meisies moes hulself gaan verner om in die hof te staan. Want dit is n vernedering en hul moes van tiener staduim af met die euwel loop. En so sal hul ook hul oudag beleef en altyd aan die nagmerrie dink. Ag nee sies jou skurk.
Die wiel draai, stadig maar verseker.
Ag asseblief Marius Fourie! Jy glo werklik dit neem twee om te dans?? Dis hoekom dit verkragtig is, want die onskuldige ‘danseressies’wou nie dans nie! Ek is as kind verkrag deur my eie pa, my mening het nie getel nie, die dade is afgeforseer en was beslis teen my wil. Onthou of ‘n kind 3 of 13 is, kinders moet beskerm word en hulle is op aarde om lief gehê te word! Hoe sal jy voel as een van die slagoffers jou kind is of jou vrou of sussie?
Marius, is jy siek in jou kop? Soos reeds genoem; hulle was KINDERS! Liewe Vader! Met sulke uitsprake kan mens verstaan hoekom vrouens jare wag voor hulle met die gruweldade uitkom! Dis absoluut siek om kinders te blameer vir volwassenes se walgdade.
Nicky, baie jammer om te lees van jou hel! Ek hoop jy het ‘n enorme steungroep!
Kaspaas jou kommINtaar is ongevraag. Ek hoop en glo Maroela sal dit verwyder.