Bob Hewitt-verhoor moet voortgaan las hof

Bob Hewitt saam met sy regspan tydens Dinsdag se verrigtinge. Foto: Werner Beukes / SAPA

Bob Hewitt saam met sy regspan tydens Dinsdag se verrigtinge. Foto: Werner Beukes / SAPA

Die tennislegende Bob Hewitt se aansoek dat sy verkragtingsaak uit die hof gegooi moet word, is verwerp.

Terry Price, Hewitt se regsverteenwoordiger, het in die Johannesburgse hooggeregshof wat in Palm Ridge sit, aangevoer die getuienis van die drie vroue, wat Hewitt van seksuele aanranding en verkragting beskuldig, nie aanvaar kan word nie.

“Ek het die betrokke kwessies oorweeg en het na die argumente geluister,” het regter Bert Bam gesê. “Niks daarvan was ʼn verrassing nie. Die aansoek is sonder meriete en word geweier,” het Bam gelas sonder om ʼn verduideliking te gee vir sy uitspraak.

Hewitt se vrou Delaille, het, nadat die uitspraak gelewer is, opgestaan en die hofsaal verlaat. Suellen Sheehan, een van Hewitt se beweerde slagoffers, het in trane uitgebars toe Bam sy uitspraak gelewer het. Sy het vroeër getuig dat Hewitt haar in 1982 in sy motor verkrag het toe sy 12 jaar oud was.

Theresa Tolken, ook een van Hewitt se beweerde slagoffers, het getuig dat Hewitt 34 jaar gelede haar onvanpas aangeraak en haar gedwing het om orale seks op hom uit te voer toe sy 12 jaar oud was.

Die derde beweerde slagoffer, wie se naam nie bekend gemaak mag word nie, het getuig dat Hewitt homself op ʼn onvanpaste manier teen haar opgevryf het tydens tennislesse.

Hewitt ontken die aanklagtes teen hom. Hy sal Donderdag getuig.

Klik hier vir alle vorige berigte oor Bob Hewitt op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Anna ·

Wat ek nie verstaan nie, hoekom wag tot hy so oud is en nou wil praat, dit maak vir my nie sin nie, Daai dames is seker al almal 50+ of daar rond.

Drieks ·

Dit raak erger en erger as jy ouer raak en die kwaad en gevoel dat grootmense nie wou help nie maak dit nog meer erg. Ek het dit vry gespring, maar my skoolhoof wat vir 4 jaar dogters tussen 9 en 13 molesteer het is nog steeds my nagmerrie. En hoe ouer ek raak hoe meer dink ek daaroor. Die man was absolute ‘n wins vir ons skool, en dis wat gebeur. En hy self het aangenome kinders gehad….

Charl ·

Wel, die hof kan seker las, maar in hierdie instansie neem ek aan die hof het gelas?

Charl ·

Anna, want dit verg moed en volwassenheid en insig, en kinders word geignoreer, belaglik gemaak, of soms selfs gestraf as hulle sulke klagtes maak. Wat maak dit saak hoe lank die klaagsters gewag het – dis net jammer hy sal nie lank sit voor hy doodgaan nie……

HEVW ·

As dit waar is van die man hoe kan n mens so lank met so iets saamleef. Moes seker maar vlug vir die waarheid en die gevolge daarvan. Wat sou die rede wees dat die dames so lank moes wag voordat dit openbaar gemaak moes word. Hoop maar die waarheid seevier, skuldig of onskuldig.

Maria ·

Ek was 8 jaar oud toe ek gemolesteer was. Ek het dit heeltemal uitgeblok in my tienerjare en later “onder druk”. Op 35 it all came screaming back as gevolg van n vriendin wat by my gebieg het dat sy gemolesteer was en sy moet net met iemand praat! So moes ek toe my eie demons begin veg en deur dit werk, nogsteeds besig. Ek probeer maar net n rede gee hoekom die dames dalk so lank gewag het. Ek stem saam met Hevw, hoop die waarheid seevier, skuldig of onskuldig.

Tammy ·

Bert Bam is n ster, n superster, baie dankie dat daar iemand is wat die situasie verstaan. Dit is baie hartseer en baie bitterheid gaan gepaard met die voorvalle. My hart gaan uit na almal wat so verneder en beledig word deur hul medemens. Ek sou dink dat afhangende van hoe sensitief die persoon is, dit nie moontlik is om dit in n hele leeftyd te verwerk nie. Bowenal een van die dames is nog deur haar ouers ook die rug gekeer. Baie baie hartseer! Wonder of iemand dink aan al die emosies wat sy arme vrou beleef? Hoop sy doen wat reg is na hierdie episode want sy het ook nie die vernedering nodig nie!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.