Bobbejaan maak amok op snelweg

Argieffoto: a-z-animals.com

Argieffoto: a-z-animals.com

ʼn Motoris is Dinsdag beseer toe ʼn bobbejaan op die N4-snelweg in Nelspruit rondgeloop en ʼn botsing veroorsaak het.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê ʼn motor en ʼn bakkie was omstreeks 09:20 naby die Mara-afrit in ʼn botsing betrokke.

“Die bestuurder van die bakkie het na bewering vir die bobbejaan uitgeswaai wat op die snelweg rondgeloop het en in die proses die motor getref,” het Mathe gesê.

Volgens Mathe het die bestuurder van die bakkie slegs geringe beserings opgedoen en is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir behandeling en waarneming. Niemand in die motor is beseer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Weskaper ·

Net weer ‘n bewys moenie vir klein diere uitswaai nie, ‘n rukkie gelede het ‘n jongman hier vir ‘n dassie uitgeswaai en sy kar omgegooi. Klink verkeerd maar ry liewers bo-oor voordat jy ‘n ongeluk maak.

Grikia ·

Mens draai instinktief uit as daar skielik iets voor jou in die pad verskyn.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.