Bobbejaan van kant gemaak ná vlaag strooptogte

Foto ter illustrasie. (Argieffoto)

ʼn Bobbejaanmannetjie van Smitswinkelbaai in Kaapstad is Donderdag van kant gemaak nadat hy glo herhaaldelik huise in die Murdoch Valley-omgewing geteister het.

Volgens die Stad Kaapstad het die bobbejaan tussen Oktober verlede jaar en Februarie meer as 40 keer huise binnegegaan en geplunder. Net in Februarie het hy meer as 10 strooptogte gelei waar inwoners van die huise steeds tuis was.

“ʼn Groep vroulike en jong bobbejane uit die Smitswinkelbaai-trop het die afgelope paar weke die mannetjie na die stedelike gebiede gevolg. Hierdie gedrag het die hele groep in gevaar gestel,” lui die Stad Kaapstad se verklaring.

Die bobbejaanmannetjie het in Desember 2018 sy geboortetrop in Plateau-weg in Kaappunt verlaat en kort daarna by die Smitswinkelbaai-trop ingeskakel.

Die Stad Kaapstad meen inwoners van Smitswinkelbaai het alles in hul vermoë gedoen om die bobbejane te ontmoedig om hul huise te plunder. Inwoners het hul asblikke met beskermende houers bedek sodat bobbejane dit nie kan oopmaak nie en daar is ook spesifiek aandag gegee aan die vermindering van moontlike trekpleisters soos afvalkos by restaurante en die plaaslike boot- en ski-klub.

“Die inwoners se inisiatiewe het ongelukkig nie die aanhoudende strooptogte afgeweer nie.”

Bobbejaanwagters het ook bykomende hulpbronne toegewys om die bobbejaanmannetjie uit die omgewing te hou, maar dit was onsuksesvol.

CapeNature en SANParke het glo ter wille van die veiligheid van die Smitswinkelbaai-troppe en die van die plaaslike inwoners aanbeveel dat die mannetjie van kant gemaak word. Volgens die organisasies het hy die gevaar geloop om uiteindelik op ʼn wrede wyse doodgemaak te word.

CapeNature het die permit uitgereik waarna ʼn onafhanklike veearts gehelp het met die prosedure.

“Die algemene welstand van die Smitswinkelbaai-trop sal mettertyd herstel en weer verbeter namate die groep wat die bobbejaanmannetjie gevolg het, terugkeer na hul natuurlike habitat.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Petrus ·

Ek het ‘n foto van ‘n vriendin se Kombuis in Pringlebaai na Bobjaan se kind klaar was met dit. Die plek was verwoes, dis nie grappies nie! As dit met “groen tannies” gebeur, sal hulle ‘n ander deuntjie sing.

Roedolf Johannes ·

Dankie tog Sanparke het nie gewag tot die bobbejaan eers mense aangeval het nie

Chantel ·

Ek is net bly dat hy nie op ‘n wreede manier van gemaak is nie. Ja hyt geplunder maar dit bly nogsteeds ‘n dier.

Keith ·

Monkeys and Baboons, similar problem. Feed them once, then it is game on, a game which you cannot win. I can’t understand people who don’t seem to understand this. Years ago in some KZN towns they had to exterminate whole troops after they killed family pets and attacked family members. People who feel sorry for marauding monkeys or baboons have obviously never been attacked by them.

Boeing ·

Wat is nuut in Suid Afrika? Gelukkig is daar darem met die een gehandel volgens sy dade

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.