Die gewilde sanger en The Voice-beoordelaar, Bobby van Jaarsveld, is Woensdag in die hospitaal opgeneem vir ʼn operasie.
Ingrid Engelbrecht, M-Net woordvoerder, het aan Maroela Media bevestig dat Bobby ʼn geringe operasie moet ondergaan. “Die operasie is glad nie ernstig nie, maar ek kan bevestig dat hy opgeneem is vir ʼn operasie aan sy stembande. Die operasie is om skade aan sy stembande te herstel,” het sy gesê.
Bobby het Woensdagoggend ʼn foto op Twitter gedeel met die byskrif: “Gereed vir my operasie. My vrou gaan nie my sy verlaat nie. Oor drie weke is ons weer hier om ons derde kind te ontmoet.”
Engelbrecht sê die sanger, wat onlangs ʼn Engelse liedjie en musiekvideo uitgereik het, het al ʼn geruime tyd ʼn vokale rusperiode. “Hy het geen vertonings gehad die afgelope tyd nie, omdat hy sy stembande moes laat rus.”
Sy sê dit sal egter nie sy rol op The Voice beïnvloed nie, aangesien die blinde oudisies vooraf opgeneem is. “The Voice sal van April vanjaar lewendig opgeneem word vir die optredes ná die blinde oudisies.”
Engelbrecht sê Bobby sal na verwagting nog vandeesweek uit die hospitaal ontslaan word.
Intussen het Ronél Brink, Bobby bestuurder en ma, aan Maroela Media bevestig dat hy in die hospitaal opgeneem is. “Ek wag egter eers vir Bobby om kommentaar te lewer en te besluit oor die saak voordat ek verder kommentaar lewer.”
Ag ou Bobby… so jammer om te hoor”’ maar jy moet asb vinnig herstel”’ en jou stem ten volle terug kry…. Sal nie sonder jou musiek kan lewe”’ Jy is n sanger duisend”’ en ja oor 3 weke… nog n pienk voetjie… Word gou beter… rus genoeg sodat jy weer uit volle bors kan sing… STERKTE
Sterkte Bobby en sing sing en baie geluk met julle pienk voetjies,wat oppad is.
sterkte Bobby word gou gesond ons (mamma) wag vir jou
Ag siestog en dit is nou nuuswaardig.
Ag tog! Hoe bedremmeld is die sognaamde Afrikaanse “celebs” – elke keer as een van hulle nies, gee hulle die res van SA verkoue! Wie wil nou regtig geweet het dat Bobby in die hospital is vir ‘n operasie aan sy stembande?
Kyk die volgende bekende afrikaanse tydskrif. Sekere mense moet mos alles daarin plaas. Ek hoop maroela media plaas nou weer my indrukke.
Ai tog, wat is nou kwansuis met sy stembande verkeerd. Een van die dae dagvaar hy seker die Dr wat die operasie gedoen het vir miljoene omdat dit kwansuis “onsuksesvol” was.
Sterkte –
Hoe gaan dit met sy sussie?
Sterkte. As jul nie iets goeds te se het nie. Hou verby
Wie lê daar agter en slaap?!
Eish Bobby, is jy seker dit is vir jou stem! Moenie dat die mes te laag gly nie hoor! Sterkte.
Hoop nie hulle maak jou `n sopraan nie…lol
Selfs as sopraan sal hy beter sing.
Jelously makes you nasty !
Ai tog, na ek al die kommentaar / kritiek gelees het, besef ek weereens waarom ons land in sulke choas verkeer. Dis waar die rasse (mense) haat, rassisme, tweestryd, moorde en alles wat sleg is vandaan kom. Waarom sulke lelike goed kwytraak. As mens nie iets goeds / positief kan kwytraak nie, is dit beter om stil te bly. Ek glo nie hy kraak ander af nie.
Sterkte Bobby, hoop jy is gou beter en dat als goed afgeloop het. Jy bly pragtig en sing mooi.
Meisie, ek stem saam met jou. Sterkte Bobby.
Stem saam Meisie!!Sterkte Bobby
Altyd netjies. Altyd sag op die oor. Sterkte en word gou gesond.
Ag, hoe jammer kry ek julle! Dis hoekom ons land so lyk soos dit lyk?
Ons eens Christenland, het verander na Goddelose land. Gaan kyk wat in die tronke aangaan? Daar kan julle die werklikheid sien. Al die ellende, spyt, trane. Maar dis bietjie laat, jy moet jou vonnis uitdien. So sal dit gaan met die mense wat Jesus nie WIL volg nie. Dis jou keuse, neem Jesus aan, of besluit daarteen en dra dan die gevolge.