Bobby, Karlien se ma ná 23 dae uit hospitaal ontslaan

Ronel Brink en haar seun, Bobby van Jaarsveld, toe sy nog in die hospitaal was. Sy is onlangs ontslaan. (Foto: Instagram/Bobby van Jaarsveld)

Ronel Brink, ma van die sangers Bobby en Karlien van Jaarsveld, is vandeesweek uit ʼn hospitaal in KwaZulu-Natal ontslaan.

Brink het 23 dae lank in die hospitaal om haar lewe teen Covid-19 geveg, waarvan sy 12 dae in die hoësorgeenheid was.

Bobby het Donderdag ʼn hartroerende video van ʼn snikkende Ronel wat in ʼn rolstoel by die hospitaal uitgestoot word op sosiale media gedeel.

Sy drie kinders, Sion, Leben en Armani, het hulle ouma ingewag en toegejuig saam met Bobby se vrou, Annatjie.

Bobby het in sy inskrywing gesê sy ma is “die sterkste vrou wat ek ken”. “Ek het altyd geweet sy is sterk. My hart en gebede gaan uit na elkeen wat iemand verloor het in hierdie moeilike tyd. Alle eer aan God.”

Brink het Woensdag op Instagram geskryf: “Die pad was rof die afgelope 3-4 weke. God weet alleen. Ek dank my Skepper God vir die grootste geskenk ooit. Die lewe. Hierdie oomblik. Die nou. Die hier. Want dis al wat ons het.

“Dankie, my Here en my God. Ek eer U.”

Posted by Bobby Van Jaarsveld on Thursday, August 12, 2021

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Blomme ·

Wonderlik… Hoop sy sterk mooi aan by die huis. God is goed!

Terisa ·

O mighty God.. My God is wonderlik.. Niks is onmoontlik vir my Hemelse Vader nie,glo en vertrou net in Hom❤️

Aai ·

Baie geluk.Bobby hoe kry jy dit reg om in hospitaal te wees dit is teen die C19 regulasies?

Elinette ·

En ek wonder ook oor die kinders wat nie een maskers dra nie …

Marius Gerhardus ·

Hukom so ophef maak? Baie mense word gesond baie mense sterf en niks word van hulle geplaas nie? Is almal nie ewe belangrik vir ons God nie?

Fritz ·

Halloooooo mense! Moet tog net nie van ons vergeet nie. Ons is tog soooooo belangrik (in ons eie ogies).

Angelique ·

Goeie genade Maar hier is n paar katterige mense Skaam julle As jy nie van bekendes hou nie Moet dan nie die berig lees nie Hulle is doodgewone mense wat dieselfde voel oor hul liefmense as jy Get a life

Marina ·

Ons beskerm ons pasiente teen blootstelling op sosiale media twv goedkoop bemarking en selfbelang van buite partye. Gee haar kans om in privaatheid die trauma van Covid 19 pneumonie en hospitaal/ICU isolasie te oorkom. Dit is swak smaak. Hierdie plasing op sosiale media deur die sanger is ondeurdag.

Theo ·

Prys die Heer en laat ons bid vir al die ander wat nog siek is. Jammer die kinders en Vroutjie het nie maskers gedra nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.