Bobby trap ook by Argus-fietstoer

Bobby van Jaarsveld by die Cape Argus. Foto: Twitter

Bobby van Jaarsveld by die Cape Argus. Foto: Twitter

Vanjaar se Cape Argus Pick ‘n Pay Momentum-fietstoer het Sondag om 06:15 in Kaapstad weggespring. Vanjaar gaan nagenoeg 35 000 fietsryers die 109km-roete deur Kaapstad aanpak en die 40km/h suidooster-rukwinde aandurf. Die toer is die grootste vastetyd-fietswedren in die wêreld.

Dave Bellairs, ʼn direkteur van die toer, beskryf die geleentheid ook as ʼn betekenisvolle bydrae tot liefdadigheid. “Meer as 7 000 fietsryers ry vir liefdadigheid en ons skat dat meer as R20 miljoen vir verskillende welsynsorganisasies ingesamel kan word,” het Bellairs gesê.

Die eerste groep fietsryers word omstreeks 09:00 by die eindstreep verwag.

Die Afrikaanse sanger Bobby van Jaarsveld is onder die deelnemers. Hy het op Twitter geskryf: “Kyk wie is reg om 109km te ry in die Argus! Amper!!!! Bid maar vir my asb.”

Die weervoorspelling

Die weervoorspelling

argus roete

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Danielle ·

Sterkte aan elke deelnemer. Bobby, ek hou styf duim vas vir jou, jy lyk goed, doen net jou beste, jy is steeds ‘n wenner.

Slim Daan ·

Ou naamgenoot. In n vorige skrywe het ek verwys na die tipe fietsryer wat meer daarop gemik is om na sy eie kuite ( as voor in die pad ) te kyk.
Hierdie Glen ( van Barbie Doll faam ) is die epitoom van daai lot.

PS
Sien jy die mamma in die agtergrond met die haardroer ? Nou ja……pappa moet immers goed vertoon – of hoe ? ( Check hoe pomp hy daai regter ” muscle “….ek se ! )

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.