Bobby van Jaarsveld nie vanjaar op Afrikaans is Groot-verhoog

Bobby van Jaarsveld in die hospitaal ná ‘n operasie aan sy stembande (Foto: Twitter)

Bobby van Jaarsveld gaan nie meer optree in vanjaar se Afrikaans is Groot-konserte nie.

Dié gewilde Afrikaanse sanger het die nuus Saterdag op Facebook aangekondig.

“Ek moet iets met julle deel wat ek werklik gehoop het nie nodig sou wees nie. Ek is reeds vir ʼn paar maande op stemrus en het bly hoop en glo dat ek teen hierdie tyd gereed sou wees om op die Afrikaans is Groot-verhoog te kan wees in November,” het hy geskryf.

“Ek is nog nie 100% reg nie en daarom het ek geen ander keuse as om vanjaar AiG mis te loop nie. Dit is onsettend hartseer vir my, juis omdat ek by elke jaar betrokke was, maar ek glo werklik dat my ondersteuners sal verstaan.”

Van Jaarsveld het die afgelope jare verskeie operasies aan sy stembande ondergaan nadat hy in 2016 poliepe op sy stembande laat verwyder het.

Van Jaarsveld sê op Facebook hy is geweldig dankbaar vir die volgehoue steun en onderskraging van die AiG-vervaardigers en sien werklik uit om terug te wees in 2020.

“Geniet elke oomblik van die konserte. Wie weet? Dalk sit ek nog langs jou by een van die konserte.”

Talle aanhangers het hul teleurstelling uitgespreek en gesê hulle hoop hy herstel vinnig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Marianne ·

Gesondheid voor gewildheid. Bobby jy het die regte besluit gemaak. Jou goue stem sal gemis word, mis jou eerder een konsert as permanent. Sterkte ou maat, spoedige herstel.

J ·

Hy en sy sussie kan maar groot asb van die aard bol af verdwyn.

Dawn Slabbert ·

Bobby, Mag die Gees van God se Hand jou lei tot volume beterskap. Baie Blessings & Sterkte vir jou gesin in jou gesondword proses. God se Genade is Elke Dag Groot.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.