Boef boet met lewe ná rooftog

Die bakkie is later aan die brand gevind. (Foto: Verskaf)

ʼn Verdagte is Donderdagoggend buite ʼn winkelsentrum in Westville, Durban, doodgeskiet nadat ʼn skietgeveg tussen die polisie en twee rowers uitgebreek het.

Volgens kol. Thembeka Mbela, die KwaZulu-Natalse polisiewoordvoerder, het twee mans ʼn sakeonderneming in die Village Market-winkelsentrum probeer beroof en ʼn onbekende bedrag geld gebuit. Die gewapende rowers het hulle egter by die ingang van die sentrum teen polisielede vasgeloop.

In video’s wat intussen soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei het, kan die skietery tussen die polisie en die rowers gesien word. In die video kan gesien word hoe ʼn polisieman moet koes vir die koeëls wat deur die lug trek en die polisielid net-net mis.

In nóg ʼn video kan gesien word hoe ʼn ander polisieman in die skietery gewond word. Maroela Media kon nie bevestig of die polisieman nog leef nie.

Een van die polisiemanne het ʼn rower noodlottig gewond toe hy by ʼn wit Toyota Hilux-bakkie, wat vermoedelik die rowers se wegkomkar was, probeer inklim het.

Daar kan gesien word hoe die bakkie van die toneel af wegjaag. Foto’s op sosiale media wys ook hoe dieselfde bakkie, wat vermoedelik aan die rowers behoort, in ʼn veld staan en brand.

ʼn Saak van roof is by die Westville-polisiekantoor aanhangig gemaak. Die polisie is besig met ʼn geregtelike doodsondersoek.

Volgens Mbela is ʼn soektog na die ander verdagte tans aan die gang.

Die polisie het intussen gevra dat mense liefs van die winkelsentrum en die toneel wegbly, omdat dit die ondersoek kan belemmer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Jim ·

Mooi gedoen SAPS. Kom ons bid die polisieman wat raakgeskiet is, is OK.

Leon ·

So interessant dat in KZN is die einde soos hierbo, SAP het hul werk goed gedoen, maar in Gauteng of elders, het die boewe weggekom, en word die saak ondersoek?
Laat mens maar net wonder.

Wat? ·

Kan jy onthou toe ‘n boef dood geskiet was buite die Multichoice gebou in Randburg so rukkie gelede? (Randburg is in Johannesburg en Johannesburg is in Gauteng terloops jy dit nie geweet het nie.)

Los die klip gooiery vir betoogers.

Hats off to the boys in blue!

Marius ·

Bring die R1 terug hy was nog altyd goed vir SA.Vat ‘n AK aan met ‘n R1 nie 9mm

Sakkie ·

Dit lyk my ons is in die Wilde Weste soos dit aangaan met al die moord en rooftogte. Dis veiliger om by die huis weg te kruip.

AW ·

That SAPS member that was recorded via cell phone recording, engaging armed criminals in that Armed Robbery Shoot Out, Must be Awarded the SAPS: Commendation Medal for Bravery !!

It is not Every day that the Public Witness Such Exceptional Bravery !!

If That recording in itself Does not Confirm that there are Still Loyal and Service Oriented Police members, that are More than Willing to Sacrifice their Lives for their Communities, Then I Do Not Know, What Will !?

“evil Must Never Be Allowed To Triumph Over Good.”

“I Know we Live in a Fallen World,
BUT Just Because I Breath Corrupt Air,
Rub elbows with Corrupt Men,
NEVER, Make The Mistake Of Thinking
That I am Corruptible!!”
– Live by Night

Pieter ·

Stem werner die SAP moet se as ons kan help sal dit enige tyd doen

Michael P ·

En dit lyk vir my die ANC is heel in hul skik met al die gebeure. of hoe?

Andre Stander ·

Ek is seker Cele het een of ander verdwaalde klitskwyt lee “”drygement”” wat hy vir die rowers sal gee via die media.

Een van daardie stellings wat mens kliphard laat lag. Selfs jare later wanneer die misdaad vergete is, die dossier al gesluit, en die oortreders steeds op vrye voet.

Hanlie ·

Sakkie, dis ook nie eers meer veilig om in jou huis weg te kruip nie. Goed gedoen SAP.

DsFe ·

So my mag nou ‘n rower skiet wat besig is om weg te hardloop.

Poot ·

@Marius
Die R1 is myns siens die beste aanvalsgeweer. Maar nie in stedelike terreur nie. Te groot en lomp as mens uit n voertuig moet werk. Die R5 is vir SAPS baie geskik. Die R1 was ñ fantastiese wapen toe ons nog grensdiens gedoen het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.