Boef tydens braai doodgeskiet

Die foto is digitaal gemanipuleer.

Die verdagte wat geskiet is. Die foto is digitaal gemanipuleer.

ʼn Vermeende rower is Vrydagaand by ʼn huis in Johannesburg doodgeskiet nadat hy glo ʼn familie tydens ʼn braai met ʼn speelgoedgeweer wou probeer beroof.

Konst. Mpho Mashakane, polisiewoordvoerder, het Dinsdag aan Maroela Media gesê die familie was omstreeks 18:50 by ʼn huis in Kensington besig om te braai toe vier verdagtes toegang tot die perseel gekry het deur oor die grensmuur te spring.

“Die persoon wat eerste oor die muur gespring het, het op ʼn familielid geskreeu om sy hande in die lug te hou, anders skiet hy hom,” het Mashakane gesê.

“Die 28-jarige huiseienaar was besig om drankies te skink. Hy het sy vuurwapen in die huis gaan haal en op die groep geskiet.”

Die speelgoedgeweer wat  op die toneel gevind is.

Die speelgoedgeweer wat op die toneel gevind is.

Drie van die vier verdagtes het terug na die muur gehardloop, oorgespring en gevlug sonder om iets te buit. Die ander verdagte is later deur paramedici op die toneel dood verklaar.

“Die polisie het met hul aankoms ʼn speelgoedgeweer op die toneel gevind wat glo deur die verdagtes tydens die roofpoging gebruik is.”

Mashakane het gesê die Jeppe-polisie het later ʼn gewonde man ʼn paar blokke verder aangekeer wat beweer dat hy deur ʼn groep mans langs die Rhodes-park geskiet en beroof is. “Ondersoek word nog ingestel om vas te stel of hy met die groep verbind kan word en of dieselfde verdagtes by dié beweerde voorval betrokke was.”

Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Z bc ·

Ai……..en nou gaan die arme huiseienaar een of ander stadium verantwoordelik gehou word vir die boef se dood, net omdat hy sy familie wou beskerm………..waar is die geregtigheid daarin?

Adri ·

Die speelgoedwapen op die foto lyk nie soos ‘n geweer nie, meer soos ‘n pistool.

Winston ·

Puik! Knap gedaan. Dit behoort daagliks te gebeur wanneer rowers toeslaan op onskuldige slagoffers. Beskuldigde het meer regte as klaers. Glo nie hy kan vervolg word nie. Gebruik Oscar saak met n verskil.

Christo Visagie ·

Skote Pretoors, dit is al manier wat ons ons self kan laat geld.

Dee ·

Wat laat jou sulke voorspellings maak, Z bc? En Phillip Bruwer, daardie is ‘n (speelgoed) pistool en nie geweer nie.

Lee ·

Dis puik!! Net jammer nie meer is dood nie. Hulle het ‘n damn cheek!! Beste om reg in eie hande te neem. Die Polisie is so useless ons doen dit eerder self. Wys my watter man of vrou gaan nie hulle familie beskerm nie! Goeie storie!

Piet Skiet ·

Nota aan self. Gaan koop die naweek by die vlooimark ‘n paar plastic geweertjies net ingeval jy dalk ‘n ‘verdagte’ erens moet uithaal en nie die nodige ‘verskoning’ het nie.

ELSA ·

STERKTE WAT VOOR LE….STEM JY HET REG OP GETREE – HUL HET OORTREE
EN AS DIT N REGTE WAPEN WAS…..WAS JUL!!!! NOU ALMAL DOOD

SNEL ·

Lyk my ek het nou vir Pixie se sêgoed en die grappie gemis, maar ek dink tog my oog het hom gister gevang en hy was goed, maar nou ja, lyk my almal kan nie sê wat hulle voel en dink nie, al stem van ons soms saam. In die land is die eerlike ou en die onskuldige ou mos altyd die een wat aan die kortste ent is. Ek is net bly dat daar so baie inbrekers was, wat die laaste tyd bietjie van hulle eie medisyne gekry het.

Werner Pieterse ·

Ag man. Nou dit is nou vir my ‘n mooi storietjie die. Ek was op die 1st Januarie 2012 ook by ‘n braai oorval deur rowers. Natuurlik die hele huis leeg gedra en ons vas gemaak. Well done. Jy is my hero.

marieta ·

Vriendin en Kinders ook oorval gewees in Centurion, Waneer mens minse verwag!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.