Boek onthul hoe Graca Machel verneder is

Zelda la Grange en Nelson Mandela Foto: Mail&Guardian

Zelda la Grange en Nelson Mandela Foto: Mail&Guardian

Zelda la Grange, wat 19 jaar lank oudpresident Nelson Mandela se assistent was, se memoirs word eersdaags bekend gestel waarin glo onthul word dat Mandela se vrou, Graca Machel, verneder was in Mandela se laaste dae en tydens sy begrafnis  te midde van ʼn magstryd tussen familielede, berig die Sunday Times.

“Ma (Machel) was seergemaak en emosioneel gebrutaliseer,” vertel La Grange in haar boek.

Sy  vertel van meer as een geval waar Machel saam met nabye vriende van Mandela agterweë gelaat is te midde van ʼn magstryd tussen familielede.

“Ek weet van geen lewende persoon wat met die hoeveelheid disrespek hanteer is wat mense teenoor Machel betoon het nie,” aldus La Grange.

Verder word daar onthul dat Machel akkreditasie vir Mandela se begrafnis moes kry. Sy is slegs vyf sitplekke (een vir haarself) toegeken. La Grange vertel ook toe Mandela te siek was om te praat, sy familie vreemdelinge by hom toegelaat het, maar nie van sy nabye vriende nie.

Makaziwe Mandela, dogter van Nelson Mandela, het aan die koerant gesê as La Grange nie die uitlatings kan staaf nie, kan sy gedagvaar word.

Volgens La Grange is daar nie een reël in haar boek wat betwis kan word nie.

–         Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Erich Goosen ·

Ek het gewonder wanneer gaan Zelda haar memoirs te boek stel. Dit verbaas my min dat Madiba se nasate soos ‘n spul aasvoëls optree. Hulle het al hul ware kleure gewys terwyl Madiba nog geleef het. Sy kleinseun was die belhamel. Het Zelda nie ‘n verjongingskuur ondergaan nie. Sy was maar altyd bietjie valerig.

EMK ·

Tipies van die vraatsugtige spul aasvoëlfamilie van Madiba. Hoe HET hul nie al oor sy geld baklei nog voor hy dood is nie. Nou dink hulle weer hul kan ‘n “quick buck” maak deur Me Le Grange (wat 100000 x meer in haar lewe vir Madiba gedoen en beteken het as enige van sy sleg, lui familie)te probeer hof toe vat. Zelda lyk so goed want sy het gewig verloor en sy is ‘n gelukkige mens en daarom wys dit in haar voorkoms.

Canned Phantom ·

Interessant dat hy ‘n blanke dame verkies het om na hom en sy dinge om te sien. Geen rassisme bedoel nie, net ‘n observasie. Was sy eie mense dan nie betroubaar genoeg nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.