Boek oor SA se ‘gevaarlikste politikus’ maak steeds opslae

Die joernalis en skrywer Pieter-Louis Myburgh. (Foto: Facebook)

ʼn Herrie woed steeds ná die bekendstelling van die ondersoekende joernalis Pieter-Louis Myburgh se boek Gangster State: Unravelling Ace Magashule’s Web of Capture die naweek. In die boek skryf Myburgh daar is invloedryke magte in die regerende party wat alles kan verloor as korrupsie en staatskaping aan die kaak gestel word.

Myburgh skryf Ace Magashule is die man aan die voorpunt van pogings om dít te keer. Hy beskryf Magashule as Suid-Afrika se “gevaarlikste politikus”. Myburgh skryf in die boek daar is in Vrystaatse politieke kringe dikwels na Magashule as “Mr Ten Percent” verwys, glo omdat hy 10% van elke regeringskontrak in die provinsie geëis het. Hy het glo ʼn oog gehou op alle groot en mediumgrootte betalings wat munisipaliteite en provinsiale departemente gedoen het.

“Hy het presies geweet wanneer die meeste groot maatskappye geld by sy regering moes kry en hy sou baie vinnig sy gedeelte eis sodra ʼn betaling gedoen is,” skryf Myburgh.

Die boek delf dieper in Magashule se beweerde duistere transaksies: van sy tyd as struggle-aktivis in die 1980’s, sy magtige bewind as premier van die Vrystaat vir amper ʼn dekade, tot sy opgang as een van die ANC se invloedrykste politici.

Myburgh het deur massas rekords gewerk, dokumente gefynkam en eksklusiewe onderhoude met bronne gevoer om meer te wete te kom van Magashule se verhouding met die berugte Gupta-familie en ander tendermagnate. Hy het ook ondersoek ingestel na regeringsprojekte van miljarde rande wat Magashule se vriende en familie glo verryk het. Myburgh onthul hoe Magashule glo op die nippertjie was om in hegtenis geneem te word kort voor die Skerpioene in die laat 2000’s ontbind is, asook die maniere wat ingespan is om hom in die Vrystaat aan bewind te hou en die pos van sekretaris-generaal van die ANC te verseker.

In die boek skets Myburgh ook ʼn prentjie van Magashule se transaksies met ʼn sakeman wat in 2017 doodgeskiet is, gegrond op ʼn string uitgelekte e-posse en dokumente. Igo Mpambani is in Sandton doodgeskiet, terwyl hy glo op pad was na Bloemfontein. Die polisie het R1 miljoen in sy Bentley gevind. In die boek verbind Myburgh Magashule onder meer met Mpambani se sogenaamde “asbes-oudit” van R225 miljoen wat in die Vrystaat gedoen is.

Myburgh het vanoggend op Twitter gesê daar is diegene in die ANC wat onder meer sommige hoofstukke oor Mpambani in twyfel trek, omdat die bedrae wat hy in die boek noem byvoorbeeld te groot is om by kitsbanke te onttrek. Hy het egter dokumente op sosiale media geplaas om sy bewerings te bewys.

Die ondersoekende joernalis Pieter-Louis Myburgh maak verskeie aantygings in sy jongste boek oor staatskaping en die sekretaris-generaal van die ANC, Ace Magashule.

Maroela Media het vroeër berig die ANC het die boek en berigte oor Magashule veroordeel en die bewerings as fopnuus beskryf. Die ANC sê die aantygings is tipiese Stratcom-styl. Stratcom was ʼn groep binne die destydse apartheidsregering wie se werk dit was om veldtogte met vals inligting te skep. Dit het propaganda, fopnuus, asook smeerveldtogte teen diegene wat apartheid beveg het, ingesluit.

Myburgh het aan Maroela Media gesê die ANC se reaksie was voorspelbaar en dat die regerende party ʼn gewoonte het om ʼn skrywer of verslaggewer aan te val, eerder as om te reageer op die bewerings wat gemaak word.

“Dit is ʼn yl, teleurstellende reaksie. Die ANC kan rondom korruptes laer trek, maar dit (die boek) is ʼn waardevolle bydrae tot die bestryding van korrupsie,” het hy gesê.

Die boek – waaraan Myburgh ʼn jaar lank gewerk het – se bekendstelling is stilletjies gereël uit vrees dat ʼn hofaansoek moontlik ingedien sou word om die verspreiding daarvan te keer.

Myburgh het gesê talle Suid-Afrikaners is “korrupsievoos” en dat hy tot dusver baie goeie reaksie op die boek ontvang het. “Dis ʼn kwessie wat in groot openbare belang is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

John ·

Ons hoop en bid jy oorleef hierdie een. Snaaks dat die waarheid altyd heftige reaksie uitlok en nie leuens nie. Mens sou dink dit moet net andersom werk.

Nel ·

Want die waarheid maak seer en ontbloot jou gewoonlik vir wie en wat jy is.

Daan Erasmus ·

Niks wat ek en jy wat hier skryf sal iets help nie. DIE ANC lees nie Maroela nie. Al sou hul dit lees. Daai mense se verstand is ingestel om dit as leuens af te maak. Niks sal hulle anders laat dink nie.

Nettie ·

@Daan Erasmus – nog die ANC, nog hul volgers/stemmers het enige verstand, daarom is jou standpunt ongelukkig nie geldig nie. Baie min van hulle kan regtig lees, laat staan nog Afrikaans verstaan of lees, so – ja, om bitsige kommentaar hier te lewer, dien geen doel nie. Dit gaan verlore in die lugleemtes wat veronderstel is om die breins van die ANC en hul volgers/stemmers te wees.

Gogga ·

Ons glo elke woord wat indie boek staan! Jy moet net veilig bly Pieter -Louis, die persoon oor wie jy berig, is BAIE gevaarlik!!

Gogga ·

Ons glo elke woord wat indie boek
staan! Jy moet net veilig bly Pieter -Louis, die persoon oor wie jy berig, is BAIE gevaarlik!!

Ali Swart ·

Wel gedaan!!!! Die ANC is verrot van die diepste wortels op! Dis tyd dat hulle ware kleure gewys word! Dis lankal nie meer demokrasie nie, maar alles oor hulle geldlus !!!!!!!! Dis is baie hartseer om te sien hoe hulle lieg en bedrieg en weerlose mense blootstel aan verhoogde armoede! Is dit werklik SA se droom …… dis tyd dat die ANC gewys word hulle is nie almagtig nie!!!!

PR ·

Dankie tog vir die tydperk dat Mnr. Nelson Mandela president was. Hy het hierdie vrot sweer wat nou ontbloot word, onderdruk. Waar sou ons nou gewees het as die uiterste korrupte geldwolwe vanaf die begin die land regeer het. Hierdie spul het geen waardes, geen respek vir ander (wit en swart). As die massas dit net maar net sal insien.
Ons moet egter objektief ook wees. Die ou apartheids leiers was net so korrup. Hulle was net slimmer om nie uitgevang te word nie!!

Deon ·

PR, Hannes Rahl was minister van vervoer in vroeë 1970s. Hy is tronk toe gestuur vir korrupsie. Hennie van der Walt, ‘n adjunkminister in die laat1970s en NP ster, is ook tronk toe vir korrupsie. Pietie du Plessis, minister van baie portefeuljes, was in die tronk in die mid 1980s. Watter ANC minister is die afgelope 24 jaar tronk toe gestuur?

Oom Charles ·

Manne soos Pieter-Louis en Jacques Pauw is ons land se werklike helde.
Manne met murg en oortuiging.
Heel anders as die sogenaamde ‘struggle-heroes’ (in wese bloot parasitiese fatcats) wat ongesteurd voortgaan om die staatskas te plunder.
Vat vyf, Meneer Myburgh!

Dries du Toit ·

PR nou praat jy die grootste twak. Daardie leiers het SA die vinnigste groeiende land ter wereld gemaak. Die ANC het hom die vinnigste verrotte piesang republiek gemaak. Dink voor jy praat

Se maar net ·

Ek hou glad mie van die aksie korrupsie nie maar ek hou so baie van die woord “korrupsievoos”….

Se maar net ·

Ek hou glad mie van die aksie korrupsie nie maar ek hou so baie van die woord “korrupsievoos”…..

ChrisE ·

Dit is prysenswaardig dat iemand soos mnr Myburgh die addernes oop gekrap het. Ek glo nie enige regdenkende persoon sal sulke informasie openbaar maak alvorens hy hom nie van die waarheid/feite vergewis het nie. Ongelukkig is al die harde werk wat hy gedoen het alles te vergeefs. Daar gaan niks van kom nie. Die houding sal wees, “so what, I am innocent till proven quilty in a court of law”. Ek sien pret en plesier kom die dag wanneer die ANC by die stembus verloor en mag aan die nuwe regering oorgegee moet word.

Thinus ·

Wel gedaan Pieter-Louis….. bravo op jou uitstekende joernalistieke ondersoeke.

Gaaaaaaaaaaap ·

Snaaks as die beskuldigde wit was sou hy ERG tweede gekom het .. kyk maar net na die valse bewerings in die boek oor die seuns van Bird Island wat kamstig gemolesteer is .. ou ACE gaan NIKS oorkom nie, soos Zuma ook niks van sy 70+ klagtes oorgekom het nie.

Dries Moolman ·

Kan iemand nou asseblief so boek oor Malema skryf? Ek is seker hy het al vir genoeg materiaal gesorg om ‘n sappige storie te kan verskaf.

Michael P ·

Dries .Om n boek oor Malema te skryf sal nie baie bladsye nodig wees nie .Sy nonsens en kurupsie is n druppel in die emmer vergelyk met die van die ANC .Die ANC is tans die mees kurupte party in die wereld. As hulle nou n wereld beker moet hou vir die mees kurupte party in wereld glo my die ANC wen goud silver. en brons gelyk

Emma ·

Laat hul sondes uitkom like dit kwaai hier voor stemdag. Hulle het darem ons genoeg beroof

aj ·

Alles is OU NUUS!

Vir die ANC ‘rampokkers’ … wat in daaglikse noue samewerking was met Magashule.

Sy ‘kollegas’ (Cyril Ramaphosa ingesluit) moes breindood wees om vir dekades saam met Magashule te werk en leef, sonder om te besef wat aan die gang is.

Die ANC (rampokker) regering is kollektief aanspreeklik vir die VERRAAD wat hulle gepleeg het teen die burgers van die land.

Die enigste geskikte maatreël om hierdie grootskaalse ‘sameswering’ teen die landsburgers mee te hanteer is ‘n militêre tribunaal.

Elke ‘verdagte’ word gearresteer en bly in aanhouding om te verhoed dat hy/sy landuit vlug, of die geld wegsteek, of die ‘spore’ uitwis.

Daarna kry elkeen een uur voor die tribunaal om sy onskuld te bewys … geen regsverteenwoordigers (-verydelaars) toegelaat.

Lê beslag op alle bates wat onregmatig verkry is.

Minimum 15 jaar tronkstraf op ‘n verafgeleë eiland!

Naomi Berger ·

Waar kan ons die boek as eboek of audioboek verkry asb

Lee ·

Ek hoop nie dis net ‘n April-gekke-grap nie !
Dit wil klink of Magashule vir Zuma kon opgelei het in die kulkunste..

Baie dankie aan manne met moed soos Pieter-Louis, en Jacques Paauw.
ONS (SA) salueer julle.

Ek gaan beslis binnekort die boek koop – as daar nog ‘n paar rante oor is na die petrolverhoging erskomended Woensdag …LOL
Paauw se boek was ook uitstekend !!

Ralph ·

Nou sal ons graag wil weet. Joernaliste wat nou eintlik die werk doen van die Valke, NVG en ontbinde Skerpioene. Dan word dit deur die kriminele ANC afgemaak as vals.

Gerrit ·

Die vraag bly steeds…waarom het ONS ALMAL toegelaat dat hierdié land vir die wolwe gegooi is en waarom laat ons dit steeds toe??

fred ·

Gerrit,jy praat in die verlede tyd,ons laat dit nog altyd toe,vandag,môre, en volgende jare….

Leonie ·

Uitstekende werk. Ons as Suid-Afrikaners dankbaar daar is mense soos jy en Jacques Pauw. Hoop net jy het beskerming, want hierdie waarheid maak seer en Magaschule het reeds al dood aan sy hande. Sterkte en dankie vir jou harde werk.

Jandre Kroeze ·

Mooi so! Slaan die lang grass met n kierrie, om die pofadders te verjaag.

pieter ·

meskien moet die skrywer bietjie kersopsteek by mr savva van Bloemfontein, hy sal dalk ander inligting navore kan bring, ek dink hy was onskuldig tronk toe om ander te beskerm, net wat my gedagte dink.

Anneli ·

PR- regtig- ek is so moeg vir Afrikaners wat beweer die vorige regering was net so korrup soos die huidige bewind wat die land kaal stroop.
Dit is doodgewoon onwaar. Watter eerste minister ( FW uitgesluit, hy het mos sy Griekse vroutjie) van die vorige bedeling het as ‘n ryk man na sy graf gegaan? Watter Afrikaners het deur korrupsie skatryk geword? Jy praat gewoon bog
Ons moet ophou om ons eie nes so te bevuil.

T ·

Stem 100% met jou saam Anneli. Mense is so gebreinspoel dat hulle nou al glo die vorige blanke regering was ook so korrup soos die regering! Dis bloot nie waar nie!! Mense moet wakker word!

Talie ·

Ek stem saam Annelie. Nie een vd vorige regering se mense en hulle families en verlangse families was ooit so ryk nie.

Gatvol ·

Presies Anneli! Laat PR kom met bewyse eerder as wilde bewerings. Swak man!

Dries du Toit ·

Se hom Anneli. Ek kan baie van die vorige politici nie verdra nie. Maar korrup was hulle nie. Met uitsondering hier en daar. Die Hele lot in die A NC is verdag

fred ·

die oomblik as iemand in regerende party blootgestel word aan enige vorm van korrupsie ens.is daar dadelik n reeks ontkennings en verdagmakery van hulle kant af.dan moet jy weet die bewering is die waarheid!!!! en nie lank nie dan kom die waarheid net so uit soos beweer.van nkandla af reg deur SAL DENEL KORREKTIEWE DIENSTE ESKOM.die hele gespuis VROT AF!!!

Henry ·

As hulle so korrup en skelm is met die land se geld wie sê nie hulle het al klaar die IEC gekaap nie. Julle wat wag vir stemdag hulle gaan vir julle lag want hulle het klaar die verkiesing gewen. Geen eerlikheid in die land meer oor nie. Die stemme is al klaar getel. Word wakker mense

MW ·

Net die naam laat jou wonder, “Ace” ? Kon Jacques se boek nie neersit nie, sal nie omgee om hierdie boek ook onder oë te kry nie. As dit nie vir hierdie joernaliste is nie sou al hierdie verborge agendas nou nog nie ontbloot gewees het nie. Wat ‘n mafia!

Gert van Wierdapark ·

Ek is seker die Joker met die bynaam Ace is ook ‘n Bo-Sassa kaartdraer!

Dereck Le Roux ·

Indien Magashule op die punt was om destyds deur die Skerpioene in hegtenis geneem te word dan moet sy kriminele leer mos iewers in die argiewe van die polisie en die NVG le en stof vergaar of was hy een van die wat die beskerming van die Zuma regering se beskermingsengele Mcobo Jiba en Lawrence Mrwebi geniet het en wie weet dalk nog steeds geniet deur die gekaapte “regstelsel en die gekaapte polisie”.

Tino ·

Hoe gouer ons klip bodem tref hoe gouer kan ons red en herbou. Hierdie tou trekkery wat tans plaasvind rek die proses uit

Buite Stander ·

Tino, dit sal bykans ontmoontlik wees om die land weer op te bou tot sy vorige glorie, want daar sal nie geld wees nie. Ons sal eers ons skuld moet afbetaal teen enorme rentekoerse voordat nuwe lenings toegestaan sal word, want dit gaan baie jare neem om weer investeringstatus te bereik. ‘n Burgeroorlog sal waarskynlik uitbreek en dan is ons net nog ‘n mislukte Afrikaland. Die mense met kennis wat die infrastruktuur kan opbou sal die land ook verlaat soos die geval in die res van Afrika.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.