Boek sal nie onttrek word nie, verseker uitgewer

Omslag van The President’s Keepers (NB Uitgewers)

NB Uitgewers het Maandag ʼn prokureursbrief aan die Staatsveiligheidsagentskap (SVA) gestuur om te bevestig dat die maatskappy nie Jacques Pauw se nuwe boek, The President’s Keepers, sal onttrek nie.

Die brief, wat ook op NB Uitgewers se Twitter-blad gepubliseer is, is in reaksie op die SVA wat ʼn kennisgewing aan die uitgewers gestuur het om te sê die boek is “vol feitefoute” en bedreig glo nasionale veiligheid.

NB Uitgewers ontken die SVA se bewerings.

“Ons kliënte hou vol dat die inligting in die boek waar is en ongetwyfeld van openbare belang is,” lui die brief van Willem de Klerk-prokureurs. “Die publikasie van die boek, insluitend dele wat na die Staatsveiligheidsagentskap verwys, is geregverdig en wettig kragtens ons kliënt se grondwetlike reg tot vryheid van uitdrukking.” Volgens die dokument sal die uitgewers nie die boek onttrek nie, en geen wysigings sal in die boek gemaak word nie.

NB Uitgewers voer aan die boek is al langer as ʼn week elektronies beskikbaar en dat inligting wat in die boek vervat is, reeds wyd deur Suid-Afrikaanse en internasionale media gepubliseer is.

Sommige van die bewerings in die boek sluit in dat pres. Jacob Zuma tydens die eerste paar maande van sy presidentskap ʼn salaristrekker was by Royal Security en ʼn maandelikse salaris van R1 miljoen ontvang het. Hy het na bewering ook versuim om belastingopgawes tydens die eerste paar jaar, in sy amp as president, in te dien.

Die SVA het die uitgewers kans gegun tot Dinsdag om die boek te onttrek, of gedreig dat hulle regstappe sal neem.

Brian Dube, woordvoerder van die SVA, het aan die African News Agency (ANA) gesê hulle sal die brief oorweeg en die SVA sal daarna besluit op die volgende stap.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Johann ·

En saam met dit looi die vorige OB vir Zuma tussen die oë oor sy nuutste truuk om homself te laat uitsluit oor ‘n staatskaping ondersoek! So skelm hy gly teen n opdraande uit!

jaco ·

Uitgewer moet oppas: hy word binnekort uitgekryt as maar net deel van wit rassistiese monopoliekapitaal en die staat maak hom vinnig toe.

Johanna Botha ·

Die boek is geweldig insiggewend em moet net gelees word …trouens die boek MOET vertaal word in elke amptelike taal …NOU! …die onthulings moet net uit !

cc ·

‘n absolute “MOET LEES”!!!!
Niks in die boek is skokkend nie want dis algemene kennis dat ons regering en sy chronies absoluut korrup is tot op die been!
Verskaf heerlike leesgenot .
JZ ….hopelik sien jou voters jou nou vir wat jy en jou party staan!!

kat ·

Dit is omdat hulle skuldig is dat die lot die boek wil onttrek!!
Ek sal ook graag dat so ‘n boek geskryf moet word oor die universiteite en skole van SA. Dit kan ook ‘n groot kan wurms oopmaak.

Nicolaas ·

Die DA is bietjie stadig om politieke munt te slaan uit die petalje, hulle kon mos lankal kriminele klagtes gaan lê het teen algar wat in die boek genoem is as stouterds. Is Musi met verlof of wat …

Griet ·

Ek dink nie die DA weet waar om te begin nie, ek sou nie!
Of dalk sit en kyk hulle hoe die pot al warmer word tot die paddas kook………….

Johan. H. ·

Waarheid moet geskied !!! Hoe gouer die lot die Oranje snyers pakkie dra hoe beter vir die hele land.

Callie ·

Die boek bevestig net Afrika is gedoem. As enige een in die ANC landsbelang ondersteun het sou hy nie vir die Zuma ANC kon staan nie. Dit sluit die Rhamaposas en sy volgelinge in. Die ou wat die witman soos paddas wil kook gaan dalk nog erger wees

Eish ·

Vanoggend tydens onderhoud op SABC 2 sê Jaques Pauw hy begin ook doodsdreigemente ontvang. Sterk staan en mag die regslui hul dienste gratis aanbied in die verdienstelike saak van openbare belang.

Van ·

Ek vermoed dis dalk net “scare tactics” sodat die boek onttrek moet word. Wel ons weet nou dat daar meer waarheid is as wat ons vermoed het gaan in die boek wees as dit die uitwerking is.

helga ·

Al onttrek die boek is dit te laat want dit sal nog steeds deur die publiek versprei word!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.