Boekhouer in Kaapstad-hof oor bedrog

Argieffoto

Argieffoto

Charlene Kannemeyer (34) wat glo nagenoeg R1 miljoen van haar werkgewer gesteel het, nadat sy van ontvangsdame na boekhouer bevorder is, het Dinsdag in die hof verskyn.

Kannemeyer het in die gespesialiseerde handelsmisdaadhof in Bellville voor landdros Sabrina Sonnenberg verskyn. Sy staan tereg op 226 aanklagte van bedrog, alternatiewelik diefstal, maar is nie gevra om te pleit nie.

Sy het saam met die werkgewer se drywer, Rasheed Juries (52), in die hof verskyn. Hy staan ook tereg op dieselfde aanklagte en is ook nie gevra om te pleit nie.

Volgens die klagstaat het Kannemeyer as ʼn ontvangsdame by SEP Thermal Solutions BK begin werk en is ná ʼn kortkursus tot boekhouer bevorder. As boekhouer moes sy personeel se salarisse per elektroniese oordrag betaal en materiaal by diensverskaffers aankoop. Sy moes ook geskrewe kwotasies en fakture nagaan en maandelikse betalings aan diensverskaffers betaal. Sy moes ook seker maak dat die belasting aan die SAID oorbetaal word en was ook verantwoordelik vir die liasseerwerk.

Uit die aard van haar pligte het sy toegang gehad tot die maatskappy se bankrekening.

Staatsaanklaer, senior staatsadvokaat Denzyl Combrink, voer aan Kannemeyer en Juries het saam gewerk en hulle het ʼn gemene doel voor oë gehad toe hulle ʼn plan beraam het om bedrieglike elektroniese oordragte uit die maatskappy se bankrekening te maak na hul persoonlike rekeninge.

Die betrokke bedrag is R774 672.

Hulle moet na verwagting op 8 Desember weer in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Genis ·

Genade, sy en ou Juries was omtrent bedrywig. Hulle sal goed vaar met ‘n goewerment joppie.

Petro ·

Al verskil tussen hul en zuma is hul is nou uitgevang en zuma nie !Mense word gedruk om dinge te doen en dit is so ironies dat hul name vanne ouderdomme en werksplek genoem mag word nou word hul gename en shame maar die wetters wat kinders doodmaak en verkrag se identifikasie word weerhou vir die “beskerming van die kind” Tipies suid – afrika.Charlene en Rasheed julle gaan nou 3 lewenslange kry met geen opsie op parool nie as jul dalk moorde gepleeg het sou jul net met 1 jaar weggekom het in die tronk!

Peet Schabort ·

Eers ontvangsdame van mense en toe ‘ontvangsdame’ van geld. Ai tog, dit is nie die geld werd.

pop ·

Doodreg Petro. Moord is beter as diefstal in hierdie land. Behalwe as dit hooggeplaastes is, dan is dit ook aanvaarbaar.

GES ·

Die kortkursus het haar net genoeg geleer om gevaarlik te wees. Skynbaar bestaan daar nie kursusse nie wat mense integriteit leer. Geld was nog nooit die wortel van alle kwaad nie maar gierigheid en die liefde vir geld wel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.