Boekhouer kry huisarres vir bedrog

Argieffoto

Argieffoto

Charlene Kannemeyer (35) wat honderde duisende rande van haar werkgewer gesteel het nadat sy van ontvangsdame na boekhouer bevorder is, is Vrydag tot drie jaar huisarres gevonnis.

Kannemeyer het in die gespesialiseerde handelsmisdaadhof in Bellville in Kaapstad voor landdros Sabrina Sonnenberg verskyn. Sy is ook beveel om die gesteelde geld binne vyf jaar in maandelikse paaiemente van R5 000 terug te betaal as sy tronkstraf wil vryspring.

Sy is gevonnis nadat sy ʼn pleitooreenkoms aangegaan en skuldig gepleit het op 136 aanklagte van bedrog waarby R300 000 betrokke is.

Buiten die huisarres moet Kannemeyer ook gemeenskapsdiens verrig deur skoonmaakwerk by die Belhar-polisiestasie te doen.

Sy is gewaarsku sy mag tydens haar huisarres nie drank of onwettige dwelmmiddels gebruik nie.

Volgens die klagstaat het Kannemeyer as ʼn ontvangsdame by SEP Thermal Solutions BK begin werk en is ná ʼn kort kursus tot boekhouer bevorder. As boekhouer moes sy personeel se salarisse per elektroniese oordrag betaal en materiaal by diensverskaffers aankoop. Sy moes ook geskrewe kwotasies en fakture nagaan en maandelikse betalings aan diensverskaffers doen. Sy moes ook seker maak dat belasting aan die SAID oorbetaal word en was ook verantwoordelik vir liasseerwerk.

Uit die aard van haar pligte het sy toegang gehad tot die maatskappy se bankrekening en het bedrieglike elektroniese oordragte uit die maatskappy se bankrekening na haar persoonlike rekeninge gemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Frederik ·

Hoekom het sy nie gemaak soos Nammawan nie. Pleit onnosel en sê jy het nie bedoel om die geld te steel nie.

Vra net ·

En waar gaan sy die R5000 pm kry om terug te betaal onder huis ares? ??

KWS ·

Onder huisarres mag jy gaan werk en moet jy net n brief inhandig wat jou werksure bepaal. Jy kry 60min by dit vir vervoer. Jy mag selfs kerk toe gaan Sondag en as jy kan bewys jy kry berading of sielkundige hulp of behoort aan n “support group” is jy ook daardie ure vry om te gaan.

Se maar net ·

Ek kan nie help om te wonder waar sy gaan werk kry of wie haar in diens sal neem dat sy die R5000pm kan terug betaal nie. Wat sal sy verdien om dit te kan bekostig?

Justice ·

Hoekom nie tronkstraf nie? Watter boodskap stuur die howe nou vir ons mense.

Joann ·

Sy moet niks gestraf word nie. OnS Zuma kom dan niks oor nie. Lieg net

Veritas ·

Hoe dom kan ‘n mens wees. Jy kry die kans van ‘n leeftyd deur van ontvangsdame tot boekhouer bevorder te word en dan trek jy dit deur jou agterent. Sy moet ‘Quick Slim’ probeer. Dalk begin haar brein dan werk.

Gerhardt ·

Goedkoop koop is duurkoop, kry eerder ‘n regte opgeleide rekenmeester.

chris ·

Hoekom is sy gewaaraku om nie onwettige dwelmiddels te gebruik nie? Is dit andersins of vir ander in orde?

ig ·

Gerhard,dit sou dalk die Maatskappy dalk 3 miljoen gekos het as hulle n opgeleide rekenmeester gehad het.

Asjas ·

Dit wat sy gedoen het is verkeerd maar die besigheid het net soveel skuld. Jy gee nie een persoon soveel mag nie. Ek werk ook by ‘n klein onderneming. En persoon doen die recons, ‘n ander persoon check dit en ‘n derde persoon betaal die geld oor (die eienaar). Ongelukkig kan jy niemand vertrou nie en in die huidige ekonomiese klimaat is die versoeking net te groot vir somige mense.

tamboti ·

Ek ken ook so ‘n vrou wat met mooi gesiggie en baie vriendelikheid (ligte flirtasie) almal om haar pinkie draai, en sy steel by haar werkgewers vir maande voor hul dit uitvind – al is sy nie eers boekhouer nie. Nee wat ‘n skelm (man of vrou) kry maar altyd ‘n skuiwergat.
En dan praat hul nog die werkgewer uit ‘n kriminele saak of laat die saak terugtrek, hulle het niks op hul naam behalwe afhandelikes, geen siviele vergoeding moontlik behalwe ‘n belofte om terug te betaal. Mense moet net leer om werksoekers se geskiedenis mooi na te gaan, en hou hul met valk oog dop!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.