Boekhouer tronk toe ná hy by sorgsentrum steel

hof-hamer

Argieffoto

Johannes Willem Gieselbach (45) is tronkstraf opgelê nadat hy daaraan skuldig bevind is dat hy meer as R2 miljoen van ʼn sorgsentrum vir gestremde kinders en volwassenes gesteel het.

Volgens lt.kol. Philani Nkwalase, woordvoerder van die Valke, is Gieselbach Woensdag in die handelsmisdaadhof in Port Elizabeth tot agt jaar direkte tronkstraf gevonnis.

Gieselbach is in Februarie aan meer as 160 aanklagte van diefstal skuldig bevind. Hy het tussen Mei 2018 en Augustus 2019 nagenoeg R2 miljoen van die Aurora-sorgsentrum gesteel terwyl hy hul boekhouer was.

“Die ondersoek het verskeie onwettige onderhandelinge aan die lig gebring waartydens daar geld in verskeie bankrekeninge inbetaal is,” het Nkwalase gesê.

Gieselbach is ook beveel om meer as R980 000 aan die sentrum terug te betaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Johan ·

Nou wonder ek net. Daar moet amper ‘n miljoen Rand terugbetaal word. Wat van die ander miljoen Rand? Lei Aurora die diefstal skade?

Yvonne ·

Wat n skande …wanneer is genoeg genoeg….is mense nie meer tevrede om n salaris te verdien nie….satan alleen wen

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.