Boekhouer vas na sy glo ouetehuis besteel

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

ʼn 38-jarige vrou is in hegtenis geneem op aanklag dat sy ʼn ouetehuis in Mosselbaai uit ʼn groot bedrag geld bedrieg het.

Kapt. Lloyd Ramovha, woordvoerder van die Valke, het gesê die verdagte is Woensdag deur lede van die Valke in hegtenis geneem.

“Die ouetehuis het in 2011 ʼn onafhanklike oudit van sy boeke laat doen, waarna ongerymdhede aan die lig gekom het. Oor ʼn tydperk van drie jaar het R688 471,90 verdwyn waarvoor nie rekenskap gegee kan word nie.”

Volgens Ramovha het die ouditeurs dadelik vermoed die beskuldigde het die rekord en registers gemanipuleer om die geld te probeer verbloem dat die geld weg is.

Die verdagte sal op 15 Augustus in die Mosselbaai-streekhof verskyn op aanklag van diefstal en bedrog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Annemarie ·

Is ‘n mens se geld nie eers veilig by ‘n ouetehuis nie.

Laat haar suffer ·

Geensimpatie met mense wat bejaardes benadeel nie. Laat haar sit in die tronk vir ewig.

Theresa ·

Arme oumense in die tehuis – wonder waarom die tehuis dit nie vroeër agtergekom het nie? Kon hul begroting klop met dié tipe verlies? Skandalige optrede, maar wil graag vir Laat Haar Suffer hierbo vra waarom tronkstraf vir ewig? Niemand is verkrag of vermoor of vermink nie?
Sy sal sekerlik haar straf kry, maar mens moet tog perspektief behou, of hoe?

Varkie ·

Sy is maar net `n gehoorsame landsburger !!!
Leer by die hoog geplaasde kaders

Cobus ·

Theresa ek wil jou opmerking ondersteun. Dit was ‘n kwaadwillige daad maar daar moet perspektief gehou word

alida ·

Ek stem saam. As hy gesteel het moet jy tronk toe gaan (maar darem nie vir ewig nie) Aan die ander kant as jy 700+ aanklagte soos JZ teen jou het sal die tronkstraf dalkies vir ewig wees. Sal dit nie salig wees om van hom ontslae te wees nie.

Sus ·

Hoekom kan die mensdom tog netnie hulle hande van ander se goed en geld afhou nie??

Regtigwaar ·

Jy is regtig waar baie lelik, misbruik mense se goedheid wat gee vir ouetehuise en steel van ou mense, hoop jy word gewys en sit in die tronk vir dit, sies man!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.