Boelie-video van KZN-skool maak opslae

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

ʼn Video van ʼn meisie in KwaZulu-Natal wat deur ander twee skoliere geklap, gestamp en in die maag geskop word, versprei soos ʼn veldbrand op sosiale media, het The Star Donderdag berig.

Die video, wat skynbaar in ʼn koshuiskamer by die skool verfilm is, is glo in September by die Vukuzakhe High School geneem.

Die meisie word in die video herhaaldelik geklap en gestamp terwyl sy op ʼn bed sit. Sy word dan verskeie kere in die maag geskop terwyl sy op die grond lê en ontken dit waarvan sy beskuldig word.

Een van die boelies vra die meisie: “Wil jy nog my kind wees?”

“Ja,” antwoord sy.

The Star het gesê dit wil voorkom of die meisie aangeval word nadat sy ʼn boelie ignoreer het wat haar geroep het. Volgens die koerant is die twee boelies in graad 11 en die slagoffer in graad 9.

“Die skoliere is met onmiddellike effek geskors nadat die departement van die voorval te wete gekom het,” het Isaac Luthuli, woordvoerder van die departement van onderwys in KwaZulu-Natal, gesê. Hy het gesê ʼn tribunaal is Dinsdag gehou waar aanbevelings gemaak is. “Die skool se beheerliggaam sal Donderdag vergader en die aanbevelings bespreek.”

Maroela Media het die besluit geneem om nie die video te publiseer nie, aangesien dit grafies van aard is en minderjariges in die video te sien is. Die video is hier op Facebook beskikbaar indien jy tog die video wil sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

SNEL ·

Dis vreeslik dat mens sulke boelies kry. Baie bly hulle is geskors, hoop nie hul maak nou daai meisie se lewe hel buitekant die skool nie.

Rika de Klerk ·

Barbare – daar is ‘n spreekwoord wat sê – “Garbage in, garbage out” – hier is ‘n sprekende voorbeeld daarvan – onopgevoed! Ongelukkig is dit ‘n tendens wat in al hoe meer skole plaasvind en dit is in baie opsigte maar die voorbeeld wat in die ouerhuis nagevolg word – deesdae gaan dit nie meer soseer om die kinders op te voed nie – veel eerder moet die ouers opgevoed word!

Pinarello ·

Nou is dit net Boelie.As dit n Blanke kind was was dit rassisme.

moedeloos ·

My kinders word ok geboelie en erg, ons ht ok al talle kere gaan praat met die onderwysers, al antwoorde wat ons kry is…ons sal dit uitsort. Maar die dag daarna is dit maar weer die selfde ou stori. So 2weke gelede het n graad 2 dogter my graad1 dogtertjie in die badkamers vasgedruk en geslaan. Toe ons as ouers met die hoof gaan praat oor dit word dit net vir ons gese,, dis maar beter om julle kinders in n ander skool te sit. Dis net so hartseer dat sulke goed met kinders moet gebeur. En dit gee n kind n knak ek het dit agtergekom met my oudste kind…….

Asjas ·

Kontak die Beheerliggaam direk. Skole is vinnig om te vra vir geld want dis mos nou ‘n besigheid. Dan bedryf dit soos ‘n besigheid waar ouers die klient is. Beste is, gaan na ‘n ander skool maar gaan kyk eers hoe dit daar gaan voordat jy die besluit maak.

christine Le Roux ·

Lê n klag by die skool se kringbestuurder. Moenie dit daar los nie.

Gerhard Bezuidenhout ·

As sit n blanke kind was wie die boelie was sou dit darem wyd deur die Afikaanse libtard koerante veroordeel wees.

Asjas ·

Bly om te hoor hulle is onmiddelik geskors. Hoop nie hulle kan terugkom nadat die ondersoek afegehandel is nie. Meer skole moet so optree, skors hulle sumier! Moenie eers vrae vra of ondersoek doen nie, smyt net uit soos die gemors wat hulle is.

se net ·

Ek was geboelie n gespot op skool dit het ingemeng by my skoolwerk ek het 3 keer op my skoolloopbaan gedruip het nie eers standerd 7 nie want ek was so afgeknak dat ek nou nog n personality probleem het ek sal in n spieel kyk en se sjoe jy is lelik as iemand nou vir my iets mooi se dan vat ek die teen oorgestelde en se danki ek het vanoggend in di spieel gekyk n gesien ek is lelik ek gaan nie eers uit die huis uit nie dis wat die nagevolge van boelie op n kind kan los maar die anders kinders gee ni om ni want als gaan net oor hul self

Knersus ·

Was ook as kind geboelie en gespot omdat ek gehakkel het. En die wreedste was die meisies, en dan was daar Jaco….. Hy het op my boeksak ge urineer, my fiets se wiele stukkend gesny en my met ‘n krieketkolf vol blou kolle geslaan. En toe draai die wiel. Nou hakkel ek nie meer nie, ek het ‘n lieflike vroutjie en 3 pragtige kinders. En Jaco? Who cares!

zahn ·

Ek het heelktemal simpatie met jou, glo my. As jy regtig wil hê ons moet dit lees, probeer asb leestekens insit. Dis regtig bitter moeilik om so ‘n onsamehangende sin te lees. En nee, ek spot nie, probeer ook nie voorskriftelik wees nie, maar dis werklik moeilik. Afrikaans is ons almal se taal, moenie myne so seermaak nie, ek vra mooi.

Knersus ·

Zahn wat jy voorstel is presies die regte medisyne! Die boelies kan nie ‘n mens se selfrespek wegneem as ‘n mens alles perfek doen nie. M.A.W. eet gesond, leef gesond, oefen, en, dan, die klein dingetjies….soos leestekens en puntenerige spelling….

anet ·

Dit is so hartseer, die meisie wat so geklap en geskop word is ‘n skande
Ek was ook geboelie in graad 1, maar ek het leer vuisslaan, en terug geslaan totdat die boelie my vermy het, dit is al taal wat hulle verstaan want eintlik is hulle baie lafhartig en kan dit net doen as hulle helpers saam met hulle is.
Skryf julle kinders in vir Karate, dit gee hulle ‘n goeie selfbeeld, en hulle sal leer om hulle self te verdedig

Knersus ·

Juistement!! Ek het myself professioneel bekwaam eerder as die fisiese, maar glo my, om terug te baklei is die enigste oplossing. Terug baklei kan wees om die boelie bloedbek te slaan, of om hom /haar deur koorporatiewe aksie te laat swartlys.

Anita ·

Sy sal net eenkeer so aan my kond klap! Sy sal nie leef om die storie te vertel nie.!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.