‘Boelie-voorvalle moet reg hanteer word’

Argieffoto

Die Gautengse departement van onderwys het Maandag ʼn beroep op skoolhoofde en onderwysers gedoen om op gepaste wyse op te tree wanneer voorvalle van boelie-gedrag, geweld en intimidasie aangemeld word.

“Om hierdie klagtes te ignoreer, laat die slagoffer net nog meer weerloos voel en onderwerp die slagoffer aan die sekondêre trauma van volwassenes se onverskillige houding. Ons doen ook ʼn beroep op die gemeenskap om skole se eiendom te beskerm en kriminele aktiwiteite aan te meld,” het Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in die provinsie, gesê.

Die media het die afgelope paar weke oor verskeie boelie-voorvalle berig, onder meer die dood van Louis de Jonge, ʼn 13-jarige leerder van Noorderlig Gekombineerde Skool in Benoni wat verlede week gesterf het nadat hy glo by sy skool onder boelies deurgeloop het.

Daar is ook berig oor ʼn voorval by die Laerskool Mooifontein in Kempton Park toe ʼn graad 4-leerder inspuitnaalde skool toe gebring, en sy en twee maats glo ander kinders daarmee geprik en ingespuit het.

“ʼn Vlaag van gewelddadige voorvalle skep die indruk dat ons skole oorlogsones geword het. Hierdie voorvalle van geweld is betreurenswaardig en moet veroordeel word. Dit strek van lyfstraf, tot boelie-gedrag tot gevalle van aanranding tussen leerders,” het Lesufi gesê.

Hy het gesê die departement is in ʼn gevorderde stadium van ondersoeke om die rede agter sommige van die geweldsvoorvalle by skole te verstaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

EF Potgieter ·

Dit is baie snaaks dat hier is n kind dood maar Panyaza was nog nie by die skool nie. As kinders oor haarstyle kla is hy onmiddelik by die betrokke skool. Wat is die verskil? Is dit dalk die vel kleur?

Tanya ·

Kinderboelies is een probleem, maar grootmens boelies is nog erger. En as n volwassene wat wéét hiervan en niks daaraan doen nie, is jy net so (of eintlik meer) skuldig soos die boelie-kind.

Dewald ·

Tanya, ja volwasse boelies is erg. Maar ek dink as kinder boelies reg uitgesorteer kan word sal dit die volwasse boelies van die toekoms ten minste verminder, hopelik in so mate dat hul ‘n skaars verskynsel sal wees. Hoop ten minste dat hierdie pogings wel suksesvol sal wees.

Tammy ·

Ek wil he die jonge moordenaars van die pragtige 13 jarige seun moet gestraf word volgens die daad wat hulle gepleeg het. As n jong dogter voortydig sexueel aktief is kry sy n baba wat sy vir die volgende 18 jaar moet versorg meestal sonder die betrokke pappa…. Hulle het net so groot sonde gepleeg so hulle moet vir die volgende 18 jaar boet vir hulle daad. My hart gaan uit na die gesin wat so n enorme verlies moet verwerk.

Johann ·

Moord op skool. ANC LEGACY: geen respek vir lewe nie. SIEK

Tania ·

Ons kritiseer die skoolhoof wat nie opgetree het nie. Daar is beperkte bronne wat die skool gebruik. Leerders wat geboelie word, word ondersteun. Die onderwysdepartement kap onderwysers se hande af, want daar mag nie meer geskors word nie. Die beste wat vir ouers aanbeveel kan word om ‘n skool se hand te sterk in die hantering van boelie gedrag is om ‘n saak by die polisie teen die boelie te maak. Baie suksesvoller oplossing want ouer van boelie voel verneder en plaas sy kind in ander skool. Die onderwysdepartement se reëls en beleide het kinders gefaal.

Frans ·

Die kanse dat die slagoffer boelie gedrag gaan aanmeld is egter baie skraal agv intimidasie. Die plig lê by die skoolhoof en onderwysers om behoorlike dissipline en toesig toe te pas. Stop dit voor dinge handuit ruk soos in die geval. My gebede is met jul verlies.

andrea van vuren ·

Stel meer onderwysers aan op speelgrond diens. Roteer die dienste dan kan elk sy koppie tee geniet.

Sputnik ·

Adriana, hoe op dees aarde kom jy by die stelling “..die hoof moet vir moord aangekla word…” uit? Hy en sy span kan nie 24/7 elke kind dophou nie. A nee a!

Sputnik ·

Goed, goed, as julle 100% seker is die skoolhoof het geweet en niks gedoen nie sal ek sy bevoegdheid ook bevraagteken. In die goeie plattelandse skool waar ek was het die skoolhoof baie sterk teen ‘n spesifieke boelie opgetree. So het ‘n ander berugte boelie in die skool sy geluk probeer deur ‘n baie hooggeagte onderwyser tot vervelens te koggel, maar sy moses lelik teëgekom – sy welverdiende loon gekry. Toe daar teen die vent opgetree word het die ouers hom na ‘n naburige skool gestuur waar hy in elk geval ‘n jaar moes herhaal. Dus, moenie alle hoofde en onderwysers oor dieselfde kam skeer nie – van hulle tree wel op, soms bietjie “onkonvensioneel”, maar boelies is onkonvensionele, ongebalanseerde mense.

adriana ·

Sputnik die hoof moes kennis gedra het van die geboeliery by die skool en ek is seker verskeie onderwysers ook en dit was nie gestop nie. Indien jy ‘n goeie hoof is weet jy wat by jou skool aangaan. Indien jy weet dat sulke dinge plaasvind en jy doen niks daaraan nie is jy net so skuldig.

Landi ·

Die skoolbestuur en die Onderwysdepartement staan heeltemal te apaties teenoor hierdie kwessie. Aksie, beleid en verantwoordbaarheid ontbreek.

Cacophony ·

Uit ander berigte gelees dat hierdie boelies vantevore ingeroep is so die skoolhoof moes verseker daarvan geweet het. Die vraag is dus as die skoolhoof geweet het die kind word geteiken deur die gespuis wat het hy daaromtrent gedoen? Sekerlik as ‘n kind fisies aangerand word op jou skoolgronde moet jy iets doen. Ekstra onderwysers op die skoolgronde sit tydens pouses in plaas van sit em tee drink in die personeelkamer. Te veel kere word boelie streke maar net afgemaak as “kinderlike optrede”. Wonder as mens gaan kyk na Waterkloof 4, James Bulger se moordenaars etc of daar ook boeliegedrag by hulle was.

E.K. - ek sê net! ·

Ja, onnies NIE altyd op speelterrein nie, sit soms in lekker sonkol in die winter of skaudol in somer. Ek stel weer voor kry mense wat bereid is om betrokke te wees en te patroleer(afgetredenes wat graag positiewe bydraes wil maak tot jeug) en laat hul op roterende basis uithelp. Maar persoon moet geen bande met skool hê, nie familie, vriende of kennisse se kinders in daardie skool dus totaal onbetrokke. Belhamels moet dan vasgevat word en voor die hele skool in saal of waar heel skool teenwoordig is op verhoog ge-“name and shame” word. Hierdie is so -en-so en SO lyk ‘n boelie. Die belhamel moet ook nie net pleinweg detensie sit nie, dit moet iets wees wat hy of sy absoluut sal HAAT. Hy/sy moet soos ‘n hele uur lank alleen sit en heeltyd sommer duisend maal of meer uitskryf “ek mag nie boelie nie”. Lekker aaklige tydmors sal dit nie wees en hopelik die een bietjie laat nadink voor hy/sy weer oortree. Verder sal al die kinders weet wie hy/sy is en hom/haar vermy en ook uitwys as ‘n boelie. Net ‘n voorstel en dalk kan dit werk?

Alida ·

Skop die boelies uit die skool uit. Dit is soooooooooo maklik. Dit is al hoe hulle gaan leer.

marous ·

Lesufi en die libterte is verantwoordelik vir die onbeheersde gedrag , deur die disspline faktor in skole en universite so af te breek dat die opvoeders te bang is om ‘n woord te spreek. Nou sing hy dieselfe swanesang as die polisie…die publiek moet help! Bleeeghhh!

WW ·

ELKE liewe keer wat ek hierdie seuntjie se gesiggie sien, loop my trane. My eie seuntjie is dieselfde ouderdom. Dis net vir my so verskriklik hartseer. Die Liewe Vader moet my maar ook eerder vat as my kinders iets moet oorkom in hierdie aaklige wêreld waar ons moet oorleef.
My innige simpatie aan almal wat hom lief het.

ANONIEM ·

ek self het n 13 jarige wat geboelie word op skool het meer malle die skool gekontak en met hul baklei daaroor maar tergvergeefs want dan saldie spesifieke onderwyser vir my se ja maar hy altyd die skuldige en sondebok ens. ons het nou n punt bereik waar hy nou n sielkundige moet gaan sien om hom te kan help .

Meraai ·

Het so vinnig deur die kommentare gelees. Dit is ‘n feit dat ons skole op ‘n ramp afstuur. Alles begin wanneer daar nie by reels gehou word nie. Wanneer jy die reel vir een kind breek, omdat daar ‘n vreeslike belangrike ouer betrokke is, dan moet jy dit vir ‘n ander breek en so raak alles later sonder reels. Skoolhoofde meld dit nie aan nie, want dan is hulle skool onder ondersoek en dit meng in met skole se bemarkings strategie. Dis is pateties, die ergste is dat ons skole soos Zuma en die Guptas geword het – hulle doen dinge en dan dink hulle niemand sien dit raak nie. My grootste bekommernis is die lae standaard van ons onderwysers se emosionele intelligensie, partykeer dink ek hulle is erger as die kinders. Elke skool le kastig hulle boeliebeleid voor, maar ek dink dit beteken tussen nul en niks – put your money where your mouth is!!!! Skole tree beslis nie streng genoeg op nie. Daar moet dissipliner teen skoolhoofde opgetree word, wanneer boeliegedrag aanhangig gemaak word en daar nie opgetree word nie. KAMERAS MOET verpligtend gemaak word in alle skole en onderwysers hoort hulle slap houdings te laat vaar en diens doen op terreine en dit behoort nie eers onderhandelbaar te wees nie.

Yvonne Erasmus ·

Die rede vir die chaos in ons skole is omdat daar nie meer discipline toegepas mag word nie. En ek verwys nie na mishandeling nie! Watter straf is daar vir ‘n kind om geskors te word? Dit is eerder ‘n paar dae van lekker rondlê by die huis

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.