‘Boeliery’ by Krugersdorpse skool skerp veroordeel

‘n Skermgreep van die video wat op sosiale media versprei word.

Die DA het Vrydag ʼn beroep op die departement van onderwys gedoen om op te tree teen boeliery by skole nadat die soveelste video van ʼn beweerde boelievoorval op sosiale media versprei word.

Dié video is klaarblyklik vroeër vandeesweek by Hoërskool Monument in Krugersdorp geneem. In die video pak een van die leerders ʼn ander een, terwyl talle ander bloot toekyk. Die voorval het vermoedelik gedurende pouse plaasgevind.

Die skool het Vrydag op sy Facebookblad gesê sy bestuur en beheerliggaam is bewus van die voorval, asook die video daarvan wat sedertdien versprei word.

Luidens die verklaring het ʼn personeellid en matriekraadleerder aan diens die betrokke dag die geveg tussen die twee seuns stopgesit, waarna dit by die skool se dissiplinêre hoof, Niekie van Blerk, aangemeld is. Die twee seuns is ingeroep en Van Blerk het die saak “hanteer”, lui die verklaring.

“Ek was Dinsdag reeds in verbinding met albei leerders se ouers en die situasie is onder beheer,” het Van Blerk gesê.

‘n Skermgreep van die video wat op sosiale media versprei word.

Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, het intussen gesê hy het ook reeds met die skool en die vermeende slagoffer se ouers vergader.

“Ons het besluit dat die betrokke leerder binne 48 uur moet aandui waarom hy nie geskors moet word nie.

“Die skool is ook ernstig berispe omdat hy nie die voorval amptelik aangemeld het nie,” het Lesufi gesê. ʼn Dissiplinêre verhoor gaan dringend byeengeroep word. “Geen leerder het die reg om ʼn ander te boelie of seer te maak nie. As jy dit doen, gaan ons optree en ons gaan beslíssend optree.”

Nkele Molapo, die DA se woordvoerder van onderwys in Gauteng, het gesê dié voorval bring die getal voorvalle van beweerde boeliery by skole op 296 te staan.

Die DA sê dit is uiters kommerwekkend en vra vir dringende ingryping.

“Ondanks die feit dat die Gautengse onderwysdepartement (GED) ʼn beleid van geen verdraagsaamheid teen afknouery het, gebeur sulke voorvalle steeds by ons skole,” het Molapo gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

41 Kommentare

jongste oudste gewildste
Sarrl

Lesufi….
Bla bla bla.

Michael P

Laat die kinders mekaar self uitsort op skool vlak Die regeering moet liewers die moordery uitsort en hulle bemoei met goed wat meer erenstige aandag nodig het. En die Lesufi spring ook net op en af as iets so simple soos dit gebeur met die regte probleme sien en hoor jy hom nie

Sue

Michael ek stem volkome saam. daar is baie ernstiger dinge wat gebeur. laat kinders hulle gaan gaan. as iets ernstig gebeur tree dan op.

Onnodig

Seuns het nog altyd onder mekaar baklei. Dis niks nuut nie. My seun het ook n paar keer met afgeskeurde hempknope by die huis gekom. Heeltemal onnodig om so ophef te maak. Partykeer is die een wat slae gekry het die boelie en nie noodwendig andersom nie?

Gerrit

Watwou boelie. Hulle het mekaar net afgestof. O genade maar die mensdom het sensitief geraak. Maar nou ja, met die dat mans deesdae velprodukte gebruik, wat verwag jy?