Boeliestryd: Seun skiet homself in sy skoolklere

Jonathan Fischer se skoolfoto. (Foto: Verskaf)

ʼn Egpaar van Cullinan, oos van Pretoria, herleef die dag sowat twee en ʼn half jaar gelede waarop hul lewe onherroeplik verander het, nog gereeld – dié dag in Mei 2017 toe hulle hul tienerseun met ʼn skietwond in sy kamer in hul huis aangetref het. Hy het drie dae later in ʼn hospitaal gesterf.

Die ouerpaar meen hul seun se dood was die gevolg van onophoudelike boeliery. Hulle blameer nou Jonathan se skool, Cullinun Gekombineerde Skool, omdat dié volgens hulle nie genoeg gedoen het om aandag te gee aan die kwessie nie. Boonop wag hulle twee jaar later steeds vir die verslag van ʼn departementele ondersoek na die beweerde boeliery by die skool.

John en Janette Fisher vertel aan Maroela Media dat hul seun Jonathan (16) die betrokke dag soos talle kere vantevore nie skool toe wou gaan nie. Hy was op dié dag veral neerslagtig en het tuis gebly terwyl sy ouers winkel toe is om bestanddele vir sy gunsteling-maaltyd te koop in ʼn poging om hul tienerseun op te beur. By die winkel gekom het hulle ʼn oproep ontvang van ʼn buurman wat ʼn skoot hoor afgaan het.

Jonathan het sy skoolklere aangetrek voordat hy homself om die lewe gebring het, vertel Janette. Sy glo hy het op dié manier ʼn boodskap agtergelaat, aangesien dit glo ʼn sameloop van gebeure by sy skool was wat hom tot op moedverloor se vlakte gedryf het.

“Ja, ons seun het die sneller getrek, maar daar was redes waarom hy eenvoudig nie meer kans gesien het vir die lewe nie,” vertel John. “Dit was ’n kombinasie van gebeure in die jare vóór sy dood wat hom daartoe gedryf het om sy eie lewe te neem.”

Volgens John is Jonathan jare lank by die skool geboelie. Nie net is hy tydens die skooldag deur verskeie leerders fisiek geboelie nie, maar was hy ook die slagoffer van kuberboelies ná skool. Namate hy ouer geword het, het hy vir homself begin opstaan. Maar dit het skynbaar teen die einde van sy lewe net té veel vir Jonathan geword het.

Janette vertel dat die laaste jaar van Jonathan se lewe besonders moeilik was vir hom. “Hy het paranoïes geraak. Hy wou later nie meer alleen ingaan dorp toe nie, want miskien wag hulle vir hom.”

Die egpaar het die skool besoek en gepleit dat iets aan die boeliery gedoen word. “Ons het aandag daaraan probeer gee. Ons het vergaderings met die skool gehad. Dis nie asof ons nié probeer het nie,” verduidelik John.

Die skool het aan Maroela Media gesê dat hulle wel die betrokke voorval sinvol hanteer het en ook ondersteuning aan Jonathan en sy familie gebied het. “Dit is ʼn onglooflik tragiese geval en ons besef dat ouers nooit tevrede gaan wees met die manier waarop só ʼn situasie hanteer is nie,” het die skool gesê.

Jonathan Fischer en sy pa, John. (Foto: Verskaf)

John en Jonathan was die jaar van sy dood op ʼn oorsese vakansie, waarna dit geblyk het dat Jonathan weer kans sien om skool toe te gaan en die beste van sy gr. 10-skooljaar te maak. Hy was egter skaars terug by die skool toe die boeliery weer begin het. ʼn Paar maande later het hy besluit om homself om die lewe te bring.

“Ons het gevoel asof ons nie ons werk as ouers gedoen het nie. Ek het vir ʼn jaar lank nie gewerk nie. My vrou kry steeds swaar. Ons het vir die eerste drie maande ná sy dood nét gerou. Ons het aan onsself afgevra waar dit verkeerd gegaan het. Dit was toe dat ons eers besef het wat hy werklik deurgemaak het.”

Die ouerpaar het ook hul misnoeë uitgespreek teenoor die Gautengse departement van onderwys wat in 2018 ʼn ondersoek na boeliery by die skool sou loods. “Dis nou amper twee jaar later en ons het steeds geen terugvoer van die departement ontvang nie,” sê John. “Ons het die departement se terugvoer nodig om aan te gaan met ons lewens. Ons wil weet wat het by die skool gebeur en hoe die skool dit hanteer het,” verduidelik John.

Ook Maroela Media se herhaaldelike versoeke om kommentaar van die departement het op dowe ore geval. Vier dae nadat die departement aangedui het hulle sal op die navraag antwoord, het Maroela Media steeds geen terugvoer ontvang nie.

John sê hulle wil bewusmaking skep rondom boeliery. “Ja, ons seun is dood en daar is geen manier dat ons hom kan terugkry nie. Maar al kan ons een kind help deur dié ondersoek, was Jonathan se dood nie verniet nie,” sê John.

Janette het intussen ʼn Facebook-blad begin om ondersteuning aan slagoffers van boeliery en hul ouers te bied. Dié blad het sowat 3 000 volgelinge.

Hoe weet jy wanneer jou tiener geboelie word?

“Dit manifesteer op soveel maniere. Die eerste ding waarvoor jy op die uitkyk kan wees, is wanneer jou kind depressief is en nie meer skool toe wil gaan nie,” sê Janette.

“Met Jonathan was daar elke oggend iets anders fout. Dan pyn sy maag, dan is daar ʼn ander kwaal. Hy het hom aan die wêreld onttrek. Hy wou nie meer uit die huis gaan nie. Hy het nie meer vriende soos voorheen oorgenooi huis toe nie. Hy het begin praat van die dood en selfs gesê hy wou nie meer lewe nie. Hy het angsaanvalle gehad.”

Janette vertel dit is onbeskryflik moeilik vir ʼn ouer wanneer hul kind geboelie word.

“Ek kan dit nie in woorde beskryf nie,” sê Janette. “Jy bly aan deure klop vir hulp. Jy probeer hom moed in te praat, maar tevergeefs.”

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

Danie ·

Ek stel voor ń databasis wat gebruik kan word on boelies te “name and shame “. Dit behoort daardie boelies uit te wys met inligting or wat hulle doen. Die slagoffer kan nogsteeds anoniem bly. Die boelie kan dan òok omentaar lewer op iets gelig teen hom.
Op die manier is daar inligting wat verskaf word wat die tipe gedrag kan monitor en beter beheer in die samelewing.

HPV ·

Danie, dit is ‘n baie goeie voorstel.
My vrou is in die onderwys by ‘n skool betrokke waar die slagoffer se ouers ‘n klag by die polisie teen die boelie ingedien het, die polisie het soos in onmiddelik opgetree waarna alle geboelie by die skool gestop is. Vergeet klagtes by die skool indien, lê dadelik ‘n klag by die polisie en red sodoende moontlik lewens.

Blommie ·

Danie ek hou van jou idee, dis al hoe n kind weet dar is nagevolge.

johan ·

stem saam maak n klagte oop by polisie elke dag …al hoe mens dit stop

RH ·

Skool en disipliene is lankal nie meer wat dit was nie. Kom ons se 26jr lank. Ek sal nooit weer my kinders in skool sit nie en sal tuis skool gee. Ek bou op en skool situasies en mense laat afbreek toe omdat wet hulle keur van maniere.leer asook die ouers keur. Nee wat. Daars baie meer wat.my.kinders kan doen en meer leer in n baie lekkerder omgewing en manier
Stress vry, politiek vry en boelie vry. Maar as n hoof nog die boelie is, moet jy weet hoe ver het alles gedaal en die dept doen niks daaraan nie. So, kom ons maak ons eie kinders groot en slim. Leer hulle weer speel en buite lewe geniet. Waar is die voortrekker en kadet dae? Huishoudkunde? Ek gaan dit als gee vir my kids.

Rooikop ·

Ja Mnr Lesufi, waar is jy met jou vinnige antwoorde en optrede ????

Doen iets asb !!!

Ouma ·

Jonathan what a stunning young man you were; I will also seek answers until I have it; I really hope that the Principal and who ever bullied you will not rest; it will haunt you until the day you die. As for the Gauteng Dept of Education, they already died, long time ago. Just like the entire Parliament. I will pray for his parents.

Ouer aksie ·

Asb, ouers … as julle weet julle kind word reeds geboelie, moenie die kind vorseer om terug te gaan skool toe, nadat julle dit self probeer aanspreek het en niks daarvan gekom het nie. Daar is ander skool opsies vandag, dis digitale era – cottage schools – tuisonderig… tree in groot asseblief! Die skool kan en gaan niks doen om te help nie! Elke jaar word meer en meer kinders begrawe hieroor. Dis baie hartseer!

SIOUX ·

My kleinkind was by die kleurterskool geboelie. Sy is stukkend geskop en die skoolhoof het niks daaraan gedoen nie. Volgens haar oorreageer ouers. Sy het elke oggend gehuil as ons haar aflaai. Na ons n saak by die polisie gaan maak het en haar uitgehaal het is sy n ander kind. Ons het so ruk terug verby die kleuterskool gery en sy het net vir my gese hulle het haar vreeslik seer gemaak.

Karinda ·

So jammer vir jul verlies. Mens kom nooit daaroor as iemand selfmoord pleeg nie. Dagvaar die Departement, ek weet dit gaan nie oor geld nie maar miskien sal dit hulle dwing om daadwerklik op te tree teen boelies. Jul kind se boelies is moordenaars! Mag dit hulle vir ewig pla dat hulle iemand se menswees so aangetas het dat hy nie verder wou lewe nie. Baie sterkte.

Vonnie ·

Soms is onderwysers net sulke groot boelies, veral as hul eie kinders betrokke is. Jy neem dit eenkeer op met hoof en laat hom duidelik verstaan jy kry regs hulp indien hy dit nie oplos nie.

Ouer ·

Boelies is n baie ernstige saak ek het amper my kind ook so verloor en dan draai die skool om en maak of dit jou kind se eie skuld is. Hulle wou hê ek moes n ander skool vir my kind gaan soek ,maar wat nou van die boelie? Nee wat hy/sy kan maar net voort gaan dis ,maar net reg so. Intussen moet jy as ouer die stukke optel en jou kind probeer help. Ek dink regtig daar moet meer aksie geneem word. Die departement doen ook nie veel nie glo my.

My mening ·

Boeliery is n ongelooflike groot probleme in skole en die meeste skole doen nie veel daaraan nie. Dis verstommend hoe dit nog in baie skole gesien word as goed wat kinders maar doen, terwyl al meer kinders selfmoord pleeg as gevolg daarvan. Skole is veronderstel om veilige plekke vir kinders te wees met onderwysers wat vir hulle omgee, maar ongelukkig raak hulle plekke van absolute hel vir party kinders. Nog meer skokkend is, is die dinge wat boelies doen … wat gaan van hulle word as hulle op so n jong ouderdom absoluut geen respek of empatie vir ander het nie?

Ma ·

As jou kind geboelie word of geteiken deur mede skolier of onderwyser HOU DIE KIND UIT DIE SKOOL TOT JY AANDAG KRY!!! Dit sal nie lank wees tot sosiale werker of iemand daar opdaag en dan maak jy moelikheid.Jou kind moet weet jy staan agter hom of haar!!!

toy ·

Kinders wat boelie, dit begin by die huis al. Ek voel ook daar is ‘n jaloesie betrokke by hulle met ‘n swak selfbeeld. Hulle boelie want dan voel hulle mos nou in beheer.

Andrew ·

Asseblief ouers. kuberboelies neem baie toe. Die Wet op Voorkoming Van Teistering is baie effektief in die voorkoming van boelies. Kry ‘n beskermingsbevel en dien dit op die ouers van die boelie. Maak die skool ‘n deel van die beskermingsbevel en dien dit op die hoof. Ek het dit in my werk in die polisie effektief gebruik, maar ook heeltemal te veel kinders gesien wat hulself om die lewe gebring het, maar (nog erger?) moet deel met sielkundige probleme en die stigma wat met die gebruik van medikasie gepaardgaan. Daar is net een manier. Slaan so hard as moontlik met die reg!

Molly ·

As jou kind nie meer kan nie, Haal hom/haar uit die skool uit. Doen nagskool of “cottage school” of aanlyn skool. Maar moet nie niks doen nie. My kind was in n soortgelyke situasie en ons het alternative methods gevind, dit het wonders gedoen. Sy het matriek en goed geslaag. She took back her power, sy het herbou. Vandag is sy self ‘n mamma en gelukkig en sterk. Ek stem saam met die ouers – skool het nie genoeg gedoen nie.

CK ·

Ek kan nie vir een oomblik dink dat ‘n boelie enigsins ‘n gewete het nie, hoe kan jy iemand so aftakel en dan gaan slaap jy met ‘n geruste hart. Hel man ek huil my dood as ek net ‘n duif doodry. Hierdie tipe mens het geen empatie en gewete nie, hulle sus hulself aan die wete dat dit reg is. Ek as ouer sal ook optree namens my kind.
Sterkte aan hierdie seun se ouers.

karen ·

party boelies (kinders) word self geboelie tuis. nie dat dit ‘n verskoning is vir die boelie-kind se gedrag nie – dit is moontlike daardie kind se uitlaat klep. stel ondersoek in (self as die skool nie help nie) en neem aksie. my laerskool seun het verlede jaar opgestaan teen ‘n boelie toe baie van sy maats bang was. ja dit het ‘n draai in die kantoor beteken, maar dit het die boelie afgeskrik.

AgterOs ·

Ongelukkig is daar net slagoffers in hierdie stryd. Die boeilie is ‘n slagoffer van omstandighede. Die kind wat geboelie word is ‘n slagoffer van die boeilie. Die ouers beide kante is slagoffers van ‘n sisteem (die departement van onderwys) wat nie help nie. Onderwysers is ook slagoffers. Skole is nie gerat hiervoor nie – hul weet nie wat om te doen nie of hoe om dit te bestuur nie – tensy hul dit privaat befonds. Ek was ook geboelie op skool en as onderwyser moes ek veg teen ‘n sisteem wat die kinders in die steek laat .

Arak ·

Ek dink die boelieprobleem is ‘n reaksie en nie die oorsaak nie. Ja, in die verlede was daar ook boelies, maar die onderwysers het die gesag en mag gehad om boelies sommer vinnig vas te vat en te foeter. Met die dat niemand meer ‘n kind mag pak gee nie, kan ek nie sien dat die probleem opgelos gaan word nie. Die probleem is die gebrek aan respek en dissipline, die boelie reaksie is bloot die simptoom.

se net ·

Iemand wat hom beywer om boelies onder publiek se aandag te bring is Pieter Bonthuyzen. Hy woon in Welkom. Het al 3 boeke geskryf ook en n kortfilm gemaak. Boelies in verskillende vorms kom voor in sy boeke. Dalk moet jul die man add op fb en vir hom stories vertel. Dalk kan hy nuwe materiaal bekom vir n storie en so baie mense help. Ek is oor die 50 en geniet sty boeke baie. Want ek weet dit gebeur regtig. My eie kind het gedurig deurgeloop.

charmaine ·

Hierdie tipe goed is so hartseer en onnodig. Boelies is gewoonlik kinders wat jaloers is op ander se lewe of wat hulle het of bereik het.
Ek wonder altyd die boelies moet bietjie dink dat eendag gaan jy ook kinders he wat dalk ook geboelie gaan word hoe gaan jy dan voel of jou kind draai n boelie uit, en gaan jy trots en manlik spog met o ja ek was aandadig aan iemand wat selfmoord gepleeg het wat ek hom/haar geboelie. Boelies vergeet skool gaan verby dan wag die wrede grootmens wereld vir jou, waar jy geboelie kan word.

Maria ·

Ek ook op skool geboelie. Het so gewens my ma hulle wil my uit skool haal dat ek kan home schooling doen. Het n heilige vrees vir skool toe gaan gehad. Nou nog vermy ek alle reunies. Nee dit was n aaklige tyd in my lewe.

Lizelda ·

@Maria ek moes ook my kind uit die skool haal en home tuis onderrig gee, hyt op baie uitgemis, basies net om kind te kan wees ens. maar nou ja.

Toffie ·

My kleinkind word deur haar onderwyser beboelie en die “Boelie boks” wat na die hoof toe gaan help ook nie.

Theresa ·

Goeie idee Danie. Die boelies is ook gewoonlik kinders wat groot probleme met hulself en hul ouerhuis het.

Ronel ·

ek verstaan nie hoekom haal ouers nie hulle kinders uit die skool as dit so gaan nie, hoekom moet kinders teruggaan? Daar is mos nie net 1 skool nie? Ek was self geboelie op skool, dis ‘n vrees wat jy vir niemand kan beskryf nie,

Doors ·

Weet jy daar word niks gedoen by die skole nie, my kleinkind word geboelie, die Juffrouens sê net ons is besig met ondersoek tot haar juffrou kraak haar af omdat my dogter gaan kla het, die onerwysers skerm vir mekaar, die jaar is verby en die skade bly
daar.

Lucinda ·

Boelie is so ‘n lelike ding en onskuldige mense word geteiken. Ek sê, help die slagoffer en help die boelie ook. Daar is sielkundige redes hoekom kinders ander boelie. Kinders boelie ander as gevolg van huislike omstandighede, dis ‘n daad van frustasie, ‘n act of empowerment, en ‘n tekort aan aandag van hulle ouers af, die lys gaan aan.
Nee, ek keer dit nie goed nie en ek weet die slagoffers sit met die skade op die eind. Ek is self ‘n mamma van ‘n dogtertjie en ek sal berge uitklim as ek hoor sy word geboelie. Leer jou kinders om oor hulle emosies te praat en dit uit te laat in ‘n gesonder manier. Vir ons as grootmense lyk hulle emosies of gevoelens soms belaglik. Ons moet net verstaan, so klein soos wat hulle is, so groot is daai gevoel vir hulle, dit is overwhelming vir hulle. Te groot om te hanteer. En te klein vir ons as grootmense om aandag aan te gee.

Lorraine ·

By meeste instansies is daar Griewe Prosedure. Dit vereis dat n on partydige person byde die klaer en aangeklaagde se punte aanhoor en tesame met n paneel uitslag in die verband gee. Dit het ook n streng “response time” wat bepaal dat die proses afgehandel moet wees binne n bepaalde tyd plak. Waarom word dit nie deur skole en beheerliggame ook ingestel nie?

Tina Muller ·

My saggeaarde christen kind, Abi is ook geboelie in graad 6 so 5 jaar terug.. Deur ‘n sterk leier kind wat so ‘n lelike skerp tong gehad het dat almal bang was vir haar op laerskool. Die boelie kind se pa ‘is ‘n advokaat wat gunsies vir die hoof doen, help met sy (juffrou saambly) vriendin se egskeiding en wou glad nie insien wat sy dogter gedoen het nie.. Ons het oor die foon gepraat maar kon nie die probleem oplos nie. Hy was n goeie man met ‘n bederfde dogter wat altyd haar sin kry. My arme kind, Abi het elke dag na-skool in trane uitgebars soos wat sy in my kar klim. Ons het maar verhuis en na ‘n ander skool gegaan. Vandag is my Abi baie gelukkig in haar nuwe skool met haar nuwe maats.

Die skole kannie en wil nie help nie, Kinders wat geboelie word sterf binne-in en niemand verstaan hulle nie. Hulle kan self nie almal daaroor praat nie.

Jy moet direk polisie toe of wegtrek.
Kry ‘n dagboek skryf elke dag wat gebeur neer en maak ‘n saak by die polisie sodra jy genoeg bewyse of getuienisse van ander kinders het. Dis moeilik om bewyse/videos/voicenotes te kry want ander kinders/ouers wil nie help nie. Wegtrek is nogsteeds die beste opsie.

Jollie ·

Die probleem met boelies is, hulle het altyd een of meer volgelinge, hulle hou daarvan om n gehoor te he as hulle die slagoffer afkraak of fisiek boelie. Hoe meer die boelie se ondersteuners die situasie aanskou, hoe meer word die ander persoon getreiter, en hoe lekkerder kry hy/sy. Ek was ook geboelie op skool, weet hoe dit voel. Kon nie eens my kop optel as ek in die gange gestap het nie, wat nog te se van mondeling praat. Ek het soos n melaatse gevoel. Sy het my gepootjie en gestamp, en begin lag as ek mondeling moes praat. Dit was van standerd ses af, ek het 34 jaar gelede matrikuleer, en het n geweldige invloed op my werk gehad. (Daardie persoon was geensins by die huis mishandel nie. Sy het uit n normale huis gekom, met geen tekort aan geld nie. Oorgeloop van selfvertroue en was dirigente van die sportsbyeenkomste. Na skool het sy kamstig gaan studeer op Stellenbosch, maar uitgeval voor die eerste ses maande om was.) Dit het my jare geneem om te herstel, daar is geen verskoning vir n boelie nie.

Geraldine ·

My dogter was geboelie vir 2jaar – die laaste keer waar sy voor die juffrou my kind geklap het want sy was vertel deur my dogter dat sy moet ophou skinder stories vertel. Ek het albei die juffrou en die ander kind se ma ‘n vergadering gehad. Was reg uit vertel dat ek mag glad nie die kind aanvat want dan sal my kind uitgeskop word. Die boelie het klaar gemaak in daai skool met nog vele ander kinders wat sy beledig en geslaan het. My kind op die einde het skool verlaat en ek moet tuisskool vir haar soek want sy was so geskend deur hierdie madampie wat haar hele dag so sleg se. Die skool het tot vandag toe nog niks met daai kind gedoen!

Moeg vir boelies ·

Ek het my kind uit een van ons “top” Afrikaanse skole uitgehaal omdat hy afgeknou was en fisies aangerand was en die skool bloot net gesê het “hulle ondersoek dit”
Nooit iets gehoor daarvan nie. Hulle vee so baie dinge onder die mat in, sodat hulle beeld na buite goed kan lyk – en dit doen.
Nog ‘n pragtige jong mens neem sy lewe. Dit is regtig so onnodig
Ek dink dit is elke ouer se grootste vrees – dit is beslis myne – dat jou kind sy/haar eie lewe neem en ons gelos word met al die vrae
Sterkte vir die ouers. Ek kan my nie hulle pyn indink nie

Ena ·

My hart gaan uit na die ouers. My seun was ook op laerskool, asool vroeë hoërskool jare erg geboelie, so dat hy nie meer wou leef nie. Bitter dankbaar dat hy die vrymoedigheid gehad het om dit met my te gedeel het. Ons het dadelik vir hom hulp gekry, en ek kan net die Vader dank dat Hy vir hom daardeur gedra het. Vandag is hy op geen medikasie meer nie, al ‘n jaar uit die skool uit, en studeer in ‘n goeie rigting. So jammer meer kinders kan nie gehelp word en dat daar vinniger i gegryp word nie. Bitter hartseer omdat party kinders daarop uit is om ander te verkleineer en sleg te maak. Gewoonlik hulle met die grootste probleem.

Mariaan ·

Kyk die lang boodskappe…dit alleen wys hoe groot probleem dit is! Ek sou my seun wat so skreeu om hulp summier uit daai skool gehaal het…mens oordeel nie..maar laat ons uit hierdie tragedie leer

Wielspore ·

Ek was geboelie op skool, in std 4 (graad 6) het dit ‘n hoogepunt bereik, een dag na skool op pad huis toe het ons in groepies gestap en Mnr boelie het weer stamperig geraak. As intreevlak tiener het ek my dinges net daar gestrip en die boelie met ‘n paar vuishoue bygekom dat hy oor ‘n heining draad val. Na die geleentheid het die boelie respek vir my gekry, ek was nooit weer geboelie. My pa het my die beste raad gegee, my ma het my die beste berading gegee.

Juffie ·

Jonathan was so ‘n goeie seun, met die beste maniere. Altyd op sy plek gewees. Het vir hom skool gegee. Dit is regtig tragies dat absoluut niks van die saak kom nie.

Shocked! ·

Ek verstaan nie hoekom die boelies so beskerm word nie? Noem hulpe name en blameer hulle direk vir wat gebeur het. Hulle moet versuidelik aan die ouers en die media hoekom hulle die seun so gedryf het na iets so tragies. My hart is seer vir julle ouers. Maar as ek bietjie raad kan gee aan enige iemand wat n kind het wat geboelie word…haal die kind dadelik uit die skool…sit hom in n ander skool en dan neem julle dit verder. Onderwysers mag niks aan boelies doen nie. Dis tragies.

John ·

Ja van ek kan onthou is ek geboelie. Familie, vriende, skoolonderwysers, weermag, lidmate by die kerk, daar was baie boelies deur my loopbaan heen. Ek dank die Here Hy het my gedra. Hy was altyd daar selfs al was dit hoe moeilik. BOELIES IS ‘n REALITEIT. Maar vandag weet ek dat BOELIES self binne in seer het en daarom hulle eie hartseer op ander uithaal. Wat hartseer is, baie van die boelies in my lewe, het hul boeliegeite by hul eie Ma of Pa gekry. Ek praat van die boelies in my lewe. Ek kan nie vir ander praat nie.

Ouer van kind ·

Al wat ons hoof se my hande is afgekap het saak oopgemaak tot by die Premiers kantore gedraai beheerligaam net soos hoof kom ons kyk wat doen die ouer maar ek het nie terug gestaan nie ek het die boelie en sy pa met mag geveg tot ek tevrede was so die kind is 12 hy word vervolg nou ouers moet nie moed opgee nie ek wil dit beveg hetg met my hande maar die Here het my hande vasgebind elke slag as ek die boelie en sy pa sien

Ernst ·

Sou graag wou weet hoe die betrokke skool “die betrokke geval sinvol hanteer het” en watse ondersteuning hulle aan die ouers en Jonathan gegee het?

Jonathan is dood as gevolg van wat by die skool gebeur het, so dit lyk nie vir my of wat hulle ook-al gedoen het vreeslik doeltreffend was nie!!

Wil ook graag weet of die skool enige stappe teen die boelies geneem het? Voor en/of na Jonathan se dood??

Mariette Hammann ·

Ongelukkig is dit dikwels kinders en hulle ouers wat goed oor die weg kom met onderwysers, wat die boelies is. Kinders wil ook gewoonlik, veral in die hoërskool, nie hê dat die ouers moet gaan kla nie, as gevolg van die feit dat hulle daarna moontlik nog meer geboelie gaan word. Boelies is eintlik lafaards wat op hul eie niks wil doen nie, maar probeer groot wees voor hul maats. Die meeste boeliery is nie fisies nie, want dan kan hulle dit mos net ontken. Na 3 jaar het ek gesê : Tot hier toe en nie verder nie. Gelukkig het my klagte by die skool dadelik aandag gekry en is hulle onmiddellik ingeroep en uit

Mariette Hammann ·

Ongelukkig is dit dikwels kinders en hulle ouers wat goed oor die weg kom met onderwysers, wat die boelies is. Kinders wil ook gewoonlik, veral in die hoërskool, nie hê dat die ouers moet gaan kla nie, as gevolg van die feit dat hulle daarna moontlik nog meer geboelie gaan word. Boelies is eintlik lafaards wat op hul eie niks wil doen nie, maar probeer groot wees voor hul maats. Die meeste boeliery is nie fisies nie, want dan kan hulle dit mos net ontken. Na 3 jaar het ek gesê : Tot hier toe en nie verder nie. Gelukkig het my klagte by die skool dadelik aandag gekry en is hulle onmiddellik ingeroep en uitgetrap. Die skool het ook gesê dat ek ‘n klag van boeliery teen hulle kan maak en dat hulle dan ‘n tugverhoor sal kry. Indien daar enigiets weer gebeur, sal ek dit beslis doen, asook ‘n klag by die Onderwysdepartement en Polisie lê. Dis tyd dat almal opstaan teen die boelies!!

Jossie ·

Ek is van Potch my kleinseun is van gr 1 geboelie daar is ook niks gedoen daar omtrent nie sy ma het hom geskuif na ander skool waar daar geen geboelie toegelaat word nie ek erken nie my kleinseun nie sy punte op rapport fantasies hy is gelukkig wil net skool toe geen naweke he nie dis wonderlik

Marielise ·

My kinders was in diieselfde skool. Die jongste is vir jare deur n maatjie geboelie wat altyd n groepie gemaak het en dan het hulle kinders geteister. Nie net fiesies nie, maar ook verbaal en sielkundig. En dit het nie net met my kind gebeur nie. Ons het die regte stappe probeer volg, maar niks was gedoen nie. Dit het elke keer doodgeloop by die onderwysers waar ons dit aangemeld het. Ons het uitgevind die boelie was n onderwyseres, in die skool, se kind. Ek neem aan die skool wou nie n ongerieflike situasie met.n kollega hê.nie. My oudste het die boelie aangevat en hom gese as hy weer aan sy boetie vat gaan hy hom kom regsien. N rukkie later is n skrywe uitgestuur dat ouers en ouer kinders wat jonger kinders aanvat, stappe teen hulle sal kry. Basies is ons afgedreig. Maar my kleintjie moes die.boeliery aanhou ondervind. Dit het so erg geraak dat ek my jongste nie.meer skool toe wou gaan nie. Ek het hom instruksie gegee om homself te verdedig deur in te klim met alles wat hy het, vuiste, voete, naels, tande, want ek wou ingeroep word om te hoor wat die skool.doen om die boelie te stop. Omstandighede het ons gelukkig genoop om te trek voordat dit kon gebeur. My jongste is nou in n ander skool, maar volgens my kennis is daar tot vandag nog niks aan daai spesifieke saak gedoen nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.