Boelievideo by skool: ‘Ek het soos ʼn mislukking gevoel’

‘n Skermgreep uit die video.

Die slagoffer van ʼn boelievoorval by Hoërskool Jan Viljoen in Randfontein aan die Wes-Rand het gesê hy het ná die voorval soos ʼn mislukking gevoel.

Die video van die voorval is vroeër vandag wyd op sosiale media versprei. Daarin kan gesien word hoe ʼn gr. 10-leerder die betrokke seun by die skool met die vuis bydam. In die video kan ook gehoor word hoe die gr. 10-leerder, ʼn 16-jarige meisie, herhaaldelik vir die seun vra waarom hy vir haar bang is. “Is jy bang vir my? Hoekom is jy bang vir my?” wil sy by die seun weet wat arms gevou kort-kort na die grond loer.

“Moenie vir my sê jy weet nie. Jy moet mos weet waarom jy bang is,” sê sy dan wanneer die seun haar nie antwoord nie.

Dit is egter wanneer een van die omstanders haar aanmoedig om vir hom te wys waarom hy vir haar bang is, dat sy die seun takel. Die skoolmeisie slaan die seun verskeie kere met die vuis terwyl sy hom beledigende woorde toesnou.

“Ek het soos ʼn mislukking gevoel,” het die 15-jarige seun, wat in pleegsorg by ʼn gesin van Randfontein is, Donderdagmiddag aan Rian van Heerden, aanbieder van The Scenic Drive op Jacaranda FM, gesê.

Die seun het gesê die betrokke meisie het hom voorheen al gedreig en afgeknou. Volgens hom was hy woedend, maar het hy nie terugbaklei nie.

“Dit het my hart laat klop en my bloed laat kook, maar ek het kalm gebly, want ek weet ek sal nie my hande vir ʼn vrou lig nie. Ek het baie respek vir ʼn vrou. Maak nie saak wat sy doen nie, daar is nooit ʼn rede om jou hande vir ʼn vrou te lig nie,” het hy gesê.

Die meisie is intussen geskors.

“Dit wat nou met haar gebeur … ek wil nie eintlik hê dit moet met haar gebeur nie. Ek voel sleg oor wat met haar gebeur,” het hy gesê.

Hy het bygevoeg dat hy nie die meisie se gedrag as boeliery gesien het nie.

Hy het wel gesê die gebeure “smokkel nog so ʼn bietjie” met sy kop, maar dat hy “piekfyn” is.

Volgens hom was die skoolhoof baie ondersteunend en het dié hom gevra om sterk te bly.

Steve Mabona, woordvoerder van die Gautengse departement van onderwys, het vroeër die departement se skok oor die video uitgespreek en gesê dit is jammer dat die voorval boonop in die eksamen plaasgevind het.

“Ons veroordeel enige wangedrag by skole wat tot ernstige optrede teen ’n leerder kan lei,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

69 Kommentare

Siener ·

Dit laat my bloed kook. Daar is duisende mans wat daagliks deur vrouens geslaan en verkleineer word. Narsiste het geen keer aan hulle nie en sal aanhou en aanhou met die geboeliery totdat die man eendag begin opstaan vir homself.

Brandon fan ·

Knap gedaan jong man. Ek is super trots op jou. Sommige groot mense het nie eers die selfbeheer en meegevoel wat jy toon nie. Jy is ‘n seun duisend! Alle voorspoed vorentoe.

Oostenwald ·

Die jong man is enige dag welkom om my skoonseun te word. Ek dink hy het dit goed hanteer en glo my hy gaan nog eendag ‘n gerespekteerde man in die besigheidskringe word.

CJ ·

Met my gebeur toe ek n Jong man was vars uit die weermag. Vir amper 2 jaar aan gegaan. Toe ek die dag dit nie meer kon vat nie en ek klap haar een keer toe is ek in groot moeilikheid. Dit is goed dat die seun nie sy hande gelig het nie.

Yozan ·

Soveel respek vir daai seun. Hy moet egter hulp kry. Hy moet besef daardie tipe gedrag moet aangespreek word en is boelie. Die skorsing van daardie meisie is volgens my onvoldoende. Ek hoop sy word strafregtelik aangekla. Sal graag wil weet of die ander leerders ook geskors is.

My Stem ·

Boeta, jy is n MAN!!! Ek is só trots op jou!!! Wat met haar gebeur het is haar eie skuld en sy verdien dit!! En vir die wat haar aan gehits het! Ek minag julle!! Julle moes ook geskors gewees het!! Mooi loop Boeta, ons het meer manne soos jy nodig!

Spook ·

Online jongman die. Dit is so siener. Ek is self n vrou maar ek sien daaglik sulke vieslike…uhm dat ek eerder se stukkies gemors wat bleddie goeie mans se lewens opneek! Dan het hulle nog so kamtige brekers – loop-stappie aan hulle… Die wat ek ken is ook nie juis vriendeliker met ander vrouens nie. Vreeslike jaloerse stuk mense

Speedguard ·

Stem 100% saam baie vroens doen dit met hulle mans!! het dit self beleef !

Sandy Botha ·

Boeta – jy is alles behalwe ‘n mislukking. Ek vir een is baie trots op jou dat jy jouself so goed kon beheer. Die meisiekind aan die ander kant het ‘n drukkie en BAIE liefde nodig. Iets is groot fout as jy voel jy moet ander afbreek om beter oir jouself te voel.

M ·

Pleegsorg… hy het kla soveel eina ini lewe gehad kla seer… nou sit. Nee wat sy verdien die skorsing, sy moet aangekla word en albei moet berading ontvang

Andre ·

Daai meisiekind kort gebed en niks anders nie , hou op dat satan ons jeug vernietig

Anti-Boelie ·

Miskien moet Maroela media n opname doen oor boelie in skole. Emosionele boelie is tans erg in skole. Van privaat tot staatsskole. Dit wil voorkom of daar slegs opgetree word teen boelies wat fisiese geweld toepas. Wat van die emosionele boelie wat nie aangespreek word nie. Dit is onrusbarend.

Julius ·

Hierdie oom het baie respek vir jou en jou ouers. Jy bewys ons dat jy ‘n ware man is en goed opgevoed is.

Marie ·

Ek stem beslis saam met Julius, ek het baie respek vir hierdie seun asook vir die ouers wat verantwoordelik is vir sy opvoeding. Mag God jou ryklik seën.

Suzette Geringer ·

Verseker het hierdie jong man my respek… ek sou nie so kalm kon bly nie. En wat hulle sê opvoeding en respek word by jou huis geleer – dit is ‘n feit. So welgedaan aan die ouers.

Toy ·

Sies man kry sy nie skaam nie, dit hoort ook nie by n meisie om iemand so met n vuis te slaan of te klap nie. Gedra jou soos n “lady”.

Buffel ·

Die dogtertjie het hulp nodig. Seun het hom mooi beteuel deur haar nie terug te slaan nie maar hemel om op sy hurke te val…… kon hy nie haar arms vasgevat het nie ?

SJ ·

Buffel, dan sou hulle hom van aanranding aangekla het.
Hy is ‘n beter man as ek – welgedaan jong man

Avokado ·

En almal wil my oortuig dat dit net mans is wat geweldadig optree teenoor vrouens…..

Suksesvol deur selfde ·

Sterkte jong man. Ek het deur dieselfde gegaan as skoolseun en als het vir my baie mooi uitgedraai na skool, en ek weet vir jou sal dit ook so wees. Ek dink aan jou.

Thomas ·

Jy is vir seker nie ‘n mislukking nie. Ons land se mans kan by jou leer. Alle voorspoed vir jou op jou pad vorentoe.

@rieks ·

Die seun kort ‘n nobel prys. Hy’t baie goeie maniere, mooi kop gehou en ek haal my hoed vir hom af. Die meisiekind kort hulp, ernstige hulp.

Martin ·

Ek het min of meer dieselfde ervaring op skool gehad oor talle jare. Moet dit nie kop toe vat nie. Jy is binnerkort klaar met skool en kan jouself dan met mense begin omring wat jou waardes en belangstellings deel. Sulke dinge gebeur ook na skool, maar jy het meer beheer, en dan begin mens praat oor aanranding en hof toe gaan. Sien uit na wat voorle vir jouself en onthou dat mense met die attitude van die meisie kom nooit ver nie, tensy hulle verander (en baie van hulle doen).

HPV ·

Die meisie verdien nie ‘n greintjie respek van enige mens, optrede soos daardie is veragtelik om die minste te sê. Die jongman is ‘n voorbeeld vir ander en verdien alle respek wat hom toekom. Ons land kort jou kaliber jongmense! Leef so voort.

Toetsie ·

Sy verdien die skorsing uit en uit, maar MOET BESLIS ook aangekla word vir aanranding!! Ek hoop die pleegouers of Welsyn gryp in!

Janneman ·

As ons in ‘n samelewing wil leef waar mans nie aan vrouens mag slaan nie, dan mag vrouens ook nie daarmee wegkom om aan mans te slaan nie. Respek is ‘n wedersydse ding.

Seeklong ·

God gee die groot gevegte vir die sterk soldate. Seun, jy was getoets en slaag 100%. Baie trots op jou.

Lozanné ·

Mag DIE BESTE geleenthede in elke vorm oor hierdie seun se lewenspad kom & hy vèèl meer bereik & hê as waarvan hy ooit kan droom!

Elizabeth ·

Wat ń pragtige seun !!
Met sý selfbeheersing is hy ń voorbeeld vir baie volwasse mans en hy is ń Graad 9 leerling van 15 jaar. ń Blink toekoms wag op hom. Hy sal respek afdwing as hy op dié pad volhou!!
GELUK!!

Cuda ·

So tyd terug het meisies by my seun se skool gedurig die seuns op die maarmeries geskop met skoolskoene. Daai blou kolle was genoeg bewys dat dit vrek seer moes wees. Die seuns het nie iets terug aan hulle gedoen nie, juis omdat hulle dames is. Hulle was ook in war, hoe om te hanteer soos die outjie. Net soos seuns opgevoed moet word om nie geweld op vroue uit te oefen nie, sny die mes twee kante toe. Well done joung man.

Kanadees ·

Jong man , Ek was self in pleegsorg en tussen familie en goverment skole , jy het baie groot self beheersing en jy gaan dit ver in die lewe maak , byt vas na skool raaks als beter waneer jy die lewe verstaan en antwoorde kry . Ekt vir my n baie beter lewe in Canada kom bou en kyk nie n dag terug nie . Al se ju jy voel nie syt jou geboelie nie , moet nie hard op jouself wees nie , moet dit nie inhou nie , bly wie jy is en maak die beste van jou lewe vir jou nie wat ander mense verwag van jou nie …Leef jou lewe voluit soos jy wil …Vat Vas Boeta en wees sterk , Dit vat n man op n perd nie n skurk op n vark om sterk te wees nie

tanya ·

Vir die (dogter) jy het nou n brand merk op jou wat lank saam jou gaan wees. Aan die (seun en sy ouers) jy is nie n misluking nie . Jy ouers en baie van ons wil net vir jou se you ar the best. Jy is eenige ma se droom seun. Jy het goeie op voeding by jou ouers . gekry. Die seun se ouers baie dankie vir al julle harde werk julle is ouers 1000

James ·

Seun, die hele land is trots op jou en jy gaan waarlike n goeie man wees vir iemand eendag. Jy is die teenoorgestelde van n mislukking. Sterkte!

Niklaas ·

Elke skool het boelies , maar dis vreemd om te sien hoe jongmeisie n skoolseun takel. Sy selfbeheersing (nie terugslaan) getuig van goeie opvoeding en waardes. Hoop haar straf is n voorbeeld vir andere.

Kwaad ·

Ek was baie kwaad oor dit, en wat word van die kinders wat haar aangemoedig het hoop hulle word ook geskors

Alida ·

So n pragtige seun dit vat n man om so optetree. Kan so trots wees op hom die lewe het hom al klaar n hou gegee en nogtans het hy bo dit alles gewys hy is n beter mens.

Jeremia ·

Wens ek het jou selfbeheersing gehad. Dit was verstandig. En indien jy op 15 jaar soveel selfbeheersing het, kan jy weet dis ‘n wenpad vir jou vorentoe.

Marius ·

Ek woon in Australie al vir 17j lank. Ek is ‘n senior onderwyser met verantwoordelikheid en het al baie hierdie gevalle gesien in my skoolloopbaan.
Knap gedaan jong man. Jy is baie beslis nie ‘n mislukking nie en ek wens dat jy hierdie insetsel van my lees. In die Oosterse gevegskodes, is daar baie keer die reel om jouself van gevaar weg te draai en wat se die Bybel vir ons – “wys die ander wang ook”. Jy het die fisiese vermoe om haar doodeenvoudig uit die pad te geklap/gestamp het, maar jy het nie jou hand opgelig teenoor ‘n meisie en in die geval ‘n boelie nie. Boelies het geen voorkeur nie, dit kom in alle rasse, albei geslagte voor. Jy het jouself ingehou en jy het hieruit gestap met jou kop omhoog, nee jy is geen mislukking nie maar ‘n ware kampioen.

Johan ·

Seun, ek was ook so deur n meisie geboelie op skool. Ek is ook n seun wat in pleegsorg groot geword het. In my dae was daar nie video kamaras wat tot my redding gekom het sodat ek bewyse kon gehad het nie. Ek het nes jy vernederd gevoel en skaam om deur n girl pakslae te kry. Ek was gespot en uitgekruit as n sussie. Seun, ek het daar deur gekom. Ek is vandag n suksesvolle sakeman, grlukkig al 17 jaar getroud met drie mooi dogters. Wat van die meisie geword het, ek weet nie. Maar ek het opgestaan, my kop gelig en n besluit geneem dat my lewe nie bepaal sal word deur die jong dame nie. Sterkte vir jou seun, jy sal dit nog vêr bring.

Hein ·

DJ jy het nie ‘n idee waarvan jy praat nie. Jy het nie ‘n idee watse sielkundige uitwerking ‘n boelie op iemand het nie. Jy was seker self ‘n boelie op skool. Maar ek het nuus vir boelies jy kom nerens in die lewe nie as jy grootmens is sit jy either op straat of jy doen ‘n lae inkomste werk. Praat uit ondervinding uit!

Erna van Dyk ·

Dan is dit ongelukkig so – dat die prognose vir boelies ook glad nie goed is nie. Wanneer volwasse, verander hulle net van taktiek, minder opsigtelik en meer subtiel.

CN ·

DJ – ja daar was bloed, miskien moet jy bietjie gaan soek op facebook en self sien! SY verdien baie meer as net geskors word!

Morne ·

Mooi seun jy het my respek gekry deur jou hande nie vir n vrou te lig nie. Vir daai meisie voel ek jammer maar sy sal moet reg maak wat sy gedoen het.

Dana ·

My dogter word ook geboelie op skool. Die ander dogter is slim, stamp altyd aan haar op plekke waar daar nie kameras is nie. Tot so maand gelede waar sy in ‘n klas ingestorm het en my dogter voor die onderwyseres en klasmaats gevloek het. Gelukkig het die skool dadelik opgetree teen die betrokke dogter en is sy gewaarsku dat indien die voorval homself herhaal, sy geskors sal word. Mense al wat ek kan sê is luister na jou kinders en gaan praat dadelik met die skool indien jou kinders kla dat hul afgeknou of geboeilie word.

Equal Rights ·

Geluk seun, of eintlik MAN, want jy was ‘n MAN wat so opgetree het.

Aan die meisie : Vrouens baklei jare vir gelyke regte met mans (betaling, stemreg, ens) maar as dit by geweld kom, moet mans mos ewe skielik nou in ag neem dit is ‘n vrou en hy mag nie terugslaan nie!!!!! Ook maar lekker dubbele standaarde as dit jou pas.

Petro ·

Seun jy is ‘n boerseun duisend. Ek is so bitter jammer dat jy afgeknou word deur iemand wat geen self respek vir haarself het nie wat nog te se vir ander mense. Oupa en Ouma wat jou groot gemaak het, ek haal my hoed af vir julle. Jy is nie ‘n mislukking nie seun, jy is ‘n man van inbors. Staan trots vanoggend. Baie sterkte met die eksamen en onthou jy is kosbaar.

Wilna ·

Vir jou het ek die wereldse respek seuna!! Want na sy jou so geslaan het, verdien sy eintlik ‘n klap of 2. Well done, jy gaan ‘n awesome jong man wees!

Veronica ·

Ek wonder maar net wat se voorbeeld die meisie aan huis kry om sulke gedrag te openbaar? n Skorsing op haar rekord vir ewig. Jou gedrag meisiekind is betreurenswaardig. Jy kort anger management klasse verseker.
Vir die jong tienerseun wil ek net sê…welgedaan jongman dat jy nie terug geslaan nie. Min sou jou voorbeeld volg. Teken van goeie opvoeding. Daar is niks fout daarmee om dinge in jou kop te probeer uitfigure nie, maar weet jy was n voorbeeld vir vele om kalm te gebly onder omstandighede. Jy kan met trots jou kop oplig en die wereld vierkantig in die oë kyk.
En vir die kids wat haar aangehits het…ai ai ai julle is net so skuldig soos sy en behoort gestraf te word….die deler is so goed soos die steler né. Ek is seker mens kan vinnig uitvis wie julle was.

n ·

Ek wil net se baie keer is die kind heel anders tussen maats as by di ehuis so kom ons wees versigtig om ouers te betrek. As jy :in” wil wees doen jy baie keer sulke balglike goed net om die coolste meisie op skool te wees. Ek het dit al baie gesien dat kinders se persoonlikheid heeltemal verander as ouers nie by is nie……sou graag haar ouers se opinie wou hoor en hare….dan gaan jy dadelik weet wat in haar opfoeding plaas vind.

Maria ·

Rian net jammet tannie baie oud vir jou sou jou vir my gevat het . Glo my jy sal baie girls kry. Jou oupa so trots op jou en ek ook jy was n voorbeeld vir ons almal. Mag Here jou toekoms seen jy pragtig mensie

Pam ·

Jy is ‘n man der manne deur nie jou hande te gelig het vir die boelie nie. ‘n mislukking is jy baie beslis nie, jy is ‘n voorbeeld vir ander jong mans en meisies. Dit is net so jammer dat met al die tegnologie tot mense se beskikking sal hulle liewers ‘n video neem, en mense aanhuts in pleks van die boelie reghelp. BRAVO vir jou jongman.

Griet ·

Nee, seun, jy is nie die mislukking nie, SY is!! :☻

Baie trots op jou selfbeheersing, jou ouers verdien ‘n pragtige kind soos jy!!

Anita ·

Waarom word die regte ondersoek nie gedoen nie, ondersoek moet by haar ouers
begin daar is die groot fout en dan moet hulle behandeling ontvang en ook die
meisie…die optrede loop terug na die huis van die kind , begin daar en bid vir die
seun wat hierdie vernedering moes deur staan………….ouers is in al die gevalle die
oorsaak tot geweld van kinders.

Dis Nou ·

Nee seun, ons is baie trots op jou. Jy het inbors en jou ouers het jou ordentlik opgevoed. Voorspoed vir jou

Mark ·

Ek ken ‘n seun wat uit skool geneem is omdanks boelie by skool, die hoof en onderwysers is ingeilig, maar niks het verander nie, dit het erger geword en die sleg van als is die seuntjie se hele gedrags patroon het verander. Hy is nou verwyder uit die skool, maar dis die enigste skool in die dorp. As die voorvalle nie op kamera geneem is nie, dan is dit maar onder ‘n mat gevee. As die skool niks vir die seun doen nie, waar draai jy?

MICHELLE ·

As sy my kind was sal sy vir maande nie op haar gat kan sit nie.

My meisiekind is mooi geleer en laat verstaan as jy wil boelie sal jy die gevolge dra!!

BOELIES is vieslike goed punt.
Seun moenie dat sy jou laat onderkry nie jy is n ver beter person as wat sy ooit sal wees.

Lenie Labuschagne ·

Wat ‘n fantastiese jong man ons is so baie trots op jou. Dit is respek vir ‘n vrou kan haar nie ‘n dame noem deur wat sy gedoen het nie. Dit is onaanvaarbaar daar word elke dag daaroor gepraat en die wat haar aangehits het moes ook geskors gewees het dit was aanhitsing. Die jong man kan op homself trots wees dat hy nie sy hande gelig het nie.

Adrie ·

Jongman, ek is so trots op jou. Ek is so jammer dat dit met jou gebeur het. Ek kom self van Randfontein af en soos ek ons dorp se mense ken, gaan hulle jou omvou met liefde en help met die heelword proses. Jy kan met reg jou kop met trots lig want jy het as oorwinnaar (VICTOR) hier uitgestap en nie as ‘n slagoffer (VICTIM) nie, juis omdat jy geweet het jy nie na haar vlak toe gaan daal en haar ‘n opstopper gee nie. Baie sterkte met die laaste paar dae se eksamens wat voorle. Weet dat hier baie mense is wat agter jou staan en super trots is op jou en jou baie lief het. Ek gee vir jou Josua 1:9 om te onthou: “My (die Here se) opdrag aan jou is dat jy sterk en dapper moet wees. Moenie bang of huiwerig wees nie. Die Here jou God is saam met JOU in alles wat jy doen”

MAMMA van die PLATTELAND ·

Seun, jy IS ‘n HERO – moet NOOIT jou hande vir ‘n vrou lig nie !! Haar oordeel sal kom wanneer ons Skepper so bestem. Ons woon op ‘n plattelandse dorp. My seun (33) se lieflike vroutjie (en ‘n FANTASTIESE skoondogter vir my) is byna 3 jaar gelede oorlede. Ongelukkig het die eensaamheid my seun TE VINNING ‘n die arms van ‘n “TIER-WYFIE” gedryf. Sy mishandel my seun verbaal, emossioneel, fisiek – op elke vlak denkbaar. En raai wat … sy speel die “arme victim”. Sy beswadder my seun die hele dorp vol, vertel die vieslikste leuens. My seun word daagliks VERNIEL. Ek bly op my knieë. Bid ASSEBLIEF saam dat my seun se oë sal oopgaan.

T ·

Die seun hoef GLAD nie soos ‘n mislukking te voel nie hy het nie terug geslaan nie dit is so mooi eienskap van hom, hartseer dat hy in die situasie was, maar dat hy nie haar terug geslaan het en tot haar vlak gedaal het nie is wonderlik. Jy is ‘n goeie man moenie soos ‘n mislukking voel nie.

Kobus ·

Dit is baie erg om geboelie te word op skool. Ek self was baie ernstig geboelie en die dag toe ek die moed opbou om te gaan kla by die skoolhoof, toe word ek deur die skoolhoof en onderwysers ook nog geviktimiseer omdat daar beweer was die kind se pa skenk baie geld vir die skool en ek vertel leuens oor die kind.

Amanda ·

Ek haal my hoed af vir daai seun!! Definitief nie ‘n vroueslaner nie!! Ons het baie sulke manne en seuns nodig in die wereld!!

Tina du Toit ·

Seunskind, glo my, jy is nie `n mislukking nie. Jy is wel onder pleegsorg, maar jy het beter maniere as sy. Ek sal skaam kry as ek sy is. En dit nie altyd die ouers se skuld nie. Jy kan `n kind mooi groot maak tot op `n punt, maar dis sy keuse hoe hy daarmee gaan wegstap. My hart gaan uit na jou, want dis nie nice om voor `n groep verneder te word nie, maar jy het sterk gestaan en ek is trots op jou. Ek hoop die kameraman of wie dit ookal is en die meisie kry hul straf, want hierdie optrede is onaanvaarbaar. Dis deur boelies dat soveel jongmense hul eie lewens neem en dit moet stop. Sterkte vorentoe en hou jou hoog.xxxxx

Sonja-Liezel Theron ·

Ek het hierdie vir my 15jarige dogter gewys en haar eerste reaksie terwyl sy lees dat die seun nie sy hande vir ‘n meisie sal lig nie, maak nie saak wat sy doen nie was:
” Wow What a man!”

Sy het ook daarna gesê sy hoop die meisie word lewenslank uit die skool geskors en dat sy verpligte “anger management” moet bywoon en vir drie maande in ‘n seun se wêreld, klere en skoene in pleegsorg moet loop sodat sy kan leer om ander te respekteer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.