Boendoegeweld ná moord op swanger matrikulant

swanger

Argieffoto

Twee jong mans wat van die ontvoering van en moord op ʼn swanger matrikulant van Mpumalanga verdink is, is Dinsdag deur ʼn groep mense wat die reg in eie hande geneem het, vermoor.

Brig. Selvy Mohlala, provinsiale polisiewoordvoerder, het Woensdag aan Maroela Media gesê die twee mans is in Saselani naby Bosbokrand “gejag” en “vermoor” deur ontstoke inwoners nadat die matrikulant (20), wat sewe maande swanger was, Vrydagaand in haar huis aangeval is terwyl sy en haar 24-jarige suster geslaap het.

Maroela Media het Dinsdagoggend berig vyf mans het omstreeks 23:00 toegang tot die huis bekom en die twee slagoffers met gewere aangehou en op geld aangedring. Hulle het die geld geneem en die 20-jarige vrou teen haar wil daar weggeneem en wreed vermoor. Haar liggaam is die volgende dag omstreeks 08:00 in die omgewing gevind.

“Na dié voorval het die gemeenskap opgeruk en begin soek na die mense wat hulle vermoed het verantwoordelik is vir haar moord,” het Mohlala gesê.

“Hulle het die eerste verdagte, Bongani Mkhabela (24), opgespoor en hom gedwing om uit te wys waar sy vriende is. Hy het toe die skare na sy vermeende medepligtige, Lloyd Moon (21), geneem, waarna Moon met klippe, stokke en ander voorwerpe doodgemaak is.”

Die groep het Mkhabela gedwing om hulle te neem na die plek waar hulle die vrou vermoor het, waar hy ook met voorwerpe aangerand is. Die groep het ’n buiteband aan die brand gesteek en hom verbrand.

Die polisie het daarna twee van die vyf verdagtes opgespoor en in hegtenis geneem op aanklagte van huisroof, ontvoering en moord. Een verdagte is steeds soek.

Niemand is nog in verband met die moord op die twee verdagtes in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

ria ·

Dis goed so as die polisie nie rerig kan intree nie dan doen die inwoners sommer dit namens die polisie trots op julle mense wens almal kan so optree. ??

Aspersie ·

Niemand het meer vertroue in ons onbeholpe lamsakkige toepassing van wet en orde nie. Mooi so!

Jacques ·

Dis al wat werk. Die ander beskuldigdes sal hulself oorgee om dieselfde lot vry te spring

SNEL ·

Die mense is moeg om te sit en kyk wie word volgende vermoor. Hierdie moord van die swanger jong meisie was onnodig en sinneloos. Goed dat van die moordenaars nou nie meer daar is om nog sulke wrede dade te pleeg nie. Hulle moes sommer almal in die hande gekry het.

Theresa ·

Die SAP sal hulle nie kry nie want niemand sal praat nie. Ook goed so – hoop hulle word nooit gevang nie. Hulle het maar net gekry wat hulle verdien. Minder drama, minder papierwerk.

BUSFARK VAN PLETSEN ·

Sjoe nou gaan dit rof oor en weer gemoor ek wonder of ons eersteminister al die dinge weet

Francois van Zyl ·

Dis reg so. Welgedaan….. Ons as burgers is al op die sputs gedryf met geweld, roof & moord. Genoeg is genoeg

Debs ·

As die SAP te sleg en te stadig is…. sal die gemeenskap ingryp en ‘n goeie voorbeeld van hom maak MOOI SO net jammer hulle word weer aangekla :(

scalla ·

Reg word in eie hande geneem omdat die polisie dit nie wil/kan doen nie

Bertus ·

Boendoesgeweld gaan waarskynlik toeneem in SA namate die staat die skurke minder onder beheer kan hou. Die wet maak dit so moeilik en langdraadig om skelms te vervolg dat mense dit self gaan begin doen.

Anti - anargie ·

Die stadige begin om die hele land in ANARGIE te dompel. Dis al wat huidig werk, so treurig. Jammer

langjan ·

neem gereg in eie hande,die polisie kan nie hul werk doen,so kom ons doen dit self.2 voertuie vir 3 dorpe hier by ons.wat de hel moet mens daarmee maak????nee wat. .303 en .45 is al wat gaan werk

Wilna ·

Ek begin al hoe meer n smaak kry vr gemeenskappe wat d kriminele self straf. Lyk meer regverdig.

pop ·

Dis wat moet gebeur. Oerwet!!! n oog vir n oog. Niks se gevonnis en kom uit na paar jaar en herhaal dit maar net weer.

Naampie ·

Elkeen het sy eie opinie wat hom / haar gegun word maar ons kan nogsteeds nie gereg in eie hande neem nie. Ons moet op ons knieë gaan en bid. God is die enigste Regter.

Lisa ·

Die Polisie sou die moord so laat sloer het. Sou die daders genoeg tyd gegun het om weg te kom. Is reg: Oog vir oog!!!

Winston ·

Nou kan die moord dossier afgesluit word. Beskuldigdes oorlede en hulle moord kan as “regstellende aksie” formuleer word en van die rol geskrap word. Kan oor 20 jaar weer op rol geplaas word. Maklik

Dis Ons Skuld ·

Een van my man se werknemers het so rukkie terug vir hom gesê dat dit ons “witmense” se eie skuld is dat ons aangeval word, want ons laat dit toe. Vlgs hom pas hul in alle opsigte boendoegeweld in hulle area toe. As iemand te vinnig ry waar kinders in die straat speel, keer hul die kar voor, ruk die bestuurder uit die kar, ruk hom bietjie rond met ‘n paar klappe, stampe en stote en die saak is uitgesorteer. Om van diefstal en moord nie eens te praat nie. In sy woorde: “vir wie gaan die polisie vat as daar 200 mense is wat almal saam baklei? En as hul een vat, dan gaan haal die res van ons hom by die tronk. Hulle is te bang, hulle staan maar en kyk tot ons klaar is.” Nou ja, uit die perd se bek sou ek sê.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.