Boendoegeweld veroordeel ná drie moorde

Argieffoto (Foto: Tracey Adams/African News Agency/ANA)

Boendoegeweld en wetteloosheid sal nie geduld word nie en die polisie sal geen steen onaangeroer laat om te verseker die oortreders ry aan die pen nie.

Só het lt.genl. Thembi Hadebe, polisiekommissaris in Limpopo, gesê nadat drie mans tydens ʼn voorval van boendoegeweld in die Sekhukhune-distriksmunisipaliteit vermoor is.

Die polisie het ʼn 72-uur-aksieplan in werking gestel om die skuldiges vas te trek. Daar word beweer dat lede van die Ga-Maila a Mapitsana-gemeenskap Maandag in die vroeë oggendure vier mans ontvoer en hulle van veediefstal beskuldig het.

Volgens brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, is drie van die mans met stomp voorwerpe doodgeslaan terwyl die vierde man daarin kon slaag om te ontsnap.

Die oorledenes is geïdentifiseer as Jikisa Phokane (50), Kwena Makwana (70) en Sedibana Makwana (ouderdom onbekend).

“ʼn Span ondersoekers is reeds saamgestel en al die relevante hulpbronne en die naburige polisiestasies in die Sekhukhune-distrik is geaktiveer om te help met die soektog na die skuldiges,” het Hadebe gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Maggies ·

Dit is seker omdat die mense voel dat daar nie reg opgetree word deur die owerhede nie.

Jr ·

Ja dis wet in SA. Mooi Swart Kojak. Geen klip ongeroer vir die kriminele maar ou maat nie vir die tenagekome wetsgehoorsame burgers wat moeg is vir polisie of liewerste kar wagte wat niks kan of wil doen. Power to the people

Vonkprop ·

Ek sien die 72-uur taakspan word baie selektief toegepas.

domheks ·

“72 uur aksie plan”
Wat van ons boere wat vermoor word????

Shakespeare ·

Wat verwag julle as die Polisie te sleg is om hul werk te doen.

Frank ·

Miskien moet Hadebe honself eers vra hoekom word die mense gedwing om so op te tree. En in hierdie afgeleë plekkies is die diens nog swakker.

Eiervrug ·

Wetteloosheid gaan ongelukkig nie wegraak as julle net heeltyd sê dat dit nie geduld sal word nie. Julle moet actually iets daaraan doen… Use it, dont use it….

Douglas ·

Boendoegeweld is onvermydelik met ‘n korrupte ondoeltreffende polisiediens.

Swerwer ·

Die ANC praat van “wetteloosheid”, my weet hul wat dit beteken, Beslis nie want hul het die in ons land geïmplementeer!

Nie Verbaas ·

Boendoegeweld gebeur as gevolg van polisie wat hopeloos is. Halfhartige ondersoek, verlore dokumente, lui, korrupte en onbekwame beamptes en kans is goed dat hulle daarmee sal wegkom. Feite.

Niklaas ·

Niemand kan die Boendoe regters kwalik neem , weens die SAP se swak optredes en reaksie met misdaad aanmeldings nie. Dit was te verwagte eintlik.

Gert ·

Well done 3 krims minder en 1 wat weet wat op hom wag as hy weer die aria betree

Fanie ·

Wel, wat maak jy as SAPS en Dept van Justisie die slagoffers verraai maar die kriminele beskerm. As hulle hulle werk doen en Justisie die kriminele nie konstant borg gee om aan te gaan waarvoor hulle gevang is nie, sal die mense ook nie reg in eie hande neem nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.