Boer 10 keer geskiet, oorleef

(Argieffoto: Lorraine Claasen)

’n Boer van Noordwes word tans in die waakeenheid van ’n hospitaal in Potchefstroom behandel nadat hy Dinsdag vroegaand op sy plaas in die Rysmierbult-omgewing geskiet is.

Kol. Adele Myburgh, woordvoerder van die polisie, het Woensdag aan Maroela Media gesê André Marais (54) is twee keer in die een been en agt keer in die ander been geskiet. Sy hoofslagaar is ook in die proses afgeskiet waarvoor hy Donderdagaand inderhaas geopereer moes word.

Volgens Myburgh was Marais tuis op sy plaas by Muiskraal ten tyde van die aanval.

Drie verdagtes het omstreeks 18:00 eers Marais se tuinwerker (68) by dié se sinkhuis op die plaas sowat 100 m van die plaashuis oorval. Die tuinwerker, wie se identiteit nie in dié stadium bekend is nie, is by sy huis ingeboender en vasgebind.

Hy het om hulp geskree toe hy oorval is en Marais se honde het begin blaf. Marais het die geraas gehoor en met sy vuurwapen en ’n mes uit die plaashuis na buite gegaan om ondersoek in te stel.

Volgens Myburgh het die verdagtes uit die sinkhuis te voorskyn gekom en verskeie skote op Marais afgevuur voordat hulle met sy mes en vuurwapen op die vlug geslaan het.

“Boere in die omgewing het die skote gehoor en hulle na die plaas gehaas en uiteraard die polisie gekontak.”

Marais is per ambulans na die hospitaal gehaas, terwyl boere die omgewing gefynkam het op soek na die verdagtes.

Volgens Myburgh het die boere ’n man langs die pad aangetref en hom ondervra. Dit is toe dat hulle hoor dat dié persoon (34) ook ’n slagoffer van die drie verdagtes was.

“Die man het vroeër die dag geld by ’n winkelsentrum in Carletonville getrek. ’n Vrou het na hom toe gekom en om hulp gevra. Hy het saam met die vrou gestap waarna sy glo haar handsak oopgemaak het en na ’n vuurwapen gewys het. Sy het hom aangesê om saam met haar na haar voertuig te gaan, anders sou sy hom skiet.”

Die man is glo by ’n voertuig ingeboender, waar hy moes platlê en ure lank saam met die verdagtes, wat Marais en die tuinwerker later sou aanval, moes rondry. “Hy is net voor die verdagtes plaas toe is, langs die pad afgelaai.”

Niemand is nog in verband met enigeen van die voorvalle in hegtenis geneem nie.

Volgens Myburgh ondersoek die polisie ’n saak van poging tot moord en roof wat die aanval op Marais betref.

Die polisie ondersoek ook ’n saak van roof wat die voorval in Carletonville betref. ’n Aanklag van ontvoering kan moontlik later bygevoeg word.

Die polisie doen nou ’n beroep op die gemeenskap om enige inligting rakende die voorvalle by sers. Jarus Mantsho van die Klerkskraal-polisiestasie by 018 765 1060/1039 of 060 612 3271 aan te meld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Trotse Boervrou ·

Nie vêr van waar boer Hennie Vrydag geskiet is nie… Kan SA se Staatspresident asb reageer en ‘n mediaverklaring uitreik oor wat hy gaan doen omtrent al die moorde op boere en al die ander mense in ons land. Ek wil weet wat hy gaan doen, nie wat iemand anders gaan doen nie. John Steenhuizen help asb om druk toe te pas vir ‘n antwoord. Ons riviere se water is besig om in bloed te verander. Ons betaal die Regering se salarisse. Jul skuld ons ‘n dringende antwoord. Ons land bloei en jul doen niks daaraan nie. Al erken julle net jul is buite beheer. Sterkte aan hierdie boer ook. Ons is innig dankbaar dat jy ook nog leef.

Trotse Boervrou ·

Ja Werner, ons almal vra dieselfe vraag. Kom met ‘n voorstel asb. Dalk duisende optogte saam met ALMAL wat gatvol is?

Werner ·

Wel ek dink ons kan nou met sekerheid se dat die president nou nie juis n saak met ons en ons aanvalle het nie. So om nou elke keer te vra wat hy gaan doen gaan ons niks in die sak bring nie. Ons kan ook met sekerheid se dat hulle hulle ook nie steur aan ons optogte nie.So my voorstel maak jou omgewing so weerbaar moontlik deur mense selfverdedigings kursusse te laat doen , noodhulp te leer sodat ons na mekaar kan kyk . Dit is al raad vergeet die president hy het ons lankal afgeskryf toe hy gese het ons is nie van sy mense nie.Sorg dat jou komunikasie met jou bure reg is kry tweerigting radios as julle kan . Hoe gouer jy hulp kan ontbied hoe beter is jou kanse

Trotse Boervrou ·

Dankie Werner, goeie voorstelle. Ons het gelukkig reeds by ‘n groep aangesluit, radios reeds gekoop, noodhulp gedoen, ens. Hoop ander mense luister na jou voorstelle. Iewers moet mense begin. Dit is amper reeds te laat.

Hercules ·

ek stem 101% saam, en ook dat solidariteit se ondersoek span begin om indringend ondersoek doen wie agter die terroristiese gepeupel sit!!

Pompies55 ·

Witmense kan nie saamstaan nie!Rykes is nes die people,kyk net na hulself en hul familie!Ons armes gaan almal uitgewis word,hoor my lied,en rykes gaan buiteland toe vlug!Plastiek afrikaners!

Moedeloos ·

Pompies55 wat is jou aanbeveling hoe moet ons saamstaan. Hierdie boer was gewapen maar nogsteeds was dit nie genoeg nie. Nou is hy sy eie wapen kwyt en ander gaan daarmee vermoor word.

Petrus ·

…en so gaan dit dag vir dag, dit help nie eers meer om te vra waar’s die Regering nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.